Aansoek om registrasie as 'n bestuursinstrukteur
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die nasionale padverkeersregulasies vereis dat enige persoon wat as 'n bestuursinstrukteur wil optree, by die Departement van Vervoer geregistreer moet wees. Jy moet as 'n instrukteur opgelei word en die voorgeskrewe eksamen slaag. Jy mag slegs vir die klas voertuig waarvoorjy 'n lisensie het bestuursopleiding gee. Die sertifikaat is vir een jaar geldig.
Bo
Stappe om te volg
Doen by enige bestuurslisensietoetssentrum om 'n instrukteursertifikaat aansoek.
Vul vorm RI, Aansoek om registrasie as 'n bestuursinstrukteur, in.
Dien 'n mediese sertifikaat in.
Betaal die voorgeskrewe fooi.
Jy sal na 'n polisiekantoor verwys word om 'n veroordelingsverslag te verkry.
Die toetssentrum sal die aansoek vervolgens na die LUK verwys vir goed- of afkeuring. Indien dit goedgekeur word, sal die toetssentrum die permit uitreik.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die permit behoort binne ses tot agt weke gereed te wees.
Bo
Koste
