Aansoek om 'n lisensie vir 'n buitelandse visvaartuig
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Buitelandse visvaartuig is 'n vaartuig wat deur 'n nie-Suid-Afrikaanse burger, dit wil sê 'n buitelander, besit word en onder 'n ander vlagstaat as die Republiek van Suid-Afrika geregistreer is. So 'n vaartuig mag slegs onder buitengewone omstandighede deur die houer van 'n Suid-Afrikaanse visvangsreg gehuur of gekontrakteer word om onder die RSA se vlag aan visvangsaktiwiteite binne die eksklusiewe ekonomiese sone of in internasionale water deel te neem.
n Suid-Afrikaanse visvangslisensie sal aan geen buitelandse vaartuig toegestaan word tensy sy visvangs 'n gesamentlike onderneming met die houer van 'n Suid-Afrikaanse visvangsreg verteenwoordig nie. Voor jy by visvangs betrokke raak, moet jy met die Departement van Omgewingsake en Toerisme in verbinding om vas te stel of die huur van 'n buitelandse vaartuig in 'n spesifieke visvangsektor toegelaat sal word en om uit te vind watter dokumente nodig is om goedkeuring vir so 'n aansoek te verkry.
Bo
Stappe om te volg
Sodra daar in beginsel steun vir die gebruik van 'n buitelandse vaartuig verleen is, moet jy 'n aansoekvorm vir 'n lisensie vir 'n buitelandse visvaartuig by jou naaste kantoor van die Departement van Omgewingsake en Toerisme Department of Environmental Affairs and Tourism kry.
Vul die aansoekvorm in en dien dit saam met die ondergenoemde inligting by jou naaste DEA&T-kantoor in:
die visvaartuig se naam die vaartuigeienaar se naam en besonderhede die vaartuig se perdekrag die vaartuig se lengte en kapasiteit die vaartuig se registrasienommer die vlagstaat waaronder die vaartuig tans geregistreer is indien dit gehuur word van, of saam met Suid-Afrikaanse burgers besit word n geldige veiligheidsertifikaat wat deur die vlagstaat uitgereik is.
Alle buitelandse vaartuie moet 'n funksionele INMARSAT C VMS aan boord hê, wat aan Marine- en Kusbestuur verslag doen. Dit moet deur Marine- en Kusbestuur se Afdeling VMS-operasies bevestig word.
Jy moet in jou aansoek aandui in watter visvangsektor en vir hoe lank die vaartuig gebruik gaan word.
Jy moet 'n amptelike brief van die vlagstaat se vissery-owerheid indien, wat verklaar dat:
die vaartuig toegelaat word om in Suid-Afrikaanse water vis te vang die vaartuig nie by enige onwettige, ongereguleerde of onaangemelde visvangsaktiwiteite betrokke was nie die Suid-Afrikaanse vissery-owerheid verantwoordelikheid vir die bestuur van die vaartuig sal aanvaar die Suid-Afrikaanse vissery-owerheid, indien nodig, verantwoordelikheid vir die aanmelding van vangste by streeksvissery-bestuursorganisasies sal aanvaar ingevolge die RFMO's, alle statistiek oor vis wat gevang is, hetsy binne Suid-Afrika se EES of in die diepsee, aan Suid-Afrika toegereken sal word vir die duur van die huurooreenkoms die buitelandse vaartuig onder Suid-Afrikaanse regulasies en permitvoorwaardes sal visvang.
Indien die vaartuig nie die genomineerde vaartuig ingevolge die proses van die toekenning van regte is nie, moet die aansoeker 'n vaartuigoordrag-aansoekvorm invul. Om magtiging te verkry dat die vaartuig aan visvangs mag deelneem, moet die aansoeker 'n aansoekvorm vir 'n visvangspermit invul ooreenkomstig die sektor waarin die vaartuig vir visvangs gebruik gaan word.
Indien die aansoeker voorsien dat die vaartuig tydens die huurtermyn dalk ook in die diepsee sal visvang, moet 'n hy ook 'n aansoekvorm vir 'n diepsee-lisensie invul.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Indien korrek ingedien, kan dit 14 werksdae duur om die aansoek om 'n vaartuig wat in buitelandse besit is te verwerk.
Bo
Koste
R21 200 vir die lisensie vir 'n buitelandse vaartuig
R1 695 vir die diepsee-lisensie
R790 vir 'n visvangspermit
Aansoeke om die oordrag van 'n vaartuig is tans gratis
Bo
Vorms om in te vul
The foreign vessel licence Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
