Die strategie stel dit ten doel om:
ekonomiese groei te verbeter;
werk vir spesifiek laag- en semigeskoolde werkers te skep;
die gaping tussen ryk en arm te vernou;
Verlaag die armoedevlak met die helfte, bv. die aantal mense wat onder die deernistoelaagvlak leef.
sosiale, menslike en natuurlike kapitaal onder inwoners te bou.
Die strategie beklemtoon kern- ekonomiese bevoegdhede asook daardie menslike­ontwikkelingskwessies wat die mees regstreekse invloed op inwoners se ekonomiese bestaan het. Derhalwe is die strategie daarom gemik om:
Die formeel ontwikkelde ekonomie uit te brei. Vermeerdering van die aantal ekonomiese geleenthede deur die ekonomie en deelname daaraan uit te brei.
Die ekonomieë van die armes uit te brei (beide formeel en informeel). Verhoging en uitbreiding van armes se deelname aan die ekonomie.
Ekonomiese brûe te bou. Versterking van bande tussen die eerste en tweede ekonomieë, die versekering van groter inklusiwiteit en die herstel van historiese wanbalanse.
Toegang tot dienste te verseker. Fasilitering van universele toegang tot basiese behoeftes, gesondheids- en sosiale dienste, insluitend regeringstoelaes en -subsidies, behuising en openbare vervoer.
Menslike, natuurlike en sosiale kapitaal te bou. Ontwikkel die menslike en sosiale kapitaal van hulpbehoewendes, insluitend omgewingsbestuur.
Ekonomiese en menslike ontwikkeling gaan van die veronderstelling uit dat 'n reeks basiese aspekte in plek is. Hierdie aspekte word in die vyf punte hieronder weerspieël. Hoewel die meerderheid daarvan buite die mandaat van die ekonomiese-en-menslikeontwikkelingsdepartement val, vorm hulle 'n kerndeel van die strategie:
Goeie regering
Fisiese infrastruktuur
Beplanning
Institusionele infrastruktuur
Navorsing en inligting
KONTAKBESONDERHEDE
Posadres
Telefoon
Faks
Fasiliteer programme wat belegging en handel in vennootskap met die Wes-Kaapse agentskap vir die bevordering van handel en belegging (Wesgro) en die sektor-organisasies bevorder.
Stel programme in om die tweede ekonomie by die hoofstroom­ekonomie te integreer en werkskepping te maksimaliseer.
Fasiliteer die ontwikkeling van 'n mededingende sakeomgewing.
Moniteer die bevordering van handel en nywerheid in vennootskap met Wesgro.
Ondersoek ekonomiese-ontwikkelingsituasies wat doeltreffendheid raak.
Fasiliteer belegging in strategiese, stadswye ekonomiese infrastruktuur.
Fasiliteer belegging in strategiese infrastruktuur in voorheenbenadeelde gebiede.
Bied kapitaal en bedryfsbystand aan stedelike boere.
Ekonomiese inligting en navorsing:
Voorsien sleutel- ekonomiese inligting oor die Stad (BGP, indiensneming, arbeidsmag).
Onderneem en/of fasiliteer ekonomiese-ontwikkelingsnavorsing en -moniteringsprosesse om die Stad se inisiatiewe vir ekonomiese en menslike ontwikkeling te ondersteun.
Bied bystand met die moniterings- en evalueringsprosesse, insluitend werkskeppingsmonitering.
Produseer inligtingsprodukte oor ekonomiese en menslike ontwikkeling om programme en projekte hieroor te ondersteun (insluitend webwerf).
Bied noodsaaklike kennisbestuurondersteuning en -hulpbronne, en ander tersaaklike gebruikergerigte inligting.
Ondersteun 'n wye reeks stadswye inisiatiewe soos die KnapStad­strategie en -program.
Ondersteun deur: Steundienste:
Bied ondersteuning aan die departement met betrekking tot administrasie, finansies, batebestuur, menslike hulpbronne, vaardigheidsontwikkeling en opleiding.
Bied bystand met die instelling van die departement se intern- en leerlingskapprogramme.
Deel van die strategie-en-ontwikkelingsdirektoraat
Die ekonomiese en menslikeontwikkelingsdepartement rig en ondersteun die raad se mandaat om ekonomiese ontwikkeling in Kaapstad te fasiliteer. Meer spesifiek is hierdie departement verantwoordelik vir die bevordering van ekonomiese groei en werkskepping, die vermindering van armoede, en die monitering van ongelykhede in Kaapstad.
Die departement se werk is gegrond op sy strategie vir ekonomiese en menslike ontwikkeling, en is daarop gemik om 'n produktiewe en wêreldwyd mededingende stad en 'n lewenskragtige ekonomie te verseker wat die meerderheid van sy inwoners van die middele kan voorsien om 'n redelike bestaan te maak en by die ontwikkeling van die stad baat te vind.
Die departement het die verantwoordelikheid om geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en sake binne Kaapstad te ontsluit.
Dienste wat deur die departement gelewer word sluit in:
Ekonomiese ontwikkeling in plaaslike gebiede en menslike ontwikkeling:
Rig en lewer beleid, strategieë, programme en projekte gemik op die uitbreiding van die 2e ekonomie en die integrasie daarvan by die hoofstroom-ekonomie.
Bied bystand en leiding aan die raad oor hoe om armoede en ongelykheid te hanteer, asook oor hoe om deur ekonomiese en menslike ontwikkeling inhoud te gee aan die Stad se verbintenis tot die armes.
Lewer insette oor en help met die maksimalisering van ekonomiese voordele vir die 2e ekonomie deur die raad se prioriteitprogramme en -projekte, bv. die N2 Gateway-menslik nedersettingsprojek en die stadsvernuwingsprogram.
Skep sinergieë tussen alle regeringsfere ter ondersteuning van die Stad se ekonomiese-ontwikkelingspogings.
Bied insette oor en koppelinge met die Stad se ekonomiese ontwikkelingstrategie en aksieplanne vir ekonomiese ontwikkeling in plaaslike gebiede.
Bied insette oor die identifisering en instelling van wykgefinansierde projekte, insluitend lewensvatbaarheid en kosteberekening.
Bied 'n raamwerk vir menslike ontwikkeling.
Sakeondersteuning en vaardigheidsontwikkeling:
Implementeer programme in lyn met die Stad se sakeonder­steuningsbeleid.
Bied sakebeplanningsvaardighede, berading, advies en mentorskap deur die Stad se koeponprogram.
Bied sakeondersteuningsinfrastruktuur, en bestuur bestaande infrastruktuur.
Ondersteun samewerkingsprogramme met die provinsiale regering van die Wes-Kaap se ondernemingsontwikkelingseenheid, Red Door, 'n jeugentrepreneurskapprogram en jeugnetwerkgeleenthede.
Maksimaliseer bemagtigings-, sake- en werkskeppingsgeleenthede deur die raad se projekte en begroting soos aanvoerkettingbestuur, uitgebreide openbare-werkeprogramme en 2010-planne.
Ontwikkel en stel 'n vaardigheidsontwikkelingstrategie in om die strategie vir ekonomiese en menslike ontwikkeling te ondersteun.
Fokus op die gebrek aan toegang tot inligting via sakeondersteuni gsprogramme en 'n donateursgids. Seminare word ook op 'n ad hoc-basis in vennootskap met sakeverenigings aangebied.
Verleen bystand met vaardigheidsontwikkeling aan gemeenskapgebaseerde ekonomiese-ontwikkelingsprojekte, en fasiliteer tegniese-vaardigheidsontwikkeling en werksplasing deur 'n aantal inisiatiewe, insluitend 'n koeponprogram en donateursgids.
Ondersteun opleiding en leerlingskappe, asook uitgebreide openbare-werkeprogramme.
Werk saam met ander raadsdepartemente om op sy mandaat te lewer, bv. sosiale ontwikkeling en inligtingsdienste en -tegnologie.
Fasilitering van ekonomiese ontwikkeling - Strategiese sektore:
Fasiliteer die groei en ontwikkeling van die Stad se prioriteit ekonomiese sektore soos olie en gas, wye vervaardigingsektor, oproepsentrums en sakeproses-uitbesteding, agri-sakeondernemings,
IKT, skeppende bedrywe (film, handwerk, kultuur-items en juwele).
