Aansoek om 'n uitvoersertifikaat vir drank
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Potensiële uitvoerders moet die webtuiste: www.dawineonline.co.za besoek, waar hulle die program vir die hele uitvoerproses sal vind. Uitvoerders moet registreer voordat hulle die program kan gebruik.
Bo
Stappe om te volg
Om as uitvoerder te registreer, moet jy 'n e-pos aan rhonelb@nda.agric.za stuur. Hulle sal dan al die inligting wat 'n uitvoerder nodig het om te registeer aan jou e-pos.
Jy sal 'n aantekennaam en wagwoord ontvang om die program te kan gebruik.
Jy moet alle aansoeke aanlyn invul en indien.
Dien 'n aparte aansoek in vir elke drankproduk wat van ander drankprodukte verskil deurdat die ontvanger, samestelling, etiket of lotnommer anders is.
Die besending drank bestem vir uitvoer moet apart van ander drank gehou word. 'n Monster van ten minste 2,25 liter moet van die besending geneem word om geproe te word. Die monsters moet die Afdeling Drankprodukte se kantore nie later nie as om 16:00 op 'n Dinsdag bereik om die eersvolgende Donderdag geproe te word; en nie later nie as om 16:00 op 'n Donderdag om op die daaropvolgende Dinsdag geproe te word.
Stel die Departement van Landbou se Afdeling Gehalteoudit by tel. 021 809 1704 in kennis voordat enige besending gelaai word.
Wanneer 'n grootmaathouer gelaai word, moet 'n kontrolemonster van elke houer geneem word. As daar geen inspekteur op die perseel is wanneer die laaiery plaasvind nie, is jy as uitvoerder, daarvoor verantwoordelik om die kontrolemonsters te neem en hulle dan by die Afdeling Drankprodukte in Stellenbosch af te lewer.
Stel die afdeling binne 48 uur van die laaiery in kennis.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As goedgekeurde gebruikers kan uitvoerders of hulle verteenwoordigers , óf self uitvoersertifikate van die webwerf af druk, óf hierdie sertifikate by die Afdeling Drankprodukte in Stellenbosch gaan haal.
VI 1-sertifikate en ontledingsertifikate word steeds deur die Afdeling Drankprodukte gedruk.
Bo
Koste
Uitvoersertifikaat met monsters: R58 plus R4,50 per hl
Administratiewe aansoek: R27 plus R4,50 per hl
Hernuwing van sensoriese periode: R115 plus ontledingsfooi
Vrystelling: R37
VI 1-sertifikaat en ander ontledingsertifikate: R27
Inspeksie van uitvoerbesendings buite die amptelike werksure: R520 per uur of gedeelte daarvan
Bo
Vorms om in te vul
Doen aanlyn aansoek.
Bo
Kontakbesonderhede
