Aansoek by die komitee vir noodsaaklike dienste vir ? beslissing dat al die werkgewer se bedrywighede, of ? gedeelte daarvan, ? instandhoudingsdiens is
Beskrywing
Die werkgewer mag skriftelik by die komitee vir noodsaaklike dienste aansoek doen om ? beslissing dat al sy bedrywighede, of ? gedeelte daarvan, ? instandhoudingsdiens is.
n Diens is ? instandhoudingsdiens indien die onderbreking van daardie diens kan lei tot die wesenlike of fisiese vernietiging van enige werksarea, fabriek of masjinerie.
Enige belanghebbende party mag binne 21 dae vanaf die ontvangs van die aansoek ? aansoek aan die Komitee vir Noodsaaklike Dienste rig.
Kry meer inligting, by die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Rig jou aansoek aan die Komitee vir Noodsaaklike Dienste van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
Vul die LRA-vorm 4.3 in en stuur dit aan die Komitee vir Noodsaaklike Dienste by die CCMA.
Lewer bewys dat die vorm op die ander party beteken is deur die volgende by jou aansoek aan te heg:
Afskrif van die geregistreerde bewys van die Poskantoor.
Afskrif van die getekende ontvangsbewys indien die vorm per hand afgelewer is.
Ondertekende verklaring van gelewerde diens deur die persoon wat die afskrif afgelewer het.
Afskrif of faksbewys of enige ander aanvaarbare bewys van gelewerde diens.
Regsraamwerk
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 , Artikel 75
Diensstandaard
Daar bestaan geen tydskaal nie. Alles hang af van die party wat aansoek doen om as instandhoudingsdiens geklassifiseer te word.
Koste
Hierdie diens is gratis.
Vorms om in te vul
CCMA werkgewer doen aansoek om bepaling van instandhoudingsdiens
Kontakbesonderhede
