






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Public Information > F > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?

Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?



Vraag: Ek hoor dat die regering teen-retrovirale middels (TRV's) aan MIV-positiewe mense verskaf. Ek wil graag weet hoe die TRV-program werk sodat ek ook die medisyne in die hande kan kry.

Antwoord: Jy is reg as jy s dat TRV's vir die publiek beskikbaar sal wees, maar nie alle MIV-positiewe mense hoef op TRV-behandeling te wees nie. TRV-terapie help mense wat met MIV leef om 'n langer en gesonder lewe te ly deur die hoeveelheid van die virus in die bloed te verlaag (virale lading) en daardeur die immuunstelsel toe te laat om weer sterk te word. In Suid-Afrika het omtrent 5-miljoen mense reeds die MI-virus onder lede (1 uit elke 9 mense) maar net omtrent 500 000 mense het TRV's nodig omdat hulle nog gesond is. Die enigste tyd wanneer dit vir MIV-positiewe mense nodig is om TRV's te begin neem is wanneer hulle 'n CD4-telling van minder as 200 het (CD4-telling is die toets wat wys hoe sterk die immuunstelsel is) of 'n vigs-bepalende siekte het (bv. uiterste gewigsverlies, meningitis, longontsteking, swaksinnigheid, buite-long TB, kankers, swam- of parasitiese infeksies). Daarom moet jy aan een van di twee kriteria voldoen voordat jy in aanmerking kom vir TRV-terapie.

Die Wes-Kaap het beplan om teen April 2004 19 persele vir die verspreiding van TRV's te h en nog 14 persele wat later daardie jaar sou begin, wat 'n totaal van 33 plekke gee waar jy deel kan word van die TRV-program.

Die TRV-program werk soos volg:
Klinte sal na die program verwys word wanneer hulle CD4-tellings onder 200 is of wanneer hulle gediagnoseer word met 'n vigs-bepalende siekte. Nog kriteria waaraan voldoen moet word is onder meer:

Die klint moet onderneem om die TRV-trippel-terapie (kombinasie van 3 middels) lewenslank te neem.

Onthulling aan iemand wat die behandelingsmaat of -assistent sal wees om seker te maak dat by die program gehou word. Dit is belangrik omdat dit nie maklik is om sonder hulp dieselfde middels op dieselfde tyd van die dag, elke dag vir die res van jou lewe te neem nie. Die klint moet volhou om seker te maak dat hulle genoeg van die middel in hulle liggame het om te sorg dat hulle die dwelm-weerstandig word nie.

Om seker te maak dat die klint nie stowwe misbruik nie, veral nie alkohol nie. Die rede daarvoor is om te sorg dat die persoon nie ly aan lewervergiftiging nie. Daarby sal dit baie moeilik wees om vol te hou met die behandeling wanneer iemand onder die invloed van 'n stof is. Die klint word ook aangemoedig om 'n gesonde lewenstyl te handhaaf en word bewus gemaak van die gevare van dwelminteraksies.

Om seker te maak dat die persoon in staat sal wees om 3 inligtingsessies en 2 individuele beradingsessies by te woon. Die proses sal omtrent 6 tot 8 weke neem om te voltooi. Die doel hiermee is om die klint op te voed oor verskeie dinge, waaronder inligting oor wat TRV's is, hoe dit werk, die newe-effekte, die belangrikheid van voldoening en dwelmweerstand. Die raadgewers sal ook 'n maatskaplike en sielkundige beoordeling van die klint moet doen sodat die mediese span kan besluit of die klint kwalifiseer vir TRV-behandeling. As die klint in aanmerking kom, sal voortgesette berading en kliniekbesoeke nodig wees. As die klint nie kwalifiseer nie sal die raadgewer en die klint saam werk aan die probleem sodat die klint in staat sal wees om in aanmerking te kom.

Die klint moet instem om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle eie gesondheid en behandeling. Dit beteken om eienaarskap te neem rondom die drink van pille, die bywoon van alle sessies en om seker te maak dat hulle voldoen aan al die voorwaardes van die program.

Om af te sluit, MIV-positiewe mense sal in staat wees om gratis TRV-terapie te kry wanneer hulle immuunstelsel te swak is en versterk moet word (CD4 onder 200) en wanneer hulle in staat is om te toon dat hulle gereed is vir 'n lewenslange toewyding tot die terapie. Daarom sal jy na jou naaste kliniek moet gaan om te bepaal of jy in aanmerking kom vir die program.


CONTENTS | < Previous Section | Next Section >


CONTENTS: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



The content on this page was last updated on 10 January 2006



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





