Aansoek om registrasie as privaat verdere onderrig- en opleidingsinstelling
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Alle verskaffers van VOO-programme wat volledige kwalifikasies bied op vlakke 2 tot 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk moet registreer as privaat Verdere Onderrig- en Opleidingsinstellings . Aansoekers moet ook geregistreer wees in terme van die Maatskappyewet, 1973 .
Instellings wat kort kursusse, nie-NKR programme of dele van kwalifikasies aanbied, word nie geraak deur registrasie in terme van die Wet op Verdere Onderwys en Opleiding nie.
Kry meer inligting op die webwerf van die Departement van Onderwys.
Stappe om te volg
Laai die aansoekvorm van die Departement van Onderwys se webwerf af.
Handig die voltooide aansoekvorm by die Nasionale Departement van Onderwys in.
Sluit die nie-terugbetaalbare aansoekfooi van R500 by die aansoek in. Dié bedrag is per bankgewaarborgde tjek of posorder betaalbaar.
Regsraamwerk
Hoofstuk 5 
Diensstandaard
Dit mag tot 11 maande neem om die registrasie te voltooi.
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
