Aansoek om 'n polisie-vingerafdrukklaringsbewys
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Hierdie diens is beskikbaar aan persone wat bevestiging van hulle misdaadstatus moet verskaf vir emigrasiedoeleindes of om vir lang tydperke in die buiteland te mag werk.
n Sertifikaat sal uitgereik word wat verklaar of daar enige misdaadoortredings teen die applikant aangeteken is.
Alhoewel vingerafdrukke by enige plaaslike polisiestasies geneem word, word die ontleding daarvan en die uitreiking van die sertifikaat slegs deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadrekordsentrum in Pretoria behartig.
Bo
Stappe om te volg
Verskaf 'n volledige stel van jou vingerafdrukke, wat by jou naaste polisiestasie geneem is, aan die SAPD-misdaadrekordsentrum. Sorg dat jou volle naam, van, geboortedatum, plek van geboorte en identiteitsnommer op die vingerafdrukvorm verskyn.
Neem jou identiteitsdokument na die polisiestasie toe saam sodat jy bewys van jou identiteit kan lewer.
Let daarop dat sommige polisiestasies hierdie aansoeke slegs tydens kantoorure sal aanvaar.
Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland woon, kan by enige polisiestasie in daardie land, of by die Suid-Afrikaanse ambassade, aansoek doen. Vingerafdrukke mag op daardie spesifieke land se amptelike vingerafdrukvorms geneem word. Die persoon wat die vingerafdrukke geneem het, moet die vingerafdrukvorm onderteken. 'n Volledige stel vingerafdrukke en 'n kopie van die aansoeker se identiteitsdokument of paspoort moet by die aansoek aangeheg word.
Die polisiestasie sal die aansoek na die Misdaadrekordsentrum aanstuur. In dringende gevalle kan die aansoeker die aansoek pos aan:
Die Hoof: Suid-Afrikaanse Misdaadrekordsentrum
Privaatsak X308
Pretoria 0001
Die aansoek kan ook afgelewer word by:
Die Hoof van die Suid-Afrikaanse Misdaadrekordsentrum
PRETORIA
Jy kan met 'n bankgewaarborgde tjek of poswissel wat aan die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgemaak is vir dié diens betaal.
n Polisieklaringsbewys sal gratis heruitgereik word indien dit binne ses maande na die oorspronklike aansoek aangevra word. Aangesien die sertifikate net nege maande lank op rekord gehou word, moet 'n nuwe aansoek na nege maande ingedien word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard n Sertifikaat kan binne 28 werksdae uitgereik word. Die nodige sertifikate sal per gewone landpos aan die aansoeker gestuur word tensy jy gereël het om die dokumente persoonlik by die Misdaadrekordsentrum te gaan haal of dit deur 'n koerierdiens te laat haal en aflewer .
Bo
Koste
Heruitreiking binne ses maande is gratis.
Bo
Vorms om in te vul n Polisiebeampte sal die nodige vingerafdrukvorms invul.
Bo
Kontakbesonderhede
