Aansoek om bystand met uitvoerbemarking en -investering
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Uitvoerbemarking- en -investeringskema se doel is om uitvoerders gedeeltelik te vergoed vir sekere uitgawes wat aangegaan is tydens aktiwiteite wat daarop gemik was om uitvoermarkte vir Suid-Afrikaanse produkte en dienste te skep; en nuwe regstreekse buitelandse investering vir Suid-Afrika te werf.
EMIA verleen finansiële hulp wat uitvoerders in staat stel om hulle produkte en dienste internasionaal ten toon te stel, en help hulle ook tydens die promosieproses om uitvoere en regstreekse investering uit die buiteland te bekom. Hulle verleen ook hulp met die verrekening van die uitvoerder se bemarkingsuitgawes.
Die diens is op die volgende kliënte gemik:
Suid-Afrikaanse vervaardigers van produkte, insluitende klein, medium- en mikro-ondernemings , en voorheen ondernemings in besit van benadeelde individue .
Diensondernemings op projekbasis, op voorwaarde dat 'n uitvoerraad of TISA-sektorkantoor bevestig dat die betrokke diensprojek die sektor tot voordeel sal strek en waarde daaraan sal toevoeg
Suid-Afrikaanse kommissie-agente wat minstens drie KMME-ondernemings of ondernemings in VBI-besit verteenwoordig.
Suid-Afrikaanse uitvoerrade, nywerheidsverenigings en gesamentlike aksiegroepe
Die volgende programme is onder die EMIA-skema se vaandel beskikbaar:
Bo
Stappe om te volg
Daar is 'n afsonderlike brosjure met riglyne vir elke EMIA-diens, met inligting oor kriteria, tydsraamwerke en die voordele van die onderskeie aanbiedinge.
Stap een: Lees die riglynbrosjure
Die aansoekvorms en die onderskeie riglynbrosjures moet saam gelees word. 'n Aansoek sal slegs slaag indien dit kruisverwysings bevat na die vereistes wat in die "Riglynbrosjures" uiteengesit is.
Lees die dokumente sorgvuldig deur om deeglik met die reëls en prosedures vertroud te raak.
Stap twee: Vul die aansoekvorm in
Die riglynbrosjure bevat 'n omvattende lys van die dokumente wat saam met 'n aansoek ingedien moet word. As bykomende dokumente nodig is, sal die riglynbrosjure dit ook aandui.
Indien jy misleidende inligting verstrek of enige van die EMIA-bystandskemas misbruik, kan jy van verdere bystand ingevolge TISA se EMIA-skema uitgesluit word
Stap drie: Dien die aansoek in
Ondernemings mag hoogstens ses aansoeke per jaar indien, met 'n beperking van vier aansoeke per skema. Alle uitsonderings op hierdie reël moet deur die Senior Bestuurder van die EMIA-skema goedgekeur word.
Aansoeke moet korrek ingevul wees en binne die voorgeskrewe tydraamwerk vir elke EMIA-diens ingedien word.
Aansoeke wat laat ontvang word of onvolledig ingevul is, sal nie oorweeg word nie.
Stap vier: Verwerking van die aansoek
Die EMIA-kantoor sal binne 48 werksure na ontvangs van die aansoek per brief ontvangs daarvan erken. Hierdie skriftelike erkenning van ontvangs moet te alle tye by toekomstige korrespondensie met die EMIA-kantoor ingesluit word.
Indien die aansoek volledig is, al die nodige stawende dokumente aangeheg is, en dit aan die goedkeuringskriteria voldoen, sal dit vir goedkeuring oorweeg word.
Stap vyf: Goedkeuring of afkeuring van die aansoek
Die EMIA-kantoor sal jou binne 48 uur sedert die finale besluit geneem is, laat weet of jou aansoek goedgekeur of afgekeur is.
Aansoeke sal nooit mondelings goedgekeur word nie. Sorg dus dat jy skriftelike goedkeuring het voordat jy vertrek na die land waar die uitstalling plaasvind.
n Afskrif van die kennisgewing van goedkeuring moet ingesluit word by alle verdere korrespondensie en/of indiening van bykomende dokumente by die EMIA-kantoor. Indien sodanige verdere korrespondensie of dokumente sonder die kennisgewing van goedkeuring ingedien word en dit wegraak of verlê word, kan die EMIA-kantoor nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie. As dokumente verlore raak of verlê word, kan dit die administratiewe proses kortwiek of vertraag.
As jou aansoek om bystand goedgekeur is, moet jy binne drie maande vanaf die datum van jou terugkeer van die goedgekeurde besigheidsbestemming af 'n EMIA-eisvorm, alle stawende dokumente, én die toepaslike, ingevulde vraelys by die EMIA-kantoor indien.
Indien enige item of dokument wat op die eis betrekking het ná drie maande steeds uitstaande is, sal die eis afgewys word.
Die EMIA-kantoor sal jou binne 20 dae nadat jy die eis ingedien het, laat weet of dit goedgekeur is.StepsToFollowText
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die diensstandaard wissel na gelang van die diens.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Maatskappye of alleeneienaars moet geldige belastingklaringsbewyse voorlê om die voordele van die skema te kan ontvang. Aansoekers se belastingsake moet dus in orde wees.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
