TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Lewe en Familie
Geboorte
Registrering van die Geboorte van jou Kind
Registrering van die Geboorte van jou Kind
BESKRYWING:
Jy moet jou kind se geboorte binne 30 dae laat registreer.
As jy nie jou kind se geboorte binne die eerste 30 dae laat registreer nie, sal jy meer besonderhede vir die registrasie moet gee:
Registrasie binne 30 dae
Registrasie na 30 dae, maar binne een jaar
Registrasie na een jaar, maar binne 15 jaar
Registrasie na 15 jaar
Kinders wat buite Suid-Afrika gebore is
Kontakbesonderhede
Let wel: Jy hoef nie 'n geboorte te laat registreer as die baba nie lewend gebore is nie.
VOORSKRIFTE:
REGISTRASIE BINNE 30 DAE
Om jou kind te laat registreer, moet jy die BI-24-vorm invul en dit by die naaste kantoor van Binnelandse Sake inhandig. Die vorm bevat 'n beskrywing van die kind (geslag, ensovoorts), sowel as die kind se naam en van. Die ouers moet hulle ID's en die kind se hospitaalsertifikaat of kliniekkaart saambring.
REGISTRASIE NA 30 DAE, MAAR VOOR EEN JAAR
As jy jou kind nie binne die eerste 30 dae laat registreer het nie, maar hy of sy nog jonger as 'n jaar is, moet jy die BI-24-vorm invul en verduidelik hoekom die kind se geboorte nie binne die 30 dae-tydperk geregistreer is nie.
REGISTRASIE NA EEN JAAR, MAAR VOOR 15 JAAR
As die kind meer as 'n jaar oud is, maar nog jonger as 15, moet jy die BI-24/1-vorm invul en dit saam met geskrewe redes indien waarom die geboorte nie in die 30-dae tydperk aangegee is nie. Kry asseblief:
Beëdigde verklarings deur die ouers, of as die ouers oorlede is, deur 'n naasbestaande wat minstens 10 jaar ouer as die kind is, waarin die kind se identiteit en status bevestig word.
Dokumentasie wat die identiteit en status van die kind bewys, byvoorbeeld:
n Sertifikaat van die hospitaal of kraaminrigting waar die kind gebore is, wat deur die persoon in bevel onderteken is en die instelling se amptelike stempel bevat.
Bevestiging van die kind se persoonlike besonderhede uit die skoolregister van die eerste skool wat die kind bygewoon het. Die bevestiging moet op die skool se amptelike briefhoof wees, moet deur die skoolhoof onderteken wees en moet die skool se amptelike stempel op hê.
Die kind se doopsertifikaat.
In die geval van 'n weggooikind, 'n maatskaplike werker se verslag.
Die kind se kliniekkaart.
Die kind se skoolrapporte.
REGISTRASIE NA 15 JAAR
As jy ouer as 15 is en nie geregistreer is nie, moet jou geboorteregistrasie-aansoek saam met jou aansoek om 'n identiteitsdokument ingedien word. Jy moet 'n BI-24/15-vorm indien, sowel as 'n BI-9-vorm (wat die aansoek om 'n identiteitsdokument is).
Kry asseblief:
Beëdigde verklarings deur die ouers of, as die ouers oorlede is, deur 'n naasbestaande wat minstens 10 jaar ouers as die kind is, wat die kind se identiteit en status bevestig.
Dokumentasie wat jou identiteit en status bewys, byvoorbeeld:
n Sertifikaat van die hospitaal of kraaminrigting waar jy gebore is, wat deur die persoon in bevel onderteken is en die instelling se amptelike stempel bevat.
Bevestiging van jou persoonlike besonderhede uit die skoolregister van jou eerste skool. Die bevestiging moet op die skool se amptelike briefhoof wees, moet deur die skoolhoof onderteken wees en moet die skool se amptelike stempel bevat.
Jou doopsertifikaat.
As jy 'n weggooikind is, 'n maatskaplike werker se verslag.
Jou kliniekkaart.
Jou skoolrapporte.
KINDERS WAT BUITE SUID-AFRIKA GEBORE IS
As jou kind buite Suid-Afrika gebore is maar een van die ouers 'n Suid-Afrikaanse burger is, kan jy die kind se geboorte by die Suid-Afrikaanse Ambassade of Sending laat registreer.
Jy sal die registrasievorm (BI-24, BI-24/1 of BI-24/15) moet invul en dit indien saam met:
n BI-529-burgerskapvraelys n gesertifiseerde afskrif van die kind se buitelandse geboortesertifikaat wat die ouers se volle besonderhede bevat in die geval van kinders wat 15 jaar en ouer is, 'n BI-9-aansoek om 'n identiteitsdokument.
KONTAKBESONDERHEDE
Besoek vir meer inligting die Departement van Binnelandse Sake se webblad of tree in verbinding met jou naaste binnelandse sakekantoor.
VERSKAF BY:
Binnelandse Sake-kantore
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Binnelandse Sake (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Die registrasie van 'n kind se geboorte is gratis.
VERWANTE INLIGTING
Aansoek om 'n Geboortesertifikaat (Diens)
Registrasie van aanneming (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 Oktober 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
