






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Public Information > F > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?

Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?



Vraag: My man se MIV-toets was onlangs positief. Ons sien 'n berader maar ek is nog senuagtig oor van die dinge wat ek gehoor het. Ons het gehoor dat jy nie MIV kan kry deur koppies, lepels en handdoeke te deel nie, maar ek het drie kinders van 12, 10 en 7 en ek is bekommerd dat hulle dit dalk in elk geval toevallig kan opdoen.

Antwoord: Om in staat te wees om MIV-infeksie te voorkom is dit belangrik dat mens die maniere van oordrag van die virus moet verstaan om oordrag te kan vermy.

Jou berader was heeltemal reg dat mens nie MIV kan kry van kontak soos drukkies, die deel van kos, eetgerei, hande skud, die gebruik van dieselfde toilet as iemand wat MIV het, of deur enige ander kontak waar bloed nie oorgedra word van die oop wond van 'n besmette persoon na die oop wond van 'n ander persoon nie. Insekte soos muskiete versprei ook nie MIV van persoon tot persoon nie.

Daar is vier maniere waarop mens met MIV besmet kan word.

1. Onbeskermde Seksuele Omgang.

Die meeste mense word besmet deur onbeskermde seks te h (nie 'n kondoom te gebruik nie).

2. Ma-na-Kind Oordrag

Vroue wat MIV onder lede het kan die virus oordra aan hulle babas tydens swangerskap, tydens kraam en geboorte, of deur borsvoeding.

3. Deur Besmette Bloed in Jou Bloedstroom te Kry.

Mens kan besmet word as MIV-besmette bloed in direkte kontak kom met daardie persoon se bloed. Dit kan gebeur deur 'n oop seer, die deel van skeermeslemmetjies of naalde wat gebruik is deur iemand wat reeds MIV onder lede het, of deur besmette bloed tydens 'n boedoortapping te kry.

Maar in Suid-Afrika word alle geskenkte bloed getoets vir MIV voordat dit gebruik word in bloedoortappings om seker te maak dat die bloedvoorraad so veilig as moontlik is.

Hoe kan MIV voorkom word?

Ouers behoort van vroegs af seksualiteit met hulle kinders te bespreek. Mense, veral jongmense, moet aangemoedig word om nie seks te h voordat hulle nie gereed is daar voor nie en dan moet hulle met hulle maats ooreenkom om getrou te wees aan mekaar in 'n bestendige verhouding.

Kondome moet altyd gebruik word in seksuele kontak buite 'n bestendige, monogame verhouding.

Wanneer instrumente gebruik word wat die vel sny soos skeermeslemmetjies, naalde of spuitnaalde, moet dit nuut wees of anders behoorlik gesteriliseer word. Di instumente behoort nie goedsmoeds met ander mense gedeel te word nie.

Die gebruik van ontspanningsdwelms verlaag die immuunstelsel en maak die liggaam meer vatbaar vir infeksies.

Alle vroue moet inligting kry oor swangerskap voordat hulle swanger raak. As hulle MIV-positief is, moet hulle die swangerskap aanmeld by hulle naaste Voorgeboortekliniek sodat hulle in die stelsel ingesluit kan word om seker te maak dat hulle alles in hulle vermo doen om te keer dat hulle baba die MIV-infeksie opdoen.


CONTENTS | < Previous Section | Next Section >


CONTENTS: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



The content on this page was last updated on 10 January 2006



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





