TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig 
Maatskaplike Dienste-toelaes
Maatskaplike Dienste-toelaes
Maatskaplike Dienste het drie soorte toelaes vir mense wat kinders versorg:
Kindersorgtoelae
Pleegkindtoelae.
Jy kan 'n kindersorgtoelae vir elke kind onder elf kry, mits jy die kind se primêre versorger is. 'n Primêre versorger kan 'n ouer, 'n grootouer of enigeen wees wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die versorging van die kind. Hulle hoef nie familie van die kind te wees nie.
Jy kan 'n sorgafhanklikheidtoelae kry vir elke kind onder 18 wat weens 'n fisiese of geestelike gestremdheid voltydse sorg nodig het, mits jy die kind se ouer of voog is. Beide die toelaes hang af van hoe behoeftig jy is.
Jy kan 'n pleegsorgtoelae kry as jy wetlik deur 'n hof as 'n pleegouer aangestel is. Of jy die toelae kry sal afhang van hoe behoeftig die kind is, NIE hoe arm jy is nie.
Jy kan nie 'n kindersorgtoelae EN 'n sorgafhanklikheidtoelae kry nie. As jou kind met 'n gestremdheid leef, moet jy vir die sorgafhanklikheidtoelae aansoek doen, omdat dit meer as die kindersorgtoelae werd is. Maar jy KAN 'n pleegsorgtoelae en 'n sorgafhanklikheidtoelae kry as jy vir beide kwalfiseer.
Vir volwassenes het Maatskaplike Dienste die volgende toelaesVir volwassenes het Maatskaplike Dienste die volgende toelaes 
Ouderdomstoelae
Ongeskiktheidtoelae
Oorlogveteranetoelaag.
Die ouderdomstoelae is vir vroue bo 60 en mans bo 65. Die ongeskiktheidtoelae is vir volwassenes bo 18 wat weens hulle ongeskiktheid nie kan werk nie. As jy weens 'n ongeluk by die werk met 'n gestremdheid leef, kan jy moontlik vergoeding van die Arbeidsbeserings Vergoedingsfonds kry . As jy weens 'n motorongeluk gestremd is, kan jy dalk vergoeding van die Padongelukkefondskry.
Die oorlogveteranetoelaag is vir volwassenes bo 60 of enigeen wat weens 'n ongeskikheid nie kan werk nie, en wat in die Eerste of Tweede Wêreldoorlog of die Koraanse Oorlog gedien het. Jy kan nie twee van dié volwasse toelaes kry nie. As jy 'n oorlogveteraan is, moet jy vir die oorlogveteranetoelaag aansoek doen, omdat dit effens meer werd is as die ander twee toelaes, wat dieselfde bedrag is.
Maatskaplike Dienste kan tydelike hulp in krisisomstandighede gee met 'n geldelike toekenning wat "maatskaplike verligting van nood" genoem word. Dit is vir mense wat weens 'n tydelike krisis nie die basiese sorg vir hulle gesinne kan gee nie.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Maatskaplike Dienste-toelaes
Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
