Registrasie van Brandbeveiligingsverenigings
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Alle brandbeveiligingsverenigings moet by die Departement van Waterwese en Bosbou registreer.
Aansoekers wat wil registreer, sal dalk sekere voorwaardes voor of na registrasie moet nakom. Dit sluit bepaalde voorwaardes ten opsigte van wysigings aan die grondwet van die vereniging in.
Slegs een brandbeveiligingsvereniging mag in 'n spesifieke gebied registreer.
Bo
Stappe om te volg
Kry vorm 1: Aansoek om registrasie van 'n brandbeveiligingsvereniging by die Departement van Waterwese en Bosbou .
Vul die vorm in en dien dit by jou naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou in.
Jou aansoek sal oorweeg word. As dit goedgekeur word, sal die Departement jou laat weet dat jy vorm 2: Aansoek om registrasie van 'n brandbeveiligingsvereniging moet invul.
Vul vorm 2 in en dien dit by jou naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou in.
Jou aansoek sal opnuut oorweeg word. Indien dit goedgekeur word, sal die Departement 'n registrasiesertifikaat uitreik.
Jou registrasieaansoek moet die volgende inligting bevat:
besonderhede van die kandidaat-brandbeveiligingsvereniging besonderhede van die persoon wat die brandbeveiligingsvereniging se registrasie behartig n Verklaring dat geen eienaar doelbewus van vergaderings en besprekings oor die totstandkoming van die brandbeveiligingsvereniging uitgesluit is nie besonderhede van die jurisdiksiegebied van die kandidaat- brandbeveiligingsvereniging n Verklaring dat geen ander brandbeveiligingsvereniging reeds in die kandidaat-brandbeveiligingsvereniging se gebied bestaan of beoog word nie verklaring deur die persoon wat die kandidaat-brandbeveiligingsvereniging se aansoek behartig aanbeveling deur 'n verteenwoordiger van plaaslike regering / Aansoek deur die plaaslike regeringsverteenwoordiger aanbeveling deur die Departement van Waterwese en Bosbou se streeksverteenwoordiger verklaring deur die Streeks- Hoofdirekteur van die Departement van Waterwese en Bosbou.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As jy alle tersaaklike inligting by jou aansoek ingesluit het, behoort dit nie langer as 30 werksdae te neem om jou aansoek te oorweeg en die vereniging te registreer nie.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
