Jou A-tot-Z-omgewingswoordeboek
Hierdie woordeboek is 'n A-tot-Z lys van belangrike omgewingswoorde om jou te help om meer oor ons omgewing te lees en te verstaan.
Druk op die letter hier onder, of gaan af om die betekenis van 'n woord vas te stel. As 'n alternatief, kyk na die woordeboek in PDF formaat [160KB].
n Merker of maatstaf wat sukses/vordering met die bereik van doelwitte bepaal.  Aanwysers word gewoonlik in 'n stand van die omgewing-verslag gebruik om omgewingsgehalte en -veranderinge te meet.
Die merkbare styging in die gemiddelde temperatuur van die aarde se atmosfeer en oseane oor die afgelope dekades, en die geraamde voortsetting daarvan.  'n Toename in wêreldtemperature kan op sy beurt tot ander veranderinge aanleiding gee, insluitend 'n styging in die seevlak, en veranderinge in reënhoeveelhede en -patrone. Hierdie veranderinge kan die gereeldheid en felheid van uiterste weervoorvalle soos vloede, droogtes, hittegolwe, orkane en tornado's beïnvloed.
Water wat nie in die grond wegsyfer nie, maar oor die oppervlak en in natuurlike oppervlakwater vloei.
Afval ("waste")
Enige oortollige neweproduk, vrystelling, oorblyfsel of oorskot van enige proses of aktiwiteit.
n Beheerstelsel om op 'n doeltreffende en omgewingsvriendelike manier met behulp van duidelike beleid en omgewingstandaarde afval te beperk, te versamel en mee weg te doen, bv. die vermindering van plastieksakke.
Oorskietwater nadat dit bv. in huise, tuine en fabrieke gebruik is.
Die internasionale beleid waarop daar by die Rio-konferensie in 1992 ooreengekom is.  Onder agenda 21 het lande besluit om volhoubare maatskaplike, ekonomiese en omgewingsontwikkeling na te streef.
Staan ook as "hernubare energiebronne" bekend aangesien die mens nooit hierdie bronne, soos die son en wind, kan uitput nie.  In teenstelling met energie uit fossielbrandstowwe soos steenkool en ru-olie (wat oorontgin kan word), stel alternatiewe energiebronne nie hoë konsentrasies skadelike gasse in die atmosfeer vry nie.
Wat uit mense se teenwoordigheid of aktiwiteite ontstaan.
Meer as 'n gebrek aan inkomste - eerder 'n toedrag van sake waar mense nie eens 'n minimum lewenstandaard kan handhaaf nie.
Die lug om die aarde wat as 'n reeks lae met verskillende kenmerke beskryf word.  Die atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof en suurstof, met 'n klein bietjie koolstofdioksied, waterdamp en ander gasse, en dien as 'n buffer tussen die aarde en die son.
Die handeling of proses om 'n bos te vestig, veral op grond wat nie voorheen bebos was nie; ook "bosaanplanting" genoem.
Die fisiese, mensgemaakte omgewing, byvoorbeeld geboue, huise, paaie, brûe en hawens.  Temas wat deel uitmaak van die beboude omgewing is verstedeliking, infrastruktuur, vervoer, energie en afval.
Diere, plante, voëls, visse of ander lewende organismes wat weens mensgemaakte of natuurlike veranderinge in die omgewing gevaar loop om uit te sterf.
Die stelsel waarmee en manier waarop 'n gebied of kwessie bestuur word, bv. omgewingsbeheer.
Mense en organisasies wat by 'n gebied of kwessie betrokke is of daarin belang stel, bv. inwoners, raadslede, sakelui, vakbonde.
n Raamwerk of grondslag vir optrede ten einde bepaalde probleme te oorkom en gestelde doelwitte te bereik. 'n Beleid help 'n mens om besluite te neem en 'n organisasie of struktuur te bestuur, en word op mense se waardes en doelstellings gegrond.
Die opsie wat die meeste voordele of resultate lewer, met die minste skade aan die hele omgewing, en teen 'n aanvaarbare kort- 'n langtermynkoste vir die samelewing.
Die proses waardeur iets besoedel of onsuiwer gemaak word.
Skade aan of besmetting van die natuurlike omgewing as gevolg van menslike aktiwiteite, veral deur huishoudelike en chemiese afval, bv. middels, geraas, stof en reuke.
n Toename in die aantal mense, bv. wanneer die geboortesyfer die sterftesyfer oorskry, of wanneer meer mense hulle in 'n stad vestig as wat die stad verlaat; ook "bevolkingsaanwas" genoem.
Die wyse bewaring, aanwending en besparing van hulpbronne, veral die biodiversiteit eie aan 'n gebied.
Grond wat vrugbaar genoeg is om op aan te plant en te boer.
n Stof se vermoë om fisies en/of chemies deur mikro-organismes afgebreek te word.
Die ryke verskeidenheid plante en diere wat in hulle eie omgewing voorkom. Fynbos is 'n goeie voorbeeld van die Kaap se ryke biodiversiteit.
Die deel van die omgewing wat nie uit menslike aktiwiteite (bv. biologiese, fisiese en chemiese voorwerpe en prosesse) ontstaan het of daarvan afhanklik is nie.
n Groot eenheid van lewe wat uit plante- en dieregemeenskappe met soortgelyke vorme en omgewingstoestande bestaan, maar nie die nie-lewende (abiotiese) gedeelte van die omgewing insluit nie.
Die gebruik van lewende organismes (bv. bakterieë) om oliestortings op te ruim of ander besoedelende stowwe uit grond, water en afvalwater te onttrek.
Die deel van die aardstelsel waarin lewe kan voortbestaan.
Die lewende organismes (plante en diere) in 'n gebied.
Lugbesoedeling weens verkeer en nywerhede.  Rookmis vorm deel hiervan en ontstaan wanneer waterdamp met besoedelingsdeeltjies in die lug meng. Die bruin misbank is dikwels in die winter oor Kaapstad te bespeur.
Verlate of onderbenutte nywerheids- en kommersiële persele waar uitbreiding of herontwikkeling deur werklike of vermoedelike omgewingsbesoedeling bemoeilik word; kan ook "herontwikkelingsgrond" genoem word.
n Chemikaliefamilie wat algemeen as koelmiddels in lugversorgers en yskaste, oplosmiddels en dryfgas in spuitkannetjies gebruik word.  CFK's sweef na die boonste laag van die atmosfeer waar die chloor daarin die osoon vernietig.
Inligting, statistieke en rekords met behulp waarvan 'n volhoubaarheidsverslag bygewerk word.
Die verslegting van die gehalte van die omgewing deur menslike aktiwiteite, byvoorbeeld rivierdegradasie, gronddegradasie.
Die maksimum aantal gebruikers wat deur 'n hulpbron onderhou kan word, bv. die maksimum aantal beeste wat op een plaas kan wei.
Druk-stand-reaksie-model ("pressure-state-response model")
n Model vir omgewingsverslagdoening wat die druk op die omgewing, die stand van die omgewing, en die huidige en toekomstige reaksies op hierdie omgewingsuitdagings dek.
Die wetenskaplike studie van die verhouding tussen lewende dinge (diere, plante en mense) en hulle omgewing.
Die ontwikkeling van 'n streek of land se ekonomie, bv. die uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite, die verbetering van werksvaardighede en die skep van werksgeleenthede.
n Benadering wat plaaslike-regeringswerksaamhede rig om wêreldwye mededingendheid te bevorder en armoede te verlig deur 'n reeks ekonomiese aktiwiteite regdeur die Stad Kaapstad te koördineer en te integreer.
n Stelsel wat op die verhoudinge en wisselwerking tussen plante, diere en die nie-lewende omgewing berus.
Toerismebeplanning en -bestuur wat ook die natuurlike omgewing in aanmerking neem. Ekotoerisme behels ook die bevordering van 'n volhoubare natuurlike omgewing deur die ekonomiese voordele verbonde aan toeristeaktiwiteite, bv. kampering, stap, perdry en wildkyk.
Plante en diere wat nêrens anders ter wêreld voorkom nie.
Besoedeling met 'n enkele oorsprong/uit slegs een bron.
Met 'n sin vir skoonheid, of gekenmerk deur 'n liefde vir dit wat mooi is.
Die proses waardeur voedingstowwe (bv. fosfate of nitrate) in 'n watermassa opbou.
n Studie waarin iets deeglik nagegaan word.
Sien strategiese omgewingsevaluasie.
Dierelewe in 'n bepaalde gebied.
Met verwysing na liggaamsafval, bv. fekale kolivormbakterieë wat in water voorkom; ook soms in samestellings deur die woord "ontlasting(s)-" vervang.
n Subgroep kolivormbakterieë wat weens hulle aanwas by hoë temperature 'n meer akkurate aanduiding van fekale besoedeling gee.
Plantelewe in 'n bepaalde gebied.
Deel van die ekonomie waar mense in die regering, nywerhede en maatskappye se diens staan.
Nie-herbruikbare en bedorwe organiese materiaal wat verbrand of verbruik kan word ten einde energie te lewer, bv. olie, aardgas en steenkool.
Fynbos
Immergroen plantegroei wat laag op die grond groei en slegs in die Suidwes-Kaap voorkom.  Fynbos is bekend vir sy ryke biodiversiteit.
Wat alle nuttige inligting en faktore in 'n gesamentlike of verenigde geheel vermeng of saamvoeg.
n Manier om die omgewing te bestuur deur omgewingsfaktore in alle stadia van ontwikkeling in te sluit. Dit behels oorweging van fisiese, maatskaplike, kulturele en ekonomiese faktore asook oorlegpleging met alle mense wat deur die voorgestelde ontwikkelings geraak word.
n Plan vir die ontwikkeling van die Stad Kaapstad wat alle belangrike elemente en faktore in ag neem en saamvoeg, bv. grondgebruikbeplanning, ekonomiese ontwikkeling, openbare belegging en prestasiemonitering.
Die beleid waarvolgens toeloopgebiede bestuur word en wat alle belangrike inligting, faktore en belanghebbendes betrek wat die omgewing in die toeloopgebied kan beïnvloed.
Om geleenthede aan te bied of verwante dienste te lewer sodat dit 'n minimale uitwerking op die omgewing het en die grootste voordeel vir die mense inhou.
Groepe binne gemeenskappe wat op plaaslike vlak by ondersteunings- en ontwikkelingswerk betrokke is.
n Kombinasie van grondgebruike, soos 'n samevoeging van kommersiële, nywerheids-, kleinhandel-, vermaak- en institusionele gebruike.
Die studie van die kenmerke, oorsprong en ontwikkeling van grondvorme.
Afval wat 'n bedreiging vir die welstand van mense, plante en diere inhou, bv. gevaarlike afval van fabrieke, wasmiddels, plaagdoders en voertuie.
n Middel wat ernstige siekte, vergiftiging, geboorteafwykings of die dood kan veroorsaak wanneer lewende organismes dit insluk, inasem of opneem.
n Massa gasse, dampe, walms of aërosols van giftige materiaal wat in die lug hang.
Die proses van inskakeling by die wêreldekonomie; ook soms "wêreldkrimping" genoem.
Gedeeltes onontwikkelde grond wat hetsy tans vir landbou aangewend of aan die natuur oorgelaat word; ook in sommige ontwikkelingskontekste "braakland" (residensiële ontwikkelings), "nuwe/vars ontwikkelingsgrond" of eenvoudig "onontwikkelde grond" genoem.
Afname in grond of plantegroei se vermoë om lewe te onderhou weens skade aan die grond/plantegroei se fisiese, chemiese of biologiese kenmerke wat uiteindelik tot 'n nie-volhoubare ekologiese sisteem aanleiding gee.
Grondverlies deur wegspoeling, wegslyting en instorting.
Die gebruik van grond vir menslike aktiwiteite, bv. residensiële, kommersiële en nywerheidsgebruik.
Ondergrondse water wat gewoonlik putte, boorgate en fonteine van water voorsien.
Enige water wat reeds gebruik is en sonder behandeling weer gebruik kan word.
Die fisiese omgewing wat as tuiste, d.w.s. leef-, voedings- 'n voortplantingsplek vir 'n bepaalde gebied se plante en diere dien.
Grondstowwe wat deur middel van natuurlike prosesse aangevul kan word.
Insameling, skoonmaak en hergebruik van afvalmateriaal.
Die eienskappe, verspreiding en sirkulasie van water op aarde; ook "waterleer" genoem.
Die beplande en verantwoordelike beheer en bedryf van hulpbronne.
Dele van ons natuurlike omgewing wat gebruik en beskerm word, bv. grond, woude, water, natuurlewe en minerale (soos bousand).
Huise (gewoonlik van 'n tydelike aard) wat op grond opgerig word wat meestal nog nie amptelik vir residensiële gebruik afgekondig of gediens is nie.
Deel van die ekonomie waar mense in eie diens is en deur aktiwiteite soos straathandel 'n bestaan maak.
Die netwerk fasiliteite en dienste wat vir ekonomiese aktiwiteite benodig word, bv. paaie, elektrisiteit, water en rioolbehandeling.
Plante en diere wat natuurlik in 'n gebied voorkom.
Oorskietstowwe en -materiaal as neweproduk van kernkragopwekking wat die omgewing kan besoedel.
Die energie wat deur kernkragstasies opgewek word en tot kernafval aanleiding gee.
n Verandering wat regstreeks of nie-regstreeks aan menslike aktiwiteit toegeskryf word en wat die samestelling van die wêreldatmosfeer wysig. Opgehoopte mensgemaakte gasse in die atmosfeer keer die son se hitte vas, en veroorsaak wêreldwyd veranderinge in weerpatrone.  Die gevolge sluit vreemde reënvalpatrone, 'n styging in die seevlak, moontlike droogtes, habitatverlies en erge hitte in.
Bakterieë wat gewoonlik in diereuitskeidings en riool voorkom en as 'n aanduiding van watergehalte dien.  Die bakterieë self is nie patogenies nie (veroorsaak nie siektes nie), maar dui op die moontlike teenwoordigheid van patogene.
Alle vaste afval uit sake-ondernemings.  Hierdie kategorie sluit in, maar is nie beperk nie tot vaste afval wat in winkels, markte, kantoorgeboue, restaurante, inkopiesentrums en teaters gegenereer word.
Ontbinde organiese materiaal wat ontstaan wanneer bakterieë/erdwurms in die grond vullis en bioafbreekbare rommel tot organiese misstof afbreek.
Die geleidelike styging in die aardtemperatuur omdat die son se strale deur lugbesoedeling op die aardoppervlak vasgekeer word.
n Gaskomponent van die atmosfeer wat tot die kweekhuiseffek bydra.
Pluimvee- en veemis, asook vloeibare of vaste afvalmateriaal wat deur die produksie en bemarking van pluimvee, vee, pelsdiere en hulle produkte gegenereer word.  Dit sluit ook graan-, groente- en vrugte-oesafval in.
Die patrone en struktuur van 'n bepaalde geografiese gebied of plek, insluitend die natuurlike, beboude en sosio-ekonomiese omgewings daarin.
Dae wanneer lugbesoedelingsvlakke die aanbevole riglyne oorskry.
Marien(e) ("marine")
Van die see, of te make met die see.
n Gebied waar sommige soorte vis of plante beskerm word.
Boerdery met seeplante en -diere in hulle natuurlike omgewing in die see of op seeplase aan land.
Gemiddelde getal watergehaltemetings soos stikstof en fosfaat in 'n bepaalde hoeveelheid gemete water.
Wat regdeur die jaar aanhou groei, met verwysing na plante.
Sien standhoudend.
Van of te make met 'n groot dorp of stad, bv. metropolitaanse regering.
n Beplande netwerk om oop ruimtes in stede en dorpe te verseker ten einde bewaring, landbou, ontspanningsaktiwiteite en kulturele uitlewing moontlik te maak.
Die oorkoepelende plan om die toegelate soorte fisiese ontwikkelings en die ligging daarvan in die Stad Kaapstad te rig en te bepaal, bv. behuisings-, vervoer- en maatskaplike-diensontwikkelings.
Misdaadsyfer ("crime rate")
Die aantal misdade wat in 'n jaar per elke 100 000 mense gepleeg word; staan ook as "kriminaliteit" bekend.
n Stuk grond met water meestal op of naby die oppervlak wat 'n deurdrenkte habitat vorm, bv. vleie en moerasse.
Grond wat vir die beskerming van plante, diere en die natuurskoon, en vir die mens se genieting opsygesit is. In die Stad Kaapstad sluit die Tafelberg-nasionale park Tafelberg, ander berge asook moeraslande tot by Kaappunt in.
n Terrein van buitengewone universele waarde uit 'n estetiese, wetenskaplike of bewaringsoogpunt, met natuurlike kenmerke soos fisiese en biologiese formasies of groepe daarvan. Dit sluit ook noukeurig ontwerpte gebiede in wat as habitat vir bedreigde diere- of plantspesies dien.
Enige hulpbron wat deur die biofisiese omgewing voorsien word.
Ons fisiese milieu, insluitend plante en diere, ongeskonde deur menslike aktiwiteite.  Temas wat deel uitmaak van die natuurlike omgewing is luggehalte, binnewaters, kuswaters en biodiversiteit.
n Stelsel dinge wat almal onderling verbind en afhanklik is, bv. paaie en telefoonlyne.
Grondstowwe wat vir 'n beperkte tyd beskikbaar is en opgebruik kan word.  Voorbeelde sluit steenkool en olie in.
Groepe en liggame buite die regering wat by advies, ondersteuning, finansiering en ontwikkelingswerk betrokke is.
Wat op stroom- of rivierwalle bly of geleë is, bv. oewerdier of oewerplant.
Dit wat ons omring, insluitend lewende 'n nie-lewende elemente, bv. grond, plante, diere, lug, water en mense.  Die omgewing verwys ook na ons beboude, maatskaplike en ekonomiese milieu, en ons uitwerking daarop.  Word gereeld met behulp van 'n verbindings-"s" in samestellings gebruik, bv. omgewingsbeleid. 
Die regering se huidige en toekomstige plig om die omgewing deur dinge soos monitering, beheer, bestuur en wetuitvaardiging te beskerm.
Riglyne en reëls vir die bestuur en beskerming van die omgewing.
Om seker te maak dat omgewingskwessies by alle stadia van ontwikkeling ingesluit word sodat ontwikkeling volhoubaar kan wees.
Die strukture, planne en prosesse wat ontwikkel word om die omgewing in 'n gebied te bestuur.
Gelyke beskerming van mense, groepe en gemeenskappe teen omgewingsgevare.
n Wetenskaplike studie van die waarskynlike uitwerking van voorgestelde aktiwiteite of ontwikkeling op die omgewing. OIS'e help liggame soos plaaslike owerhede besluit of hulle voorstelle, byvoorbeeld vir die ontwikkeling van 'n stuk grond vir behuising, moet aanvaar/afkeur.
Stappe ter ontwikkeling en verbetering van die omgewing deur die toepassing van verantwoordelike omgewingsbeleid.
n Uitvoerige evaluasie om 'n organisasie se wetsnakoming, omgewingsbeleid en omgewingsbestuurstelsel (OBS) te beoordeel. Die uitslag van die oudit help die organisasie om hulle omgewingsbeleid en -bestuurstelsel te verbeter.
Die verantwoordelike instandhouding van die omgewing om dit vir toekomstige geslagte gesond te hou.
n Plaagdoder wat ontwerp is om plante, onkruid of grasse te beheer of dood te maak.  Bykans 70% van alle plaagdoders wat deur boere gebruik word is onkruiddoders.  Hierdie chemikalieë het 'n verreikende uitwerking op nie-geteikende spesies (d.w.s. dié waarop die plaagdoder nie gemik is nie).
Die vernietiging van woude en boswêrelde wat tot klimaatsveranderinge, dieresterftes en grond-erosie aanleiding gee.
Die gebruik van enige van 'n reeks prosesse om oormatige sout en ander minerale uit water te onttrek ten einde vars water vir dieregebruik of besproeiing te verkry.  Indien bykans alle sout onttrek word, kan dit vir menslike gebruik ingespan word, en word tafelsout soms in die proses as neweproduk vervaardig.
Ontwikkeling ("development")
Die proses waardeur iets verander word ten einde vooruitgang, verbetering of groei teweeg te bring.
Sien ekonomiese ontwikkeling en omgewingsontwikkeling.
Oormatige verbruik van hulpbronne wat toekomstige hulpbronbeskikbaarheid asook die omgewing raak.
Die daaglikse opbou van swaar verkeer wat paaie blokkeer.
Water bo grondoppervlak in mere, damme, riviere en panne.
Plekke soos gruisgate en myne wat vir die wegdoening van huishoudelike, nywerheids- en gevaarlike afval gebruik word.
n Bykans kleurlose soort suurstofgas met 'n flou chlooragtige reuk.
Die laag osoon wat ongeveer 15 km bo die aarde begin, en op 'n hoogte van ongeveer 50 km bykans verdwyn.  Hierdie laag beskerm die aarde teen skadelike ultravioletsonstraling.
n Manier om die suksesvolle werking van iets te meet.
Sien omgewingsoudit.
n Middel om enige spesie wat as 'n plaag beskou word, insluitend onkruid, insekte, knaagdiere, swamme, bakterieë of ander organismes, af te weer, dood te maak of te beheer. Die plaagdoderfamilie sluit onkruiddoders, insekdoders, knaagdierdoders, swamdoders en kiemdoders in.
Plaaslike-regeringsprojekte vir volhoubare ontwikkeling onder agenda 21, die handves wat in 1992 uit die VN-konferensie oor omgewingsake en ontwikkeling in Rio, Brasilië voortgevloei het.
Die verskillende plantsoorte in 'n gebied.
Ontwikkeling geskied gewoonlik deur 'n proses - 'n aantal beplande stappe of stadia.
Vloeibare afval uit huishoudings of nywerhede wat deur riool- of dreinstelsels weggevoer word.
Riviermondinge ("estuaries")
Waar rivierlope breër word namate dit die see nader.
Geklassifiseerde bedreigde spesies wat gevaar loop om uit te sterf.
Stof-, rook- of chemiese dampe wat die lug besoedel en tot dynsige, ongesonde toestande aanleiding gee.
Om die beste ruimtegebruik vir ontwikkeling uit te werk, bv. huise, fabrieke, paaie en sportvelde.
Planne, programme en optrede om die behoeftes en besware van verskillende omgewingstemas, bv. luggehalte, afval en biodiversiteit, te dek.
Spesies wat natuurlik in klein bevolkings voorkom, en dié wat deur menslike aktiwiteit tot klein (dikwels onstabiele) bevolkings uitgedun is.
Die beheer van grondgebruik deur grondontwikkeling tot vasgestelde gebiede of sones te beperk.
Krag wat uit die son se energie en lig geput word.
n Volledige bedryfstelsel wat met behulp van sonenergie warm water lewer, en wat uit een of meer kollektors, warmwatertenks asook alle nodige verbindingspype en funksionele onderdele bestaan.
Die deel van die omgewing wat met menslike aktiwiteite verband hou (bv. maatskaplike, ekonomiese, kulturele en politieke prosesse). Temas wat deel uitmaak van die sosio-ekonomiese omgewing is die ekonomie, gesondheid, onderwys, veiligheid en sekuriteit, en omgewingsbeheer.
Dier- of plantsoorte.
Die reeks spesies in 'n gebied of habitat.
Die aantal spesies in 'n gebied of habitat.
Die plaaslike owerheid wat (sedert Desember 2000) munisipale dienste aan die mense van Kaapstad lewer.  Die ses voormalige munisipaliteite Blaauwberg, Kaapstad, Helderberg, Oostenberg, Suid-Skiereiland en Tygerberg maak nou saam met die voormalige Kaapse Metropolitaanse Raad deel uit van die nuwe Stad Kaapstad (wat ook as "die Unistad" bekend staan).
Die geleidelike en onbeheerde verspreiding van stedelike gebiede na omringende natuurgebiede.
Wat regdeur die jaar vol bly, met verwysing na riviere.
Sien meerjarig.
Gewasverbouing in stedelike gebiede en op stedelike rande vir bestaans- of kommersiële doeleindes.  Dié aktiwiteit geskied dikwels op 'n klein skaal, maar baie intens.
Stedelike vorm
Die strukture in 'n stedelike omgewing.
Ondergrondse pypstelsel wat reën en ander water uit die grond en van paaie en dakke verwyder, en dit na riviere, mere en die see wegvoer.
Stortplek ("dump")
n Perseel waar verskillende soorte afval op 'n wanordelike of onverskillige manier weggegooi word sonder om die omgewing en die beskerming daarvan in aanmerking te neem; ook soms 'n "vullishoop" genoem.
Die administratiewe of reguleringsproses om die omgewingsimpak van 'n beleid, plan of program 'n die alternatiewe te evalueer.
Besoedelde lug uit fabrieke en kragstasies bevat dikwels swaweldioksied.  Wanneer dit met reënwater verbind, kry 'n mens suurreën.  Suurreën beskadig plante en geboue, en kan ook jou gesondheid raak.
n Algemene gevaarlike afval wat selfs 'n lae konsentrasie organismes kan beskadig en daartoe geneig is om in die voedselketting op te bou.
Die beheer en beskerming van toeloopgebiede.
Stuk grond wat reënwater na 'n rivier of stroom laat vloei, waarna die water na 'n dam, meer of die see gevoer word.
Plante en diere wat nie natuurlik in 'n gebied voorkom nie, maar deur mense ingebring word.  Uitheemse plante dwing dikwels inheemse spesies uit 'n gebied.  Rooikrans is 'n goeie voorbeeld van 'n uitheemse spesie in die Kaap.
Vloeistofafval uit riool- en nywerheidsaanlegte.
Die enkele politieke en administratiewe stadsraad wat sedert die plaaslike-regeringsverkiesing in Desember 2000 sewe afsonderlike plaaslike-regeringstrukture as die "Stad Kaapstad" vervang het.
Enige vaste, semi-vaste, vloeibare of gasmateriaal wat uit nywerheids-, kommersiële myn- of landboubedrywighede en gemeenskapsaktiwiteite weggegooi word. Vaste afval sluit vuilgoed, bourommel, kommersiële vullis, slyk uit watertoevoer- en afvalbehandelingsaanlegte of lugbesoedelingsbeheerfasiliteite, asook ander afvalmateriaal in.
Veld n Suid-Afrikaanse term vir natuurlike plantegroei, gewoonlik grasveld, wat kenmerkend uit verspreide struike, bossies of bome bestaan.
Om iets op te gebruik, byvoorbeeld deur dit te eet of te verbrand.
Die verbetering van 'n organisasie of gemeenskap se vermoë om take doeltreffend en met vrymoedigheid uit te voer.  Dit kan vaardigheidsopleiding, organisatoriese ontwikkeling en finansiële hulpbronne insluit.
Toename in die hoeveelhoud sout of opgeloste vaste stowwe in water, of die proses waardeur sout in grond opbou en sodoende 'n skadelike uitwerking op plante het.
Migrasie van mense uit landelike na stedelike gebiede.  Dit kan tot oorbevolking en werkloosheid in stedelike gebiede aanleiding gee.  Verstedeliking is die hoofdryfkrag agter die skepping en ontwikkeling van stede.
Die proses waardeur 'n gebied of streek deur die verlies van grond en plantegroei al hoe droër (meer aried) word.
Plat areas langs riviere wat weens grondafsettings tydens vloede ontstaan.
Mineraalstowwe wat as voedsel deur lewende organismes opgeneem word.
Wanneer iets beskerm en in stand gehou word sodat dit ook in die toekoms gebruik kan word.
Vermoë om met behulp van verantwoordelike hulpbrongebruik aan die behoeftes van huidige 'n toekomstige geslagte te voldoen.
n Vorderingsverslag oor omgewingstoestande en -kwessies wat gebruik word wanneer omgewingsbeleid opgestel en omgewingsuitdagings die hoof gebied word.
Omgewingsvriendelike boerderymetodes wat gewasverbouing of veeteelt toelaat sonder skade aan die plaas as 'n ekosisteem, insluitend enige uitwerking op die grond, watervoorraad, biodiversiteit of ander omringende natuurlike hulpbronne.
Ontwikkeling wat beplan word om aan die behoeftes van huidige 'n toekomstige geslagte te voldoen, bv. die behoefte vir basiese omgewings-, maatskaplike en ekonomiese dienste. Volhoubare ontwikkeling sluit die verantwoordelike gebruik en instandhouding van hulpbronne in.
Die tempo waarteen iets voortbestaan, plaasvind of versprei, bv. die voorkoms van MIV en vigs.
Stof- of vloeistofafskeiding of -uitlating, bv. motoruitlaatgasse.
Ondergrondse, waterhoudende rotsformasies - die water kan ontgin en vir was- en kookdoeleindes gebruik word; ook "waterklip" genoem.
n Ekosisteem wat as habitat vir waterplante en -diere dien en ook watergebonde ekologiese prosesse onderhou.
Water wat gewoonlik in damme opgevang en geberg word voordat dit vir gebruik aan stede en dorpe voorsien word.
Die weggooi, afsetting, inpersing, storting, verstrooiing/uitgieting, uitlekking of plasing van enige soliede afval of gevaarlike afval in die omgewing (grond, oppervlakwater, grondwater en die lug).
n Natuurterrein wat wêreldwyd as belangrik vir die bewaring van biodiversiteit beskou word, bv. 'n habitat vir plante of diere wat gevaar loop om uit te sterf.  Wêrelderfenisterreine skep dikwels werksgeleenthede deur middel van ekotoerisme.
n Gebied se vermoë om buitelandse 'n plaaslike belegging te lok, en goedere en dienste internasionaal te verkoop.
Wanneer mense nie werk het nie, insluitend ontmoedigde werksoekers wat nie onlangs daadwerklike stappe gedoen het om werk te kry nie.
