Aansoek om die uitreiking van 'n fitosanitêre sertifikaat vir die uitvoer van plante en plantprodukte
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Uitvoerders van plante en plantprodukte moet plantgesondheidsmagtiging hê in die vorm van 'n invoerpermit wat uitgereik is deur die Nasionale Plantbeskermingsorganisasie van die land van invoer, én 'n fitosanitêre sertifikaat van die NPBO van Suid-Afrika.
Bo
Stappe om te volg
Vind by die invoerder of agent in die land van invoer uit wat daardie land se fitosanitêre invoervoorwaardes behels. Die NPBO van Suid-Afrika kan ook hierdie inligting verstrek.
Die agent of invoerder in die land van invoer moet aansoek doen om bewys van magtiging, soos 'n invoerpermit van die NPBO van die land van invoer. Die invoervoorwaardes word in die invoerpermit uiteengesit.
Stel in samewerking met die NPBO van Suid-Afrika vas of jy aan die invoervoorwaardes van die land van invoer kan voldoen of nie.
Indien jy aan die invoervoorwaardes kan voldoen, mag jy aansoek doen om 'n fitosanitêre permit van die NPBO van Suid-Afrika.
Lê die goedere wat uitgevoer gaan word aan die NPBO van Suid-Afrika voor vir evaluasie en sertifisering.
Die NPBO van Suid-Afrika reik 'n fitosanitêre permit uit as die goedere aan die invoervereistes van die land van invoer voldoen.
Die goedere moet binne 14 dae ná die finale inspeksie uitgevoer word.
Die oorspronklike fitosanitêre permit moet die goedere vergesel.
Wanneer uitgevoerde plante of plantprodukte by die plek van binnekoms aankom, sal plantinspekteurs van die NPBO van die land van invoer hulle terughou vir evaluasie en inspeksie.
Die agent of invoerder moet alle dokumente by die invoerbeamptes van die land van invoer by die plek van binnekoms uitklaar.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die tydsduur vir die uitreik van 'n fitosanitêre sertifikaat hang van die uitvoerprotokol vir die spesifieke produk en land af.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
