Opname van Ekonomiese Aktiwiteit 2003
Korrigeer asseblief alle foute op die adresetiket hierbo
Doel van die opname
Die Opname van Ekonomiese Aktiwiteit is 'n jaarlikse opname wat die aktiwiteite van 'n steekproef van private en openbare organisasies in nywerhede van die Suid-Afrikaanse ekonomie dek. Die resultate van die opname word gebruik om ramings van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) en sy komponente saam te stel wat weer gebruik word om die regering se beleid te monitor en te ontwikkel. Hierdie statistieke word ook deur die private sektor gebruik in ontledings van die relatiewe prestasie van besighede en nywerhede. Die resultate sal jaarliks in Statistiese Vrystelling: P8001 - Economic Activity Survey gepubliseer word.
Magtiging van die opname
Die inligting wat verlang word, word versamel in ooreenstemming met Artikel 16 van die Wet op Statistieke, 1999 (Wet No. 6 van 1999). U samewerking word gevra om hierdie vraelys in te vul en dit teen die keerdatum terug te stuur.
Geheimhouding
Ooreenkomstig Artikel 17 van die Wet op Statistieke, 1999 (Wet No. 6 van 1999), sal u ingevulde vraelys deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) as streng vertroulik behandel word.
Keerdatum
Vul asseblief hierdie vraelys in en stuur dit in die besigheidsantwoorddienskoevert terug of faks dit aan
Hulp beskikbaar
Indien u probleme ondervind met die invul van hierdie vraelys, of vind dat u moeilik by die keerdatum kan hou, skakel asseblief met ons by:
Telefoonnommer: 310-8102 310-8300
-8247 310-8514 Privaatsak X44
Faksnommer: 310-2135 310-2136 Pretoria
Persoon met wie Stats SA kan skakel in geval van navraag betreffende hierdie vraelys
Naam
Slegs vir kantoorgebruik
Amp of titel
Naam
Telefoonnommer
Ontvang
Faksnommer
Nagesien
E-pos-adres
Handtekening
Geredigeer
Neem asseblief kennis
Alle waardes moet belasting op toegevoegde waarde (BTW) uitsluit.
Slegs die Suid-Afrikaanse aktiwiteite van die onderneming aangetoon op die etiket moet in hierdie vraelys ingesluit word.
Inligting wat in hierdie vraelys gerapporteer word, moet aan Suid-Afrikaanse rekening-kundige standaarde voldoen.
n Onderneming is 'n wetlike eenheid of 'n kombinasie van wetlike eenhede wat alle funksies wat nodig is om sy produksie-aktiwiteite uit te voer, insluit en direk beheer.
Indien presiese syfers nie beskikbaar is nie, verstrek sorgvuldige ramings.
Verstrek geldwaardes in duisende rande (R '000). Indien die waardes in u rekeninge nie tot die naaste duisend rand is nie, rond die waarde tot die naaste duisend rand af.
Die items gelys onder 'Sluit in' en 'Sluit uit' is slegs voorbeelde en moet nie gesien word as 'n volledige lys van items wat ingesluit of uitgesluit moet word nie.
Deel 1 - Algemene inligting
Dui u tipe eienaarskap of tipe organisasie aan
Eenmansaak ...
Vennootskap ...
Publieke maatskappy ...
Private maatskappy ...
Openbare korporasie ...
Beslote korporasie ...
Staatsonderneming ...
Nie-winsgewende instelling ...
Ander (spesifiseer) ...
Merk asseblief die gepaste blok
Ja
Definisie
Drieledige Winsverslagdoening verskaf inligting oor die ekonomiese, omgewings- en sosiale prestasie van 'n onderneming.
Ja
Definisie
ISO 14001-sertifikasie vereis nakoming van gespesifiseerde vereistes vir 'n omgewingsbestuurstelsel, ten einde 'n onderneming in staat te stel om 'n beleid en doelwitte te formuleer met inagneming van wetlike vereistes en inligting oor betekenisvolle omgewingimpak.
Tydperk deur hierdie vraelys gedek
Nota
Hierdie vraelys moet ingevul word vir u finansiële jaar wat op enige datum tussen 1 Julie 2002 en
Vanaf Tot
Verstrek die tydperk deur hierdie vraelys gedek ...
Dui enige veranderinge aan wat in hierdie onderneming plaasgevind het sedert 1 Julie 2002, bv. verandering van finansiële jaar, oorname, same-smelting, nuwe ligging, uitbreiding of sluiting.
Deel 2 - Inkomste-items
Verkope van goedere (verstrek netto waarde na kortings gegee) ...
Sluit in
Verkope van goedere, insluitend uitvoer-verkope.
Vir langtermynkontrakte, sluit betalings-wissels in.
Aflewerings- en/of installasiekoste nie afsonderlik aan kliënte gefaktureer nie.
Spoorvrag en vervoer-uit.
Uitvoervragkoste.
Sluit uit
Netto wins of verlies op verkope van vaste bates (sluit in by Vraag 14 of 46).
Inkomste uit huur, bruikhuur en verhurings (sluit in by Vraag 7, 8 en 9).
Rente ontvang (sluit in by Vraag 10).
Belasting op toegevoegde waarde (BTW).
Inkomste uit dienste gelewer (verstrek netto waarde na kortings gegee) ...
Sluit in
Inkomste en gelde ontvang vir herstel-werk en dienste gelewer.
Inkomste uit kontrakte, subkontrakte en kommissie.
Bestuursgelde of kostes van verwante of onverwante ondernemings.
Intekengelde en lidmaatskapgelde.
Administratiewe kostes ontvang as 'n agent.
Sluit uit
Inkomste uit huur, bruikhuur en verhurings (sluit in by Vraag 7, 8 en 9).
Rente ontvang (sluit in by Vraag 10).
Inkomste uit tantième op verhuring van mineraalregte ...
Inkomste uit die verhuring van grond, geboue en ander strukture ...
Inkomste uit operasionele bruikhuur en verhuring van aanlegte, masjinerie en toerusting ...
Sluit uit
Betalings ontvang van huurkoopooreenkomste.
Inkomste uit operasionele bruikhuur en verhuring van motorvoertuie en ander vervoertoerusting ...
Sluit uit
Betalings ontvang van huurkoopooreenkomste.
Rente ontvang ...
Sluit in
Rente van lenings en voorskotte aan ver-wante en onverwante ondernemings verskaf.
Inkomste uit verdiskonteerde wissels.
Rente op deposito's in banke en finan-siële instellings wat nie banke is nie.
Rente op desentralisasievoordele.
Rente op skuldbriewe opgeneem.
Sluit uit
Kapitaalterugbetalings ontvang.
Dividende ontvang ...
Tantième, konsessiegelde, kopiereg, handelsname en -regte en patentregte ontvang
Sluit in
Sluit uit
Tantième ontvang ingevolge kontrakte vir die verhuring van mineraalregte (ingesluit in Vraag 6).
Subsidies en aansporings van die regering ontvang ...
Ander inkomste ...
Sluit in
Wins uit die aflossing, vereffening of herwaardering van laste, teen 'n waarde laer as boekwaarde, indien gekrediteer, bv. buitelandse valuta winste.
Wins uit die verkoop of tot geldmaking of herwaardering van bates teen 'n waarde hoër as boekwaarde, indien gekrediteer.
Netto wins op buitelandse lenings as gevolg van skommelings in buitelandse wisselkoerse of transaksies.
Netto wins uit verkope van aandele.
Slegte skuld betaal.
Kapitaalwins.
Diverse inkomste.
Sluit uit
Buitengewone wins of verlies, m.a.w. wins of verlies wat nie met die werksaamhede van hierdie onderneming in verband staan nie, en wat van 'n eenmalige aard is.
Spesifiseer die aard en bedrae van die twee grootste items wat by 'Ander inkomste'
ingesluit is.
Totale inkomste (Vraag 4 tot Vraag 14) ...
Deel 3 - Voorraaditems
Beginvoorraaditems
Grondstowwe of materiaal vir verwerking, verpakkingsmateriaal, brandstof en verbruiks- en instandhoudingsvoorrade, bv. onderdele ...
Werk aan die gang (deels voltooid) ...
Klaarprodukte (eie vervaardigde produkte) en produkte nie deur hierdie onderneming vervaardig nie, maar aangekoop vir herverkoop ...
Totale beginvoorraad (Vraag 16 tot Vraag 18) ...
Grondstowwe of materiaal vir verwerking, verpakkingsmateriaal, brandstof en verbruiks- en instandhoudingsvoorrade, bv. onderdele ...
Werk aan die gang (deels voltooid) ...
Klaarprodukte (eie vervaardigde produkte) en produkte nie deur hierdie onderneming vervaardig nie, maar aangekoop vir herverkoop ...
Totale eindvoorraad (Vraag 20 tot Vraag 22) ...
Deel 4 - Uitgawe-items
Aankope ...
Sluit in
Grondstowwe, komponente, ens. wat ge-durende die vervaardigingsproses gebruik is (met inbegrip van verbruiksvoorrade).
Brandstof vir ruweterreinvoertuie, bv. vurkhyswaens, mobiele installasies en steengroefstortwaens.
Onderdele en boumateriaal.
Goedere vir herverkoop.
Aankope en oorplasings-in van aange-koopte klaarprodukte, intermediêre produkte en halfvoltooide goedere van verwante besighede.
Sluit uit
Uitgawes aan subkontrakte en kommissie.
Motorvoertuigonderhoudskostes, met inbegrip van onderdele en brandstof (sluit in by Vraag 47).
Gekapitaliseerde aankope van materiaal vir kapitaalwerk deur eie werknemers gedoen.
Houers en verpakkingsmateriaal ...
Bruto salarisse en lone betaal gedurende die finansiële jaar ...
Definisie
Bruto salarisse en lone verwys na vergoeding vir gewone, standaard- of ooreengekome werksure en oortydure gedurende die finansiële jaar betaal aan al die permanente, tydelike, geleentheids-, bestuurs- en uitvoerende werknemers, voor belasting- en ander aftrekkings.
Sluit in
Salarisse en/of fooie betaal aan alle direkteure, uitvoerende beamptes en bestuurders.
Netto ondernemingsinkomste aan die arbeidsinset van diegene met 'n eie onderneming.
Kommissies betaal.
Werkgewerbydrae tot pensioen-, voorsorg-, mediese hulp-, siektebetaling- en ander fondse (bv. Werkloosheidsversekeringsfonds en Vergoedingskommissaris se Vergoedingsfonds).
Betalings gemaak uit Suid-Afrika aan werknemers of werkgewers wat oorsee gestasioneer is.
Betalings vir alle tipe verlof.
Aansporingsbetalings, betalings vir stukwerk of winsdelingskemas.
Byvoordele betaal in kontant soos behuising-, verband- en rentesubsidies, vervoertoelaes en selfoontoelaes.
Toelaes en boetebetalings.
Die waarde van enige salaris wat ingeboet is.
Bonusse.
Betalings wat gedurende die verwysings-
periode gemaak is maar wat betrekking het op ander periodes, bv. jaarlikse verlof, dertiende tjek en verlofgratifikasiebetalings.
Sluit uit
Betalings aan subkontrakteurs en konsultante met 'n eie onderneming en wat nie deel van die onderneming is nie.
Betalings gemaak vanaf die buiteland aan werkgewers of werknemers wat in Suid-Afrika gestasioneer is.
Terugbetaling vir uitgawes, bv. reis, onthaal, maaltye, ens.
Die toeskryfbare waarde van byvoordele.
Belasting op byvoordele.
Versekeringspremies betaal...
Rente betaal ...
Sluit in
Rente op banklenings.
Rente op lenings aan hierdie onderneming gemaak deur verwante en onverwante ondernemings.
Rente betaal ten opsigte van bruikhuur-finansiering.
Rente betaal ten opsigte van lenings van vennote.
Uitgawes verwant aan gediskonteerde wissels.
Rente op skuldbriewe opgeneem.
Rente op afgeleide finansiële instrumente.
Sluit uit
Kapitaalterugbetalings.
Tantième, konsessiegelde, kopiereg, handelsname en -regte en patentregte ...
Drukwerkuitgawes ...
Skryfbehoefte-uitgawes ...
Pos-, koerier- en telekommunikasiedienste ...
Reisuitgawes ...
Verblyfuitgawes ...
Onthaaluitgawes ...
Huur van grond, geboue en ander strukture, insluitende water- en elektrisiteit-
betalings ...
Operasionele bruikhuur- en huur van installasies, masjinerie, toerusting en voertuie ...
Bankkostes ...
Sekerheidsdienste (sluit in rekenaarstelselsekerheidsdienste) ...
Doeane- en aksynsbelasting ...
Sluit in
Dokkoste, hawekoste, landingsfooie en ander invoerkoste.
Sluit uit
Maatskappybelasting.
Advertensie-uitgawes ...
Spoorvrag en vervoer-uit...
Alle herstel- en instandhoudingsuitgawes ...
Waardevermindering voorsien gedurende hierdie finansiële jaar ...
Nota
Toon waardevermindering of voorsiening vir waardevermindering soos aangeteken in u finansiële bestuursrekenings op alle bates soos geboue, masjinerie, toerusting, kantoor-toerusting, rekenaars en motorvoertuie en ander vervoertoerusting.
Verliese op bates of beleggings of laste verkoop of herwaardeer (nie verwant aan normale handeldrywing) ...
Sluit in
Verliese uit die verkoop of totgeldmaking of herwaardering van bates of beleggings teen 'n waarde laer as boekwaarde, indien gedebiteer, en voorraadverliese.
Verliese uit die aflossing, vereffening of herwaardering van laste teen 'n waarde hoër as boekwaarde, indien gedebiteer, bv. verliese aan buitelandse valuta.
Voorsiening vir slegte skulde en slegte skulde afgeskryf.
Bates afgeskryf.
Ander uitgawes ...
Sluit in
Donasies, beurse en borgskappe.
Motorvoertuigonderhoudsuitgawes, met inbegrip van onderdele en brandstof.
Gelde aan buite-instansies betaal vir personeelopleiding.
Subkontrak- en kommissie-uitgawes.
Professionele dienste, bv. oudit en ander professionele besigheidsdienste, regskoste en dataverwerkingsdienste.
Streeksdiensteraadheffings.
Spesifiseer die aard en bedrae van die twee grootste items wat by 'Ander uitgawes'
ingesluit is.
Totale uitgawes (Vraag 24 tot Vraag 47) ...
Deel 5 - Wins of verlies, maatskappybelasting en dividende
Netto wins of verlies voor belasting Vraag 15 minus Vraag 19 plus Vraag 23
minus Vraag 48 ...
Maatskappybelasting betaal of voorsien gedurende hierdie finansiële jaar ...
Dividende in kontant betaal of voorsien ...
Ander dividende (kapitalisasie-uitgifte, skripdividende of kapitalisasie-aandele) .
Totale dividende betaal of voorsien gedurende hierdie finansiële jaar Vraag 51 tot
Vraag 52 ...
Deel 6 - Bates en laste
Nota
Toon die totale boekwaarde van bates en laste soos aan die einde van die finansiële jaar.
Bedryfsbates ...
Sluit in
Debiteure, kontant voorhande en aandele.
Eindvoorraad.
Sluit uit
Vaste bates en ontasbare bates (sluit in Vraag 55).
Vaste bates en ontasbare bates ...
Nota
Vaste bates en ontasbare bates moet met Vraag 59, kolom (g) 1 tot 9 ooreenstem.
Totale bates (Vraag 54 tot Vraag 55) ...
Laste (eienaarsbelang of aandeelhouersfondse uitgesluit) ...
Eienaarsbelang (totale boekwaarde van aandeelhouersfondse) ...
Deel 7 - Boekwaarde van bates en kapitaaluitgawes
Boekwaarde van bates en kapitaaluitgawes op vaste bates en ontasbare bates otas
Die waarde van grond en geboue moet afsonderlik aangetoon word en moet, indien nodig, geskat word. (Sluit eie privaat woning of woongedeelte daarvan uit.)
Aankope van grond en bestaande geboue en gebruikte aanlegte, masjinerie en voertuie wat nie ingevoer is nie, moet by kolom (d) ingesluit word.
Die waarde van gebruikte aanlegte, masjinerie en voertuie deur u of namens u ingevoer, moet by kolom (c) ingesluit word.
Groot verbeterings, byvoegings of uitbreidings aan vaste bates, masjinerie, vervoertoerusting en strukture wat hulle werkverrigting verbeter en hulle kapasiteit verhoog of hulle verwagte werklewe verleng, word gereken as vaste kapitaalvorming en moet by kolom (c) ingesluit word.
Ontasbare vaste bates is nie-finansieël vervaardigde vaste bates wat hoofsaaklik bestaan uit mineraleksplorasie, rekenaarsagteware, onthaal, letterkundige of artistiese oorspronklike stukke wat beoog word om vir meer as een jaar gebruik te word.
Ontasbare nie-vervaardigde bates is bates wat hul eienaars in staat stel om aan sekere spesifieke aktiwiteite deel te neem, of om sekere spesifieke goedere, of dienste te lewer en om ander institusionele instellings uit te sluit van sulke aktiwiteite, behalwe met die toestemming van die eienaar, bv. patente of aangekoopte klandisiewaarde.
Tipe bate
Boekwaarde aan begin van die finansiële jaar volgens balansstaat
Kapitaaluitgawes aan oprigting van nuwe geboue en werke; aanbouings aan en verbouings van bestaande ge-boue en werke; werk aan die gang gekapitaliseer; nuwe aanlegte en masjinerie; gebruikte aanlegte en masjinerie indien deur u of namens u ingevoer (hetsy aan buite-kontrakteurs/-ondernemings betaal of deur u onderneming self gedoen)
Grond ...
Woongeboue ...
Nie-woongeboue ...
Konstruksiewerke, paaie en parkeer-
terreine ...
toerusting ...
Vervoertoerusting ...
Aanlegte, masjinerie en kantoortoerusting ...
Ontasbare vaste bates
Rekenaarsagteware ...
Ander ...
Ontasbare nie-vervaardigde bates (klandisiewaarde, patente, ens.)...
Totaal ...
Kapitaaluitgawes aan verkryging van grond; bestaande geboue en werke; gebruikte aanlegte, masjinerie en voertuie; en oorplasings-in
Verkope van bates(-), en herwaardering en ander aansuiwerings aan boek-
waarde
Waardevermindering/
aflossing gedurende die jaar (nie opgehoopte waardevermindering nie)
Is gelyk aan
Boekwaarde aan die einde van die finansiële jaar volgens balansstaat
Deel 8 - Geografiese verspreiding van die werksaamhede van hierdie onderneming
Getal
Hoeveel takke het hierdie onderneming? ...
Dui die verspreiding van die getal werknemers, salarisse en lone, bonusse, toelaes, byvoordele, inkomste en uitgawes van hierdie onderneming op 'n takbasis op die onderstaande tabel aan. Toon ook aan in watter dorp/stad en provinsie elke tak geleë is.
Notas
Verstrek die getal werknemers soos op die laaste betaaldag van die opnametydperk waarna hierdie vraelys verwys.
Indien presiese waardes nie geredelik beskikbaar is nie, verstrek ramings, uitgedruk as persentasie.
Hierdie gedeelte moet vir al die takke van u onderneming voltooi word. Indien u meer takke het as waarvoor hier voorsiening gemaak is, dupliseer asseblief hierdie twee bladsye en heg dit aan u vraelys.
Dorp of stad
Getal takke per dorp of stad
Provinsie
Alle werknemers
Getal werk-nemers
Salarisse en lone, bonusse, toelaes en byvoordele betaal aan werknemers gedurende die opname tydperk van totale salarisse en
R '000 of lone, ens.
e f bv.
Pretoria
Voorbeeld
Neem as voorbeeld 'n onderneming wat uit twee takke bestaan met 20 werknemers, en hulle totale salarisse en lone beloop R1 miljoen.
Die totale inkomste en uitgawes van die onderneming is onderskeidelik R3 miljoen en R2,6 miljoen.
Die tak in Bloemfontein het agt werknemers met salarisse en lone ter waarde van R400 000.
Presiese inkomste en uitgawe syfers vir die onderskeie takke is nie beskikbaar nie. Die tak in Bloemfontein het egter ongeveer 40% van die totale inkomste gegenereer en was verantwoordelik vir ongeveer 42% van die totale uitgawes.
Die inligting van die twee takke moet in die onderstaande tabel verstrek word, soos aangedui.
Totale inkomste
Totale uitgawes
Totale inkomste % van totale
R '000 of inkomste g h
Totale uitgawes % van totale
R '000 of uitgawes i j
