TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Moeder- en Vrouegesondheid
Voorgeboortedienste
Voorgeboortedienste
BESKRYWING:
Swanger meisies en vroue word na moedersorgdienste of obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's) in stedelike gebiede verwys, en na satelliet- of vaste klinieke in die plattelandse gebiede. OEV's is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Dit is raadsaam vir verwagtende moeders om hulle eerste besoek aan die kliniek voor 20 weke te reël, of so gou moontlik daarna.
Die moeder word 'n volle aanvanklike assessering gegee en kry voorligting ten opsigte van wanneer sy vir haar eerste voorgeboortebesoek moet kom. Die swangerskap word deur gereelde opvolgbesoeke gemoniteer. Die moeder se gesondheid word ook deeglik gemoniteer. Sy word geweeg, haar bloeddruk word geneem en haar urine getoets. As daar geen komplikasies is nie, behoort sy ná twee weke vir haar eerste opvolgbesoek na die kliniek terug te kom vir die uitslae van die toetse wat tydens die eerste besoek gedoen is. Hierna moet sy elke ses weke na die kliniek terugkeer tot op 28 weke, dan op 34 weke, en daarna soos aangedui deur die kliniek-/OEV-personeel. (Die frekwensie van besoeke kan van gebied tot gebied verskil.)
Swanger moeders word gesif vir moontlike risiko's vir hulle gesondheid en die gesondheid van die fetus. Sowel tienermeisies as vroue ouer as 35 jaar wat swanger is, word as hoërisikogevalle beskou. Dit beteken hulle is meer geneig om komplikasies tydens swangerskap en die geboorte te ondervind. Swanger vroue kan ook as hoërisikopasiënte beskou word indien hulle verhoogde bloeddruk het, 'n geskiedenis van genetiese afwykings, 'n meerling-swangerskap of as hulle voorheen chirurgie, soos 'n keisersnee, gehad het. Moeders wat as hoërisikogevalle, gediagnoseer word, word verder na die voorgeboorteklinieke vir buitepasiënte by die sekondêre- of tersiêrevlakhospitale verwys, waar verdere ondersoeke en siftingstoetse uitgevoer word. Moeders met hoërisiko- swangerskappe word aangeraai om voorgeboorteklinieke vir buitepasiënte so dikwels nodig by te woon.
VOORSKRIFTE:
As u 'n gesondheidsorgfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. In stedelike gebiede word laerisiko-swangerskappe deur die OEV's (kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskappe bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte) gehanteer, en op die platteland deur satelliet- en vaste klinieke. Hoërisiko-swangerskappe word deur buitepasiëntklinieke by stedelike en plattelandse streekhospitale en tersiêre hospitale gehanteer.
VERSKAF BY:
Vroedvrou- Obstetriese Eenhede
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Dienste is gratis.
VERWANTE INLIGTING
Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom (Diens)
Die Voorkoming van Moeder-na-Kind Oordrag (VMNKO) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
