






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Public Information > F > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?

Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?



Vraag: Is dit moontlik om deur Orale Seks met MIV besmet te word?

Antwoord: Ja, dit is moontlik om met MIV besmet te word deur Orale Seks. Wat die risiko betref, is daar sover bekend nog geen navorsing gedoen om vas te stel presies wat die koers van besmetting deur orale seks is nie. Sommige meen dat orale seks Lae tot Medium Risiko is, terwyl ander van mening is dat dit Medium tot Ho Risiko is.

Daar moet onthou word dat dit blootstelling aan die ho risiko liggaamsvloeistowwe van iemand wat met MIV besmet is, en deur die liggaamsvloeistowwe in jou eie bloedstroom te kry, dat mens ook met MIV besmet kan word.

Die slymvlies begin in die mond en voer al die interne organe uit. Besmetting kan gebeur as daar 'n besering aan die slymvlies is. As die slymvlies nie beskadig is nie, met ander woorde as dit heel is, kan MIV nie oorgedra word nie. Die voering is baie delikaat en kan maklik beskadig word. 'n Praktiese voorbeeld van hoe kwesbaar die slymvlies is: As mens 'n mondvol baie warm koffie neem, sal die slymvlies in die mond verbrand wees en teer en ontsteek word. Di besering kan 'n plek wees waar MIV die bloedstroom binnekom, as die persoon onbeskermde orale seks met 'n MIV-besmette maat sou h.

Dit is 'n bekende feit dat minstens 68% van die mense in enige gegewe bevolking mondsiektes van een of ander aard het. Mondsiektes, soos slegte tande, mondsere, tandvleisontsteking, ensovoorts, veroorsaak beserings aan die slymvlies in die mond. Daarom kan enigeen wat beskadiging van die voering in hulle monde het, MIV-besmetting opdoen as hulle tydens orale seks blootgestel sou word aan ho risiko liggaamsvloeistowwe van 'n besmette persoon.

Vir die doelwit van orale seks, is die ho risiko vloeistowwe: Bloed, Semen en Vaginale Vloeistowwe.

BLOED: Weens die feit dat sommige van die beserings aan mens se geslagsorgane dikwels nie met die blote oog gesien kan word nie (klein snytjies of versteekte seertjies), kan mens nie altyd s of die geslagsorgane van jou seksmaat gesond is nie. Mens kan dus klein hoeveelhede bloed in jou mond kry sonder dat jy dit besef.

As jou maat 'n seksueel-oordraagbare infeksie van die geslagsorgane het waar daar f 'n afskeiding, f 'n seerplek is, sal mens blootgestel wees aan bloed, etter, ensovoorts, wat MIV kan bevat. Ander Seksueel Oordraagbare Infeksies kan ook op di manier deur die mond oorgedra word, byvoorbeeld Koorsblare (Herpes) of Sifillis of Vratte. Koorsblare aan die mond kan ook tydens onbeskermde orale seks op die maat se geslagsdele oorgedra word.

SEMEN: Omdat MIV aangetref word in die semen van 'n MIV-besmette man, kan die MIV wat in die uitstortingsemen bevat is, die maat besmet as hy in die maat se mond sou ejakuleer.

VAGINALE VLOEISTOF: Dit is bekend dat MIV in vaginale vloeistof voorkom. As 'n persoon dus orale seks sou beoefen en daar 'n besering aan die tong of mond is (byvoorbeeld gebarste lippe), kan die MIV in die vaginale vloeistof deur die seerplek aan die lippe of tong oorgedra word aan die maat wat die orale seks op die MIV-positiewe vrou toepas.

Uit ons berading het ons afgelei dat die aantal mense wat orale seks het, toeneem.


CONTENTS | < Previous Section | Next Section >


CONTENTS: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



The content on this page was last updated on 10 January 2006



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





