






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Rehabilitasie > Gehoor- en Spraakdienste

Gehoor- en Spraakdienste




BESKRYWING:

Baie gestremdhede, insluitend spraak- en gehoorprobleme kom na vore tydens babas en kleuters se roetinetoetse vir ontwikkeling by primregesondheidsorgklinieke. Die kind sal, indien nodig, na 'n gespesialiseerde kliniek verwys word. Terselfdertyd sal die kind na 'n rehabilitasiekundige bv. arbeidsterapeut op primregesondheidsorgvlak (waar beskikbaar) verwys word. Volwassenes en kinders wat later probleme met hulle spraak en gehoor ontwikkel, sal hul primregesondheidsorgkliniek moet besoek waar die omvang van hul gebrek bepaal sal word.

Kinders kan verwys word na 'n spraakterapeut en/of oudioloog by gespesialiseerde klinieke wat in 'n beperkte mate beskikbaar is in die Boland/Overberg streek en in die Weskus/Wynland streek. 'n Diens wat slegs vir binnepasinte is, is beskikbaar in die Kaapse Metropool by die Booth Gedenkhospitaal en die Brooklyn Borshospitaal. Daar is geen dienste in die Suid-Kaap/Karoo nie.
Tygerberg, Groote Schuur en die Rooi Kruis Kinderhospitaal voorsien gehoorapparate.


VOORSKRIFTE:

Diegene wat die kliniek/sekondre of tersire hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal vir die pasint oopgemaak word. Indien u 'n hulptoestel soos 'n gehoorapparaat nodig het, moet u vra om die suster vir ortopediese nasorg of fisioterapeut/arbeidsterapeut by die naaste kliniek of gemeenskapgesondheidsentrum/distrikhospitaal te sien. Bring u ID en, in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)


PRYS:

Dienste op primregesondheidsvlak is gratis. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos gehoorapparate in. Die gratis diens omvat mense met permanente gestremdhede wie se vermo om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Hulptoestelle (Diens)
* Rehabilitasiedienste (Diens)
* Geriatriese Sorg (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Januarie 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





