Aansoek om 'n uitvoerpermit
Beskrywing n Uitvoerpermit word vereis om te sorg dat 'n enkeling of organisasie wat van plan is om goedere uit te voer aan die uitvoerspesifikasies voldoen en die voorwaardes van internasionale verdrae nakom. Uitvoerpermitte help ook met die beheer van die uitvloei van strategiese goedere of van gesmokkelde en gesteelde goedere.
Die beleid oor die invoer en uitvoer van goedere verskil van bedryf tot bedryf. Bowendien is die meeste nuwe goedere van invoerbeheermaatreëls vrygestel. Indien jy dus inligting oor beleid ten opsigte van die invoer en uitvoer van bepaalde goedere verlang, moet jy die Invoer- en Uitvoerbeheerkantoor by die Departement van Handel en Nywerheid voorsien van 'n lys van die goedere wat jy wil uitvoer..
Nie alle goedere of produkte is aan invoer- en/of uitvoerbeheermaatreëls onderworpe nie. Alle gebruikte goedere, tweedehandse goedere, afval en skroot is egter aan invoerheermaatreëls onderworpe. Daar is 'n lys van goedere wat aan invoer- en uitvoerbeheermaatreëls onderworpe is. Hierdie lys kan per pos, per faks of per e-pos aan jou gestuur word indien jy jou kontakbesonderhede indien.
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in, wat by die Departement van Handel en Nywerheid te kry is.
Dien die vorms by die Direktoraat: Invoer- en Uitvoerbeheer in.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Dit kan tot drie dae neem om jou aansoek te verwerk.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
