Doen aansoek om 'n betrekking in die Staatsdiens
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Vakatures in nasionale en provinsiale departemente word gevul deur bestaande personeel te werf of deur aansoeke te vra van diegene wat nie in die Staatsdiens werksaam is nie. Vakatures in senior poste, dit wil sê die senior bestuursdiens, moet landswyd geadverteer word vir werwing binne en van buite die Staatsdiens.
Vakatures word gewoonlik in Staatsdiens se Omsendskrywe oor Vakatures geadverteer. Dit is 'n publikasie wat weekliks deur die Departement van die Staatsdiens en Administrasie saamgestel en uitgestuur word. Indien werwing uitgebrei word om diegene wat nie in die Staatsdiens werksaam is nie te betrek, sal die betrokke nasionale of provinsiale departement sodanige vakatures in die gedrukte media adverteer.
Die Staatsdiens se Omsendskrywe oor Vakatures stel staatsamptenare in kennis van enige vakatures in die Staatsdiens. Diegene wat nie in die Staatsdiens werksaam is nie, maar belangstel in die poste wat geadverteer word, moet vooraf by die advertensiedepartement vasstel of hulle aansoek mag doen. Die advertensiedepartemente se kontakbesonderhede word in die Omsendskrywe verstrek.
Ander departemente, soos die Weermag, mag vereis dat jy eers 'n mediese ondersoek moet ondergaan voordat hulle jou aansoek sal oorweeg.
Kry meer inligting by die Departement van Staatdiens en Administrasie.
Stappe om te volg
Laai Vorm Z83: "Aansoek om indiensneming" van die DSA se webwerf af en vul dit in. Die vorm is ook by enige nasionale of provinsiale departement beskikbaar.
Heg jou curriculum vitae en gewaarmerkte afskrifte van jou kwalifikasies daarby aan.
Dien die vorm in by die departement waar die vakature bestaan.
Afhangende van hoe die betrokke departement die vakature hanteer, sal jy moontlik 'n brief ontvang om ontvangs van jou aansoek te erken.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Die werwings- en keuringsproses verskil van departement tot departement. Dit sal so gou moontlik afgehandel word.
Koste
Die aansoekvorm is gratis
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
