TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Suid Afrika en die Wes Kaap
Die Aanmeld van Bedrog en Korrupsie
Die Aanmeld van Bedrog en Korrupsie
BESKRYWING:
Daar is verskeie nasionale en provinsiale instellings wat regeringsbedrog en -korrupsie hanteer. Elkeen van hulle werk met spesifieke soorte sake:
Korrupsie en wanadministrasie deur staatsamptenare
Die Kantoor van die Openbare Beskermer
Klagtes teen die Polisie
Klagtes oor menseregte skendings
Die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie
Die Forensiese Ouditering Komponent van die Provinsiale Administrasie van die Wes-Kaap
Klagtes oor die wangebruik van regeringsvoertuie in die Provinsie
Die Regerings Motorvervoer afdeling van die Departement van Vervoer en Openbare Werke (Wes-Kaap)
Klagtes oor korrupsie en wanoptrede in Wes-Kaapse skole
Klagtes oor die optrede van amptenare van die Stad Kaapstad teenoor die publiek
VOORSKRIFTE:
OPENBARE BESKERMER
Die Kantoor van die Openbare Beskermer is volgens die Grondwet in die lewe geroep om klagtes van die publiek teen regeringsagentskappe of staatsamptenare te hanteer en te ondersoek. Die Openbare Beskermer het die mag om regstellende stappe aan te beveel en verslae uit te reik. Die Openbare Beskermer dien vir sewe jaar, totdat die President 'n nuwe Openbare Beskermer aanstel.
Die Openbare Beskermer se dienste is gratis en vir almal beskikbaar. As jy 'n klagte by die Kantoor van die Openbare Beskermer indien, sal hulle die saak ondersoek. As die klagte geregverdig is, sal hulle die saak probeer regstel. Die Openbare Beskermer hanteer klagtes vertroulik.
Die Openbare Beskermer kan staatsamptenare op enige vlak ondersoek. Dit sluit nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede in, asook enigeen wat 'n taak verrig soos:
n staatswerknemer n polisielid (Jy kan ook die OKD skakel)
Die Openbare Beskermer moet kyk na klagtes oor:
die misbruik van mag onregverdige, wisselvallige, onhoflike of ander onbehoorlike gedrag onregverdigbare vertragings menseregte skendings (jy kan ook die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissieskakel)
wanadministrasie oneerlikheid of onbehoorlike gebruik van openbare geld onbehoorlike verryking onbehoorlike bevoordeling.
Die Openbare Beskermer ondersoek nie die volgende soort klagtes nie:
hofbevele en -vonnisse indiwidue se private optrede private maatskappye private dokters en prokureurs.
Hoe om Klagte by die Openbare Beskermer in te Dien
As 'n bevooroordeelde besluit van 'n staatsamptenaar jou raak, moet jy eers:
Met die betrokke amptenaar of amptenare praat.
Dan moet jy aan die persoon wat beheer oor die amptenaar of amptenare voer, skryf.
Daarna moet jy jou Lid van die Nasionale of Provinsiale Parlement nader.
Dan kan jy aan die Openbare Beskermer skryf.
As jy aan die Openare Beskermer skryf, moet jy die volgende inligting insluit:
Die aard van jou klagte.
Die agtergrond tot jou klagte.
Die redes waarom jy voel jou klagte behoort deur die Openbare Beskermer ondersoek te word.
Wat jy gedoen het om die probleem self op te los (indien van toepassing). Noem die name van die amptenare met wie jy te doen gehad het, gee die datums en verduidelik wat gesê is. Afskrifte van enige korrespondensie tussen jou en die amptenare moet by jou brief ingesluit word.
Gee 'n telefoonnommer waar jy bereik kan word, as jy een het.
In sommige gevalle kan die Openbare Beskermer 'n beëdigde verklaring vereis voordat ondersoek ingestel word.
As jy onseker is of jou probleem iets is wat die Openbare Beskermer sal ondersoek, of as jy nie kan skryf nie, kan jy die Openbare Beskermer se kantoor bel. Daar is opgeleide professionele personeel wat na jou probleem, groot of klein, sal luister, en ondersoek sal instel.
Jy kan ook, as jy dit verkies, die Kantoor vir 'n onderhoud of 'n konsultasie besoek. Dit is beter om eers te skryf en vir 'n onderhoud te vra.
Kontak Besonderhede
Hoofkantoor
Privaatsak X677, Pretoria, 0001
Tel: 012 322 2916
Faks: 012 322 5093
Die Wes-Kaapse Provinsiale Kantoor
Tel: 021 423 8644
Faks: 021 423 8708
Enige onreëlmatighede in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering kan by die Forensiese Ouditering Komponent van die Provinsiale Administrasie aangemeld word. Dit sluit voorvalle van korrupsie, bedrog, diefstal en die misbruik van regeringseiendom in.
Onreëlmatighede kan naamloos per telefoon, pos, faks of e-pos aangemeld word by:
Faks: 021 426 2649
Om te verseker dat sake behoorlik ondersoek kan word, word volledige inligting oor die beweerde onreëlmatigheid vereis. As jy iets wil aanmeld, moet jy soveel van die volgende inligting as moontlik probeer verskaf:
Wat die aard van die onreëlmatigheid is (byvoorbeeld diefstal, korrupsie, bedrog).
Hoe en waar die onreëlmatigheid gebeur het.
Of dit 'n voortslepende probleem is en hoe lank dit al voorkom.
Enige bewyse wat jy oor die onreëlmatigheid het. Weet jy byvoorbeeld, in die geval van diefstal, waar die gesteelde goed geberg word?
Weet enigiemand anders van die onreëlmatigheid en sal hulle bereid wees om inligting aan die ondersoekbeampte te gee?
Kan jy 'n geldelike waarde aan die onreëlmatigheid koppel?
Die verdagte amptenare:
Wat is die verdagte staatsamptenare se name, vir watter Departemente werk hulle en wat is hulle poste?
Wat is die name van enige ander mense wat betrokke is?
Was die verdagte amptenare voorheen by ander onreëlmatighede betrokke?
Die Klaer
Het jy dié onreëlmatigheid vantevore aangemeld? Indien wel, by wie en watter opvolgoptrede was daar?
Het jy gesien hoe die onreëlmatigheid gebeur, of hoe het jy daarvan te wete gekom?
Is jy bereid om 'n beëdigde verklaring af te lê en te getuig?
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Openbare Beskermer
VERWANTE INLIGTING
Klagtes oor Menseregteskendings (Diens)
Beweerde Misbruik van Staatsmotorvoertuie (Diens)
Meld Maatskaplike Welsynsbedrog Aan (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 April 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
