






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Public Information > F > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?

Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?



Vraag: Wat is teen-retrovirale terapie? Hoe werk dit?

Antwoord: Vigs kan op die oomblik nie genees word nie. Daar is egter middels wat die vordering van MIV kan vertraag en dus die skade aan jou immuunstelsel stadiger kan laat plaasvind. Dit word teen-retovirale middels genoem (TRM's). TRM's vertraag die reproduktiewe koers van MIV. As die virus eers teen 'n stadiger pas vermeerder, is dit minder in staat om jou immuunstelsel te beskadig. As jou immuunstelsel behoorlik werk, is dit minder waarskynlik dat jou liggaam siek sal word. Jou immuunstelsel is jou liggaam se verdedigingsmeganisme teen infeksies. Omdat TRM's die skade aan jou immuunstelsel vertraag, as hulle behoorlik gebruik word, laat hulle jou toe om 'n langer, gesonder lewe te lei.

Die doelwitte van TRM-behandeling is:
1. om die maksimum en blywende beheer van die hoeveelheid MIV in jou liggaam te bewerkstellig;
2. om die immuunfunksie van die liggaam te herstel en te beskerm deur die CD4-selle toe te laat om te vermeerder;
3. om MIV-verwante siektes en sterftes te verminder en
4. uiteindelik die lewensgehalte te verbeter van mense wat met vigs leef.

Om te verstaan hoe TRM's werk moet ons weet wat die lewensiklus van die MI-virus is. MIV besmet selle van die immuunstelsel en verander die selle in virusfabrieke: een virus kan nog miljoene van homself skep, en gebruik ons eie selle vir di doel. Die selle wat MIV teiken word CD4-selle genoem, wat 'n belangrike deel van die immuunstelsel vorm. As MIV eers die selle binnedring, gaan dit deur verskeie stappe voordat nuwe MI-virusse geproduseer word. Elke tipe TRM werk op 'n verskillende stap van die MIV-lewensiklus. Jou mediese dokter of gesondheidsorgwerker kan vir jou in meer besonderhede verduidelik hoe dit werk.

Om TRM-behandeling lank doeltreffend te maak, is dit nodig om meer as een TRM op 'n slag te neem. Dit staan as kombinasie-terapie bekend en verwys na die gebruik van 'n kombinasie van TRM's in die behandeling van MIV-besmetting. Vir TRM's om doeltreffend te wees, moet hulle streng volgens jou mediese dokter se voorskrifte geneem word.

TRM's kan newe-effekte veroorsaak soos diarree, moegheid en hoofpyne, selfs as hulle reg geneem word. Dit beteken nie dat die middels nie werk nie. As jy van die newe-effekte ondervind, sal jy dit met jou dokter moet bespreek wat sal help om die uitwerking te hanteer. Raadpleeg altyd jou dokter voordat jy jou behandeling enigsins verander.

Jy sal nie dadelik nadat jy as MIV-positief gediagnoseer is, met TRM-behandeling begin nie. TRM-behandeling sal begin wanneer jou CD4-telling onder 200 is en/of wanneer jy 'n vigs-definirende siekte het. Daarby sal jy spesiale berading nodig h om jou voor te berei op die TRM-behandeling voordat jy die medisyne begin neem.

TRM's sal nie die MI-virus uit jou liggaam kry nie. Die voordele van die neem van TRM's sluit egter die feit in dat die werking van jou immuunstelsel herstel en beskerm word, die produksie van die virus beheer kan word, jou gesondheid sal verbeter en jou lewe uiteindelik verleng sal word. TRM-behandeling is 'n ingewikkelde proses en daar word aanbeveel dat jy al jou keuses met jou dokter en berader bespreek wat jou tydens die behandeling sal kan help en steun. Anders as met die meeste medisyne moet TRM's streng soos dit voorgeskryf is geneem word, onder mediese toesig en vir die res van jou lewe.


CONTENTS | < Previous Section | Next Section >


CONTENTS: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



The content on this page was last updated on 10 January 2006



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





