






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Vervoer > Lisensies, Permitte en Sertifikate

LISENSIES, PERMITTE EN SERTIFIKATE

Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.


Aansoeke om 'n Openbare Pad vir Verfilmingdoeleindes te gebruik
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad vir verfilmingsdoeleindes te gebruik. Die permitaansoek wat ingevul moet word hang daarvan af of die pad waar die verfilming gaan plaasvind 'n munisipale pad of 'n provinsiale pad is. U kan die Kaapse Filmkommissie ... &nbsp;&gt;&nbsp;


Aansoeke om Bestuursinstrukteursertifikaat
Alle bestuursinstrukteurs moet registreer. Om 'n instrukteursertifikaat te bekom, word u kriminele rekord nagegaan, 'n mediese sertifikaat moet aan u uitgereik word en u moet 'n instrukteurstoets slaag. &nbsp;&gt;&nbsp;


Aansoeke om Gebruik van 'n Openbare Pad vir Sportdoeleindes
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad te gebruik om 'n gebeurtenis soos 'n sportbyeenkoms aan te bied. &nbsp;&gt;&nbsp;


Aansoeke om Leerlinglisensies
Voordat 'n persoon om 'n bestuurslisensie aansoek kan doen, moet hy of sy in besit van 'n leerlinglisensie wees. 'n Mens kan 'n leerlinglisensie vir 'n motorfiets groter as 125 cc, 'n motor, minibus, klein goederevoertuig of 'n groter voertuig kry indien u ouer as ... &nbsp;&gt;&nbsp;


Aansoeke om Motorhandelnommers
Vervaardigers, bouers en invoerders van voertuie mag ongeregistreerde voertuie op openbare paaie bestuur met 'n motorhandelnommer. Dit word slegs vir die volgende doeleindes toegeken:aan 'n voertuigvervoerder om 'n motorvoertuig af te lewer, aan 'n motorhandelaar om 'n motorvoertuig af te lewer, te verkoop, te ruil ... &nbsp;&gt;&nbsp;


Aansoeke om Openbare Bedryfslisensies
Voordat u passassiers teen betaling mag vervoer, moet u 'n openbare bedryfslisensie h. &nbsp;&gt;&nbsp;


Aansoeke om professionele bestuurspermitte
Om sekere tipes voertuie te bestuur, word 'n professionele bestuurpermit bykomend tot 'n bestuurslisensie vereis. &nbsp;&gt;&nbsp;


Bestuurslisensies
Alle Suid-Afrikanerbestuurders moet in besit wees van 'n kredietkaartformaatbestuurslisensie. Die kaart word outomaties uitgereik wanneer 'n nuwe bestuurder 'n lisensie ontvang. &nbsp;&gt;&nbsp;


Motorvoertuigregistrasie-inligting
Indien u die registrasie-inligting van 'n voertuig wil uitvind, kan u 'n motorvoertuigregistrasiesentrum nader. Die voertuigbesonderhede kan nie bekend gemaak word nie, maar enige inligting wat u reeds het kan bevestig word. &nbsp;&gt;&nbsp;


Padwaardigheidtoetsing
'n Padwaardigheidsertifikaat kan bekom word by enige private of staats- voertuigtoetssentrum. &nbsp;&gt;&nbsp;


Parkeerskyfies vir Gestremdes
As jy 'n gestremdheid het, kan jy by die munisipaliteit aansoek doen vir 'n parkeerskyfie vir gestemdes. Die skyfie laat jou toe om in aangewese parkeerplekke vir gestremdes te parkeer en skeld jou in sekere omstandighede vry van parkeerrels. &nbsp;&gt;&nbsp;


Permitte vir Abnormale Vragte en Voertuie
'n Permit word vereis om abnormale vragte en voertuie te vervoer. Die vereistes vir 'n permit hang af van die grootte en aard van die vrag of voertuig. &nbsp;&gt;&nbsp;


Registrasie as Nommerplaatvervaardiger
Ingevolge die Nasionale Padverkeerswet moet enige persoon wat nommerplate vervaardig of verkoop, geregistreer wees. &nbsp;&gt;&nbsp;


Registrasie van 'n Bestuurslisensietoetssentrum
Indien u 'n bestuurslisensietoetssentrum wil oopmaak, moet die sentrum by die Minister van Vervoer geregistreer word. &nbsp;&gt;&nbsp;


Registrasie van Motorvoertuigtoetssentrum
Alle motorvoertuigtoetsstasies moet geregistreer en gegradeer word voordat hulle geldige padwaardigheidsertifikate kan uitreik. &nbsp;&gt;&nbsp;


Registrasie van Vervaardigers, Invoerders en Bouers van Motorvoertuie
Alle voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig, gebou of na Suid-Afrika ingevoer word, moet geregistreer word voordat dit versprei of verkoop word. &nbsp;&gt;&nbsp;


Registrasie van Voertuigondersoeker en Bestuurslisensie-eksamineerder
Lisensie-inspekteurs, voertuigondersoekers, bestuurslisensie-eksamineerders, verkeersbeamptes en verkeersopsigters moet geregistreer word. &nbsp;&gt;&nbsp;


Spesiale Nommerplate vir Motorvoertuie
Motorvoertuigeienaars kan aansoek doen om spesiale en verpersoonlikte nommerplate. &nbsp;&gt;&nbsp;


Voertuigklaringsertifikate
Indien u motor se enjinnommer of onderstelnommer verander het, word van u vereis om 'n klaringsertifikaat te bekom voordat die voertuig herregistreer kan word. &nbsp;&gt;&nbsp;


Voertuiglisensies
Volgens wet moet 'n voertuig jaarliks gelisensieer word. Dit is die plig van die voertuigeienaar om seker te maak dat die lisensie hernu word voordat dit verval. Indien die lisensie nie hernu is nie, is u aanspreeklik vir betaling van laatbetalingboetes. &nbsp;&gt;&nbsp;


Voertuigregistrasie
Wetgewing vereis dat alle voertuigeienaars hulle voertuie registreer wanneer hulle aangeskaf word. Die voertuigregistrasie word op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaVIS) opgeteken. &nbsp;&gt;&nbsp;


Weegbrugsertifikate
Voordat u 'n opgeboude voertuig kan registreer, moet u 'n weegbrugsertifikaat bekom. &nbsp;&gt;&nbsp;



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Julie 2007 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





