Doelwitverklaring
Dienste
Bykomende Geriewe
Uitvloeisels
Die Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum is toegewy aan die doelgerigte en doeltreffende rehabilitasie van mense met fisiese gestremdhede deur:
Die verskaffing van vernuwende, hoë-intensiteit, uitkoms-gerigte rehabilitasieprogramme in 'n veilige en ondersteunende omgewing
Die volg van 'n interdissiplinêre spanbenadering
Vaardige en toegewyde personeel
Die bemagtiging en opbou van vennootskappe met die breër gemeenskap
Die bevordering van navorsings- en opleidingsinisiatiewe.
Die WKRS verskaf gespesialiseerde, hoë-intensiteit rehabilitasie- en gemeenskap-herintegrasieprogramme aan mense wat permanente, stremmende nagevolge van beserings of siektes het. Dit het 'n maksimum kapasiteit van 240 beddens, en 'n daaglikse buitepasiënte-kliniek. Sleutel-rehabilitasieprogramme sluit in:
Beroerte
Beserings van die Rugmurg
Amputasies (na-amputasie rehabilitasie)
Tuiste of werkplek-beoordelings
Gespesialiseerde rolstoel-sitplek klinieke
Skouer-, hand- en urologie-klinieke.
Wat bevolkingsbehoeftes betref, sal die WKRS voorsiening maak vir 'n totale gebruikersbevolking van 485 950. Dit werk uit op een bed per 3 115 van die gebruikersbevolking in die Wes-Kaap.
Die WKRS bied unieke navorsings- en opleidingsgeleenthede vir 'n verskeidenheid gesondheidsorgwerkers, wat dokters, verpleërs, fisioterapeute, arbeidsterapeute, spraakterapeute, ensovoorts, sowel as nie-professionele gesondheidsorgwerkers soos tuisversorgers insluit.
BYKOMENDE GERIEWE BY DIE NUWE WKRS
Die Herberg: Vir huurders of versorgers wat opleiding, steun en berading ondergaan; en vir plattelandse binne-pasiënte na die voltooiing van hulle rehabilitasieprogram
Drie groot terapie-gebiede, elk met gimnasiums, beradingskamers en leefgebiede wat uit 'n kombuis, badkamer, eetkamer en slaapkamer bestaan
Daaglikse Buitepasiënte-departement (DBD) vir gestremdheidbeoordeling, keuring, apteek- en radiologiedienste
Spesialis DBD-klinieke, byvoorbeeld skoliose; hand en skouer; plastiese snykunde; amputasie; gespesialiseerde rolstoel/karretjie-sitplek
Gestremde mense is aangestel op die Ingenieurs-konsultantspan om seker te maak dat voldoen word aan die spesiale behoeftes van gestremde kliënte
Die ontwerp van die opgradering van Mandalay- en Lentegeur-stasies is toegeken aan 'n argiteksfirma wat deur 'n gestremde persoon bestuur word om seker te maak dat voldoen is aan wêreldwye toeganklikheidstandaarde
Die infrastruktuur van die omliggende stadsgebied is aangepas by die behoeftes van gestremdes (sypaadjies, paadjies in parke, toegang tot winkelsentrums), en maatreëls is ingestel om die verkeer te reguleer om seker te maak dat gestremde kliënte maklik en veilig kan rondbeweeg
Professionele mense in die staatsdiens het 'n aansienlike toename getoon in bewustheid van die spesiale behoeftes van gestremde mense.
Rolstoel-basketbal
