TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Reproduktiewe gesondheid
Behandeling vir Seksuele Mishandeling/Verkragting
Behandeling vir Seksuele Mishandeling/Verkragting
BESKRYWING:
Die diens is beskikbaar vir alle vroue en mans bo die ouderdom van 14 jaar wat verkrag of seksueel aangerand is. Slagoffers ontvang mediese, sielkundige en forensiese versorging by spesialisklinieke in die provinsie. By die kliniek sal die slagoffer in 'n privaat vertrek/area ondervra word en berading deur 'n gesondheidswerker ontvang. Die gesondheidswerker sal vra of die verkragting by die polisie aangemeld is. Indien, en slegs indien, die slagoffer die verkragting wil aanmeld, sal 'n polisiebeampte gevra word om na die gesondheidsfasiliteit te kom om 'n verklaring af te neem. Die Nasionale Beleidsinstruksies oor Seksuele Misdrywe bepaal dat die slagoffer so gou moontlik medies ondersoek of versorg moet word.
Forensiese monsters word alleenlik met die slagoffer se instemming geneem, en word as mediese bewys bewaar in die geval waar 'n hofsaak gehou word.
Slagoffers van verkragting en aanranding sal behandeling vir seksueel oordraagbare infeksies ontvang.
Vroue kan ook noodkontrasepsie kry indien hulle binne 72 uur nadat hulle verkrag is, by die kliniek aanmeld.
Alle slagoffers sal ná die verkragting berading deur die gesondheidswerker ontvang oor die potensiële risiko's van MIV-oordrag. Indien die slagoffers binne 72 uur ná die verkragting aanmeld, sal die anti-vigsmiddel AZT (Zidovudine) aan hulle aangebied word. Slagoffers wat later as 72 uur ná die verkragting aanmeld, behoort berading te ontvang oor die moontlike risiko dat hulle die MIV kon gekry het en hulle sal 'n datum vir 'n opvolg-afspraak oor ses weke ontvang en ná-verkragtingsberading en MIV-toetsing vir drie maande daarna.
Slagoffers van verkragting sal die opsie gegee word om vir berading na 'n maatskaplike werker/opgeleide berader/privaat terapeut (bv. sielkundige)/Rape Crisis of ander NRO te gaan.
VOORSKRIFTE:
Meld by u naaste gesondheidsorgfasiliteit aan en sê aan hulle dat u verkrag en/of aangerand is.
By die 52 sentrums wat spesiaal verbind is tot dienste vir vroue en mans wat seksueel aangerand en/of verkrag is. Hierdie spesiale klinieke, waarvan die meeste 24 uur per dag oop is, word aangedui in die provinsiale Departement van Gesondheid se beleid en bestuursriglyne vir slagoffers van verkragting en seksuele aanranding.
Verskeie privaat organisasies werk ook in die veld van seksuele misbruik:
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
VERWANTE INLIGTING
Aanmelding van verkragting (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
