TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Maatskaplike Dienste
Vroue
Skuilings vir Mishandelde Vroue
Skuilings vir Mishandelde Vroue
BESKRYWING:
Daar is 'n aantal skuilings vir mishandelde vroue in die Wes-Kaap wat geregistreer is by die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting. Vroue wat beskerming nodig het kan direk met die skuiling in verbinding tree, of 'n maatskaplike werker by die naaste distrikskantoor van die departement, of die naaste polisiekantoor vra vir bystand om 'n skuiling te skakel. Vroue in dié posisie moet dit ook oorweeg om aansoek te doen om 'n beskermingsbevel. Vroue wat mishandel word deur mense wat verslaaf is aan dwelms of alkohol kan dit ook oorweeg om aansoek te doen om die aanrander opgeneem te kry in 'n dwelmbehandelingsentrum. As dit bekend is dat die aanrander 'n gelisensieerde vuurwapen het, kan 'n aansoek om die vuurwapen te laat verwyder ook oorweeg word.
VOORSKRIFTE:
Skakel of gaan direk na 'n skuiling, of vra hulp oor hoe om by die naaste skuiling uit te kom by die naaste distrikskantoor of by die naaste polisiekantoor.
VERSKAF BY:
Skuilings vir Mishandelde Vroue
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Beskerming teen huishoudelike mishandeling (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
