TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig 
Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
As jy voorheen in diens was en vir meer as 14 dae werkloos is, kan jy werkloosheid versekering van die Werkloosheid Versekeringsfonds eis. As jy nog nooit 'n werk gehad het nie, kan jy nie van die WVF eis nie.
Almal wat meer as 24 uur per maand werk, is veronderstel om by die WVF geregistreer te wees en 'n bydrae van 1% van hulle inkomste (saam met bydraes deur hulle werkgewer) aan die WVF te maak. As jy bygedra het, kan jy voordele eis as jy werkloos raak (as jy ontslaan of uit diens gestel word, maar nie as jy bedank nie). Jy moet jou WVF-voordele binne ses maande vandat jy werkloos geraak het, eis.
Hoeveel jy eis en vir hoe lank jy kan eis hang af van hoe lank jy gewerk het en hoeveel jy verdien het. Jy kan een dag se voordeel vir elke ses dae wat jy gewerk het eis, tot 'n maksimum van 238 dae (wat jy bereik nadat jy vier jaar lank gewerk het). Jy kan nie enige voordeel eis vir enige hoeveelheid tyd wat jy gewerk en terselfdertyd self 'n Maatskaplike Dienste-toelae gekry het nie.
As jy voorheen meer as R8 099 per maand verdien het, sal jy 'n vaste voordeel van R101,18 per dag kry. As jy minder as R8 099 verdien het, sal die bedrag van die voordeel tussen 38% en 60% van wat jy voorheen verdien het, wees. Hoe minder jy vantevore verdien het, hoe hoër sal die persentasie wees. As jy byvoorbeeld voorheen R1 000 per maand verdien het, sal jy R17,34 per dag kry.
Werkloosheidversekering kan ook deur die lewensmaat of afhanklikes van 'n werker wat dood is, geëis word. Jy kan ook 'n WVF-voordeel kry as jy weens swak gesondheid nie kan werk nie (vir tot ses maande, maar neem enige siekverlof in ag). Jy kan kraamvoordele kry wanneer jy 'n baba het, of aanneemvoordele as jy 'n kind jonger as twee aanneem en verlof by die werk moet neem om die kind te versorg. Net een ouer kan kraam- of aanneemvoordele kry. Jy moet minstens agt weke voor die baba se geboorte om kraamvoordele aansoek doen. Jy moet binne ses maande van die aanneembevel vir aanneemvoordele aansoek doen.
Jy kan by enige Arbeidsentrum om WVF-voordele aansoek doen.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Maatskaplike Dienste-toelaes
Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
