Aansoek om omruiling van buitelandse bestuurslisensie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Bestuurslisensies wat in ander lande uitgereik is en in Suid-Afrika erken word, sal vir kredietkaartformaatlisensies omgeruil word wanneer die houer daarvan om 'n Suid-Afrikaanse lisensie ooreenkomstig die Nasionale Padverkeerswet, 1996, aansoek doen.
n Aansoek om 'n internasionale bestuurspermit om te ruil, moet vergesel word van die bestuurslisensie wat deur die buitelandse agentskap uitgereik is.
n Buitelandse bestuurslisensie of internasionale bestuurspermit kan slegs vir 'n Suid-Afrikaanse lisensie omgeruil word nadat die aansoeker 'n Suid-Afrikaanse burger geword het of permanente verblyfreg verkry het .
Die buitelandse bestuurslisensie moet geldig wees op die dag van omruiling en dit moet in een van die amptelike tale van Suid-Afrika uitgereik wees. Indien dit nie die geval is nie, moet die aansoek vergesel wees van 'n vertaling wat deur 'n bevoegde instansie gedoen is.
n Buitelandse bestuurderslisensie verval wanneer die houer permanente verblyfreg in Suid-Afrika hervat of toestemming tot permanente verblyfreg verkry.
Bo
Stappe om te volg
Vul aansoekvorm DL1, Aansoek om 'n bestuurslisensie, by enige bestuurslisensie-toetssentrum in.
Neem die volgende saam:
n aanvaarbare vorm van identifikasie soos deur Suid-Afrikaanse wetgewing voorgeskryf word , tydelike ID, geldige Suid-Afrikaanse paspoort of buitelandse paspoort met 'n permanente verblyfpermit n brief van 'n bevoegde owerheid wat die geldigheid van jou buitelandse bestuurslisensie bekragtig en die lisensieklas omskryf buitelandse bestuurslisensie in vier swart-en-wit ID-foto's in.
Betaal die toepaslike fooi soos deur Suid-Afrikaanse wetgewing voorgeskryf word.
n Oogtoets sal by die toetssentrum gedoen word voordat die omruiling gefinaliseer mag word.
Let wel: Jy sal nie 'n bestuurslisensie-eksamen hoef af te lê nie. 'n Tydelike bestuurslisensie is vir ses maande geldig en word onmiddellik gratis uitgereik.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Verskil van toetssentrum tot toetssentrum as gevolg van interneoudit-prosesse.
Bo
Koste
