






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Rehabilitasie > Hulptoestelle

Hulptoestelle




BESKRYWING:

Hierdie diens het ten doel om hulptoestelle soos rolstoele en loophokke en gehoortoestelle aan mense wat dit nodig het, te voorsien en voor te skryf dit in stand te hou en weer bruikbaar te maak.

Daar is verskeie sentrums in die streke waar hulptoestelle in stand gehou en herstel kan word:


* Metropool - Conradie Hospitaal in Kaapstad
* Boland /Overberg - Bravelskloof Rehabilitasiesentrum
* Daar is ses terreine in die Weskus/Wynland-streek wat by die volgende hospitale gele is: Stellenbosch, Paarl, Citrusdal, Clanwilliam, Vredendal en Vredenburg.
* Die Suid-Kaap/Karoo het vyf terreine: George, Oudtshoorn, Beaufort-Wes, Plettenbergbaai en Mosselbaai.

Daar is in die algemeen 'n tekort aan hulptoestelle regoor die Wes-Kaap. Dienste is in die rel afhanklik van donasies vir tweedehandse items en die aankoop van nuwe toerusting.


VOORSKRIFTE:

Om 'n rolstoel of 'n oop karretjie (stootwaentjie) - in die geval van kinders - te bekom, moet u na die naaste primre gesondheidsorgsentrum gaan wat hierdie diens aanbied. U sal deur 'n arbeidsterapeut, fisioterapeut of suster vir ortopediese nasorg geassesseer word en 'n besluit rakende die mees gepaste hulptoestel, indien nodig, sal gemaak word.Diegene wat die kliniek of sekondre of tersire hospitaal vir die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal oopgemaak word. Bring u ID, of in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. Indien u 'n hulptoestel nodig het, moet u vra om die suster vir ortopediese nasorg of fisioterapeut/arbeidsterapeut by die naaste kliniek of gemeenskapgesondheidsentrum/distrikhospitaal te sien.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (The Government of South Africa)


PRYS:

'n Rolstoel, waarop die pasint lewensgebruik het, kos omtrent R395. Die oop karretjie kos R250 en moet aan die staat terugbesorg word wanneer dit nie meer gebruik word nie. Die oop karretjie sal herverkoop word, maar teen 'n laer koste. Alle hulptoestelle kan in maandelikse paaiemente afbetaal word. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos rolstoele en gehoortoestelle in. Die gratis diens behoort mense met permanente gestremdhede in te sluit wie se vermo om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word, asook ouer mense wat as verswak beskou word, en langtermynpasinte in inrigtings vir geestesgesondheidsorg. Die maatstawwe vir assessering en die wyse waarop dit toegepas gaan word, word tans ondersoek.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Geriatriese Sorg (Diens)
* Rehabilitasiedienste (Diens)
* Donating Wheelchairs to the Western Cape Rehabilitation Centre (WCRC) (Riglyne/Handleidings en Voorskrifte ) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





