Aansoek om 'n nuwe vuurwapenlisensie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Voordat jy 'n vuurwapen mag besit, moet jy 'n vuurwapenlisensie by die Suid-Afrikaanse Polisiediens kry. Jy moet 'n lisensie hê vir elke vuurwapen wat jy besit.
Voornemende vuurwapeneienaars moet eers die voorgeskrewe opleidingstoets by 'n geakkrediteerde opleidingsentrum slaag en 'n opleidingsbevoegdheidsertifikaat bekom. 'n Lys van geakkrediteerde opleidinginstansies word op die SAPD se webwerf bygehou. Jy kan ook inligting verkry deur die SAPD se Nasionale Inbelsentrum vir Vuurwapens by tel.012 353 6111 of faks: 012 353 6036 te kontak.
Bo
Stappe om te volg
Jy moet die voorgeskrewe toets suksesvol by 'n geakkrediteerde opleidingsentrum aflê om jou kennis van die Wet op Beheer van Vuurwapens, 2000 te bewys.
Sodra jy jou opleidingsertifikaat van 'n geakkrediteerde opleidingsinstansie of van SASSETA ontvang het, moet jy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens om 'n bevoegdheidsertifikaat aansoek doen. Vul vorm SAPS 517 in.
Sodra jy die bevoegdheidsertifikaat ontvang het, moet jy die toepaslike gedeeltes op die SAPS 271-vorm invul. Gee die vorm by jou naaste polisiestasie se Aangewese Vuurwapenbeampte in.
Neem die volgende dokumente vir die DFO saam:
jou oorspronklike, amptelike identiteitsdokument die oorspronklike opleidingsertifikaat wat SASSETA aan jou uitgereik het die oorspronklike geskiktheidsertifikaat die brief van aanstelling as eksekuteur indien die vuurwapen 'n erflating is twee duidelike paspoortgrootte kleurfoto's wat nie ouer as drie maande is nie.
Motiveer jou aansoek volledig en handig dokumente ter stawing van jou aansoek in.
Die DFO sal jou volledige stel vingerafdrukke op vorm SAPS 91 neem.
Die DFO sal 'n betalingsadvies aan jou uitreik en jou na die polisiestasie se finansiële afdeling stuur om die voorgeskrewe fooi te betaal. Jy moet in kontant of met 'n bankgewaarborgde tjek betaal. Jy sal 'n kwitansie as bewys van betaling ontvang. Jy moet hierdie kwitansie aan die DFO voorlê sodat hy of sy jou aansoek verder kan verwerk.
Jy sal 'n getekende ontvangsbewys kry as bewys dat jy 'n aansoek ingedien het vir 'n lisensie om 'n vuurwapen te mag besit.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die DFO sal jou aansoekvorm en die aanvullende dokumente na die Sentrale Vuurwapenregister stuur vir oorweging. As jou aansoek gunstig oorweeg is, sal die DFO jou vra om binne 14 dae 'n vuurwapenkluis, wat aan die standaarde van die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde voldoen, aan te skaf en te installeer. Die DFO sal 'n fisiese inspeksie van jou perseel kom doen om seker te maak dat jy aan die vereistes vir die kluis voldoen het. By ontvangs van die positiewe kluisinspeksieverslag sal jou lisensie aan jou gestuur word.
Bo
Koste
Bevoegdheidsertifikaat: R70
Vuurwapenlisensie: R140
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
