TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Regering en Demokrasie
Munisipale of Plaaslike Regering
Munisipale Dienste
Gratis Water en Elektrisiteit
Gratis Water en Elektrisiteit
BESKRYWING:
Die regering het 'n plan aangekondig om gratis basiese water- en elektrisiteitdienste vir almal te verskaf. Daar is ook 'n inisiatief vir gratis sanitasiedienste.
Hoewel dit 'n Nasionale besluit is, word water, sanitasie en elektrisiteit deur plaaslike owerhede verskaf. Die gevolg is dat die eintlike verskaffing van dié gratis dienste die verantwoordelikheid van jou plaaslike munisipaliteit is.
Teen Julie 2001 het bykans 23-miljoen mense in Suid-Afrika reeds Gratis Basiese Water ontvang.
Die uiteindelike doel is om aan arm huishoudings gratis 'n basiese voorraad van 6 000 liters veilige water per maand te verskaf. Dit kan van munisipaliteit na munisipaliteit wissel en jy moet jou munisipaliteit direk skakel om uit te vind presies watter gratis basiese waterdiens hulle verskaf.
As jy meer water as die gratis voorraad gebruik, moet jy daarvoor betaal.
Meer inligting is by jou plaaslike munisipaliteit beskikbaar, of by:
Departement van Waterwese en Bosbou
Tel: 021 946 3666
Faks: 012 323 3877
GRATIS ELEKTRISITEIT
Gratis elektrisiteitdienste is spesifiek op arm huishoudings toegespits. Dié huishoudings sal 'n klein hoeveelheid elektrisiteit gratis kry, maar hulle moet vir enige elektrisiteit wat bo die basiese diensvlak gebruik word, betaal.
Die voorgestelde hoeveelheid gratis elektrisiteit is 50kWh per huishouding per maand vir 'n netwerk-baseerde stelsel. Dit is min of meer die hoeveelheid energie wat nodig is vir basiese beligting, 'n klein swart-en-wit tv-stel en 'n klein radio, basiese strykwerk en die basiese kook van water met 'n elektriese ketel. 50Wp sal per nie-netwerk gekoppelde voorsieningstelsel verskaf word vir alle huishoudings wat aan die amptelike nie-netwerk stelsels gekoppel is.
Gebruikers wat voorafbetaalde elektrisiteitmeters het, sal kan sien wanneer die gratis elektrisiteit opgebruik is en sal self vir nog elektrisiteit kan betaal. Gebruikers met kredietmeters sal nie maklik kan sien wanneer hulle eenhede opgebruik is nie. Hulle sal aan die einde van elke maand vir die bykomende gebruik geëis word.
Gratis Basiese Elektrisiteit sal van Julie 2003 af ingestel word, nadat Munisipaliteite hulle fondse van die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering ontvang het.
Kry meer inligting by jou plaaslike munisipaliteit, of tree in verbinding met:
Die Direkteur Elektrisiteitbeleid Ontleding en Regulering
Departement van Minerale en Energie
Privaatsak X59, Pretoria, 0001
Tel: 012 317 9519
Faks: 012 317 9539
SANITASIE
Na die suksesvolle instelling van die Gratis Basiese Water-program, is die Departement van Waterwese en Bosbou nou besig om 'n Nasionale Gratis Basiese Sanitasie-strategie te ontwikkel. Dit word gedoen onder die leiding van die Nasionale Gratis Basiese Water en Sanitasie Taakspan, waarvan SALGA die voorsitter is en wat deur DWWB koördineer word. Die doel is om 'n aanpasbare nasionale strategie te ontwikkel, wat die uitgebreide kennis en praktiese ervaring binne die water- en sanitasiesektor saamvat.
Wanneer die strategie afgehandel is, sal dit deur die plaaslike owerhede wat sanitasiedienste verskaf ingestel word.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit
Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit
VERWANTE INLIGTING
Lewering van Basiese Dienste: Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram (GMIP) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Mei 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
