TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Seksueel Oordraagbare Infeksies
Seksueel Oordraagbare Infeksies
BESKRYWING:
Seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) word van een persoon na 'n ander deur seksuele kontak versprei. Hierdie infeksies veroorsaak Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS'e) wat algemeen voorkom, wat pyn kan meebring en wat onvrugbaarheid en sterfte kan veroorsaak indien dit nie behandel word nie. Van die algemene SOS'e is gonorree, trigomoniase, Chlamydial-infeksie en sifilis. Genitale vratte word deur die menslike papilloomvirus veroorsaak en sommige subtipes hiervan is vir die meeste gevalle van servikale kanker verantwoordelik.
Die meeste SOS'e kan behandel en genees word. Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) en die seksueel oordraagbare virus - Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) - wat vigs veroorsaak, kan egter nie genees word nie. MIV kan deur seksuele kontak, deur bloed en deur 'n swanger vrou aan haar kind gedurende swangerskap, geboorte, of borsvoeding oorgedra word. Alhoewel MIV nie genees kan word nie, kan die nagevolge daarvan soms vir 'n tydperk gestuit word.
Dit is belangrik om te onthou dat ander SOS'e soos sifilis en vaginale sproei 'n persoon se kanse om MIV te kry of dit aan ander oor te dra, verhoog. Dit is 'n goeie rede vir mense met SOS'e om dadelik behandeling te kry en indien moontlik getoets te word vir MIV en berading te ontvang. Dit kan by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums gedoen word.
Die Direktoraat vir MIV/vigs het 'n SOS-loodsprogram met 'n paar algemene praktisyns (AP's) in die Provinsie begin. Die program maak berading, diagnose en behandeling van SOS'e in 'n alternatiewe omgewing as 'n primêregesondheidsorgfasiliteit beskikbaar. Die AP sal 'n kliniese ondersoek en behandeling vir SOS'e verskaf indien nodig. Die kliënt sal konsultasiegelde moet betaal, maar die medikasie sal gratis verskaf word. Vind by jou plaaslike primêregesondheidsorgfasiliteit uit waar jy een van hierdie AP's kan vind.
BELANGRIK: Jy kan gewoonlik nie merk dat 'n persoon 'n SOS het nie; mense met SOS'e, insluitend MIV-positief, lyk gewoonlik nie siek nie. Dit kan van drie tot tien jaar neem voordat 'n persoon met MIV simptome toon.
VOORSKRIFTE:
Alle primêregesondheidsorgklinieke of -sentrums kan vir SOS'e toets en dit behandel. Indien nodig, kan persone verwys word na hospitale (sekondêre of tersiêre vlak) vir verdere toetsing en behandeling. Persone wat vir die eerste keer die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal vereis word wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal jou vra vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5). Bring jou hospitaalkaart saam as jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
VERWANTE INLIGTING
Vrywillige Toetsing en Berading (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Julie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
