






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > F > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?

Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?



Vraag: Ek is swanger en MIV-positief. Kan ek my baba borsvoed? Dit is my tweede baba en ek het my eerste een geborsvoed. Nou is ek verward omdat ek niemand van my MIV-status vertel het nie en mense hoor s het dat babas besmet kan word deur borsvoeding as hulle ma's MIV-positief is. Ek het berading gekry en van die MNKO-program gehoor, maar ek is nog deurmekaar.

Antwoord: Dis te verstane dat jy bekommerd is oor die borsvoeding van jou baba as jy MIV-positief is. Dit is belangrik dat jy jou moet toespits op wat die beste is vir jou baba en om te verseker dat die kanse dat jou baba besmet word, beperk word. Om inligting oor jou MIV-status met ander mense te deel is heeltemal jou eie keuse.

As jy deur die Berader oor die Ma-na-Kind-Oordragprogram ingelig is, is dit belangrik dat jy al die voedingskeuses oorweeg en die een kies wat jou baba die beste pas, volgens jou omstandighede. Ek weet nie hoeveel jy van jou eerste beradingsessie onthou nie, maar jy moet kies om f uitsluitlik te borsvoed f jou baba formulevoeding te gee. Uitsluitlike borsvoeding beteken dat net borsmelk en niks anders as borsmelk gegee moet word nie (behalwe miskien voorgeskrewe medisyne van die kliniek). Geen water, formule, sappe, krampwater of selfs 'n fopspeen nie. Al di goed saam met borsmelk maak GEMENGDE VOEDING uit en dit kan die baba skaad.

As jy besluit om eksklusief te borsvoed, moet dit nie vir langer as vier maande gedoen word nie en aan die einde van die vier maande moet jy dadelik ophou borsvoed en die baba na formule oorskakel. Formulevoeding kan jy vir die volgende twee maande by jou plaaslike babakliniek kry totdat die baba ses maande oud is. As jy eers van borsvoeding na formulevoeding oorgeskakel het, moet jy NOOIT weer die baba op die bors terugsit nie. Dit sal gemengde voeding wees en kan veroorsaak dat die baba MIV-positief raak.

Die belangrike ding van borsmelk is die eerste melk wat die ma produseer, wat Colostrum genoem word. Dit voer die baba se maag en ingewande uit en beskerm die baba teen infeksies. Borsmelk bevat ook al die voedingstowwe wat die baba nodig het. Dit is altyd teen die regte temperatuur, is maklik beskikbaar (hoe meer jy borsvoed, hoe meer melk produseer jy), en dit spaar ook tyd. Jy moet die basiese higinebeginsels van die skoonmaak van jou tepels voordat jy borsvoed onthou. Jy moet seker maak dat die baba die tepel reg vat sodat jy gebarste tepels kan vermy, wat afgesien daarvan dat dit seer is, die baba aan MIV kan blootstel. As jy 'n gebarste tepel ontwikkel moet jy ophou om van daardie bors af te voed. Gebruik eerder die ander bors en kry dadelik mediese hulp. Kontak asseblief jou babakliniek of vroedvrou dadelik.

Wat die baba betref, as die baba 'n infeksie het (mondsproei, 'n maagaandoening, ensovoorts), moet jy die baba dadelik na die kliniek neem omdat die baba die gevaar loop om met MIV besmet te raak. Van die ouderdom van ses maande af kan die baba vaste kos begin kry soos deur die kliniek aanbeveel word.

Dit bring my by die tweede voedingskeuse, Formulevoeding. As jy jou baba formulevoeding gee, moet hy of sy ses maande lank net formulevoeding kry. Jy moet seker maak dat jy nadat jy gekraam het genoeg formule het tot jou eerste besoek aan die babakliniek. By die babakliniek sal jy gereeld ses maand lank formulevoeding kry.

Die belangrikste ding wat jy oor formule moet onthou is om dit presies soos aangedui volgens die gewig en ouderdom van jou baba aan te maak. Enige afwyking kan veroorsaak dat jou baba siek word. As jy jou baba formulevoeding gee, is die aanbevole manier om dit te doen met 'n voedingskoppie. Jy sal by die kliniek gewys word hoe om dit te doen. Dit is absoluut noodsaaklik dat jy die koppie en lepel wat jy gebruik deeglik moet skoonmaak om te keer dat die baba infeksies opdoen. Die formule van keuse is 'n melkvrye produk wat sal help om jou baba te beskerm teen allergi soos di wat kan uitloop op toestande soos asma, hooikoors, ensovoorts. As jy nie die aanwysings op die blik volg nie, kan jy die baba ondervoed of oorvoed, wat komplikasies kan veroorsaak soos wanvoeding, ontwatering, hardlywiheid, ensovoorts. Die baba behoort na ses maande vaste kos te begin eet, of jy nou borsvoeding of formulevoeding gebruik.

Jy sal moet besluit watter opsie die beste vir jou is. Die gevaar van MIV-oordrag sal verminder word as jy jou baba vir niks langer as vier maande nie borsvoed. Formulevoeding beteken dat die baba nie die gevaar sal loop om met MIV besmet te word nie, maar daar is die gevaar van ander infeksies soos gastro-enteritis, griep, ensovoorts.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





