TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Sektor Onderwys en Opleiding
Kort Kursusse in Landbou
Kort Kursusse in Landbou
BESKRYWING:
Die Wes-Kaapse Landboudepartement bied deur die jaar 'n reeks kort kursusse aan. Onder die gebiede wat gedek word is:
algemene landbou groente- en vrugteproduksie wingerdbou veeteelt landbou-ingenieurswese, -bestuur en -ekonomie geestes- en maatskaplike wetenskappe
Die prospektus gee 'n volledige lys van alle kort kursusse wat aangebied word en 'n kursusskedule gee besonderhede oor die maandelikse kursusse.
VOORSKRIFTE:
Kursusse word net aangebied as 'n voorgeskrewe aantal studente aansoek gedoen het, gewoonlik 'n minimum van 8 en 'n maksimum van 25 studente. Kursusse kan op ander plekke as die Elsenburgkampus aangebied word indien nodig en as die toerusting beskikbaar is. Bykomende opvolgopleidingsessies op plase en op ander plekke kan gereël word teen voorgeskrewe tariewe.
Studiemateriaal is beskikbaar in Afrikaans en Engels of in die voorkeurtaal wat deur die deelnemer aangedui word. Aansoekers wat 'n ander taal versoek as dié wat met die kursus beskikbaar is, sal reëlings moet tref vir 'n tolk.
Kursusse voldoen aan SAKA-goedgekeurde eenheidstandaarde en deelnemers kan beoordeel (of ge-eksamineer) word volgens die toepaslike kriteria. Deelnemers kan besluit of hulle beoordeel wil word of nie. Deelnemers wat nie beoordeel word nie, of nie slaag nie, kry 'n Sertifikaat van Bywoning, terwyl suksesvol beoordeelde deelnemers 'n Sertifikaat van Bevoegdheid sal kry na die voltooiing van 'n kursus. Hulle kry ook krediete vir die eenheidstandaarde wat deur die kursus gedek word.
Hoe om in te skryf vir 'n kursus
Kursusdeelnemers moet 'n registrasievorm invul. Die voltooide registrasievorm kan gestuur word aan die naaste opleidingsentrum of gefaks, gepos of per e-pos gestuur word aan:
Faks: 021 808 7652
Besprekings sluit 2 weke voor die aanvangsdatum van die kursus. Deelnemers kan die kursusgeld direk in die departement se bankrekening inbetaal of by die opleidingsentrum tydens registrasie. 'n Afskrif van die bewys van betaling moet gefaks word aan:
Faks: 021 808 7652
Bevestiging van kursusbesprekings word gestuur aan deelnemers nadat die kursusgeld ontvang is. Deelnemers moet hulle ID-boekies by hulle hê met registrasie.
Kursusgeld
Die koste verskil afhangende van waar die kursus aangebied word.
R50 per persoon per dag (Op 'n ander plek as 'n opleidingsentrum)
R70 per persoon per dag (By 'n opleidingsentrum)
R120 per persoon per dag (By 'n opleidingsentrum, met verblyf en maaltye ingesluit)
Die tariewe sluit BTW in en geld sal nie terugbetaal word as bywoning gekanselleer word minder as 'n week voor die aanvangsdatum van die kursus nie. Lesingsmateriaal word verskaf.
Betalingsbesonderhede
Kursusgeld vir enige kursus by enige opleidingsentrum kan direk inbetaal word in die Landboudepartement se bankrekening:
Departement Landbou
Rekeningnommer: 405 491 0586
Takkode: 638909
Bewys van betaling moet die volgende aandui:
Titel van kursus
Datum van kursus
Bewys van betaling moet gefaks word aan:
Faks: 021 808 7652
Skakel vir algemene navrae en besprekings:
Tel: 021 808 7708
Faks: 021 808 7652
Tel: 044 803 3700
Faks: 044 874 7730
Sel: 082 901 1730
Klein Karoo-opleidingsentrum
Klaas Eland
Tel: 044 272 6077
Faks: 044 272 3141
Sel: 082 909 3959
Tel: 027 482 1362
Faks: 027 482 1362
Sel: 082 885 5871
Vir navrae oor spesifieke vakke, skakel:
Groenteproduksie
Tel: 021 808 5486
Sel: 083 909 3958
Wingerdbou en olyfproduksie
Tel: 021 808 5482
Sel: 083 649 6945
Vrugteproduksie
Tel: 021 808 7668
Sel: 083 642 0609
Veeteelt
Tel: 021 808 5252
Sel:083 641 5162
Landbou-ingenieurswese
Tel: 021 808 7667
Sel: 083 642 0607
Maatskaplike Wetenskap
Tel: 021 808 5452
Sel: 082 808 0989
Landbou-ekonomie / Landboubestuur sal later in 2006 aangebied word.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 April 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
