TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Rehabilitasie
BESKRYWING:
Die hele Wes-Kaap word deur 'n enkele Ortotiese en Prostetiese Sentrum in Pinelands, Kaapstad, bedien.
Ortotiese toestelle word gebruik om die funksionele beweeglikheid van 'n gestremde persoon te optimeer, bv. skoeninsetsels en enkel-voet-ortose wat gebruik word om die enkel na 'n beroerte te stabiliseer. Hierteenoor vervang prostetiese toestelle 'n liggaamsdeel na die verlies van 'n ledemaat, óf by geboorte óf as gevolg van 'n ongeluk. Die sentrum is verantwoordelik vir die lewering van ortotiese en prostetiese dienste aan al vier die Wes-Kaapse streke, met die uitsondering van die Suid-Kaap/Karoo wat hierdie diens aan 'n private diensverskaffer uitgekontrakteer het.
U moet deur 'n ortopediese chirurg, ortopediese suster, fisioterapeut óf 'n arbeidsterapeut na die Pinelands sentrum verwys word. Personeel verbonde aan die sentrum bied een keer elke drie maande uitreikdienste by satellietklinieke in die onderskeie streke aan.
Ysterbeenstutte is beskikbaar vir mense met polio, neurologiese afwykings, beroerte of lae spiertonus.
VOORSKRIFTE:
Mense wat 'n fisiese of geestesongeskiktheid het, moet eers seker maak of daar 'n diens op primêre gesondheidsorgvlak is. Waar nodig sal hulle verder verwys word.Diegene wat die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u ID, of in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. U moet na die Pinelands sentrum verwys word.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels in. Die gratis diens omvat mense met permanente gestremdhede wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word.
VERWANTE INLIGTING
Hulptoestelle (Diens)
Rehabilitasiedienste (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
