TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Regering en Demokrasie
Verkiesings
Uitoefening van stemreg in die Nasionale en Provinsiale Verkiesings
Uitoefening van stemreg in die Nasionale en Provinsiale Verkiesings
BESKRYWING:
Nasionale en provinsiale verkiesings vind elke vyf jaar plaas. Die uitslag bepaal wie die land regeer en hoeveel setels elke politieke party in die Parlement sal hê. Dit bepaal ook watter party elke provinsie sal regeer.
Die eerste demokratiese verkiesing is in 1994 gehou. Die ANC het die verkiesing met 63% van die stemme gewen.
Die vorige Nasionale Verkiesing is in 1999 gehou toe die ANC 66,35% van die stemme getrek het. Die uitslae van die provinsiale verkiesings is aanlyn beskikbaar.
Die volgende verkiesing word in 2004 gehou.
VOORSKRIFTE:
Om in die verkiesing te stem, moet jy eers op die Kieserslys geregistreer word. Jy sal dan by die stemlokaal waar jy geregistreer is, kan stem. Nadere besonderhede oor waar stemlokale geleë is en hoe om te stem sal nader aan die verkiesingsdatum bekend gemaak word.
Die stemproses werk soos volg:
Jy kom die stemlokaal binne en jou naam word op die Kieserslys nagegaan om seker te maak dat jy geregistreer is en dat jy nie reeds gestem het nie.
Jou duim word met ink gemerk om seker te maak dat jy nie meer as een keer stem nie.
n Stembrief met 'n lys van al die partye word aan jou gegee.
Jy merk jou stembrief in privaatheid.
Dan bring jy jou stem uit deur die gemerkte stembriefie in die verseëlde stembriefhouer te plaas.
Vir nadere inligting kan jy met die provinsiale kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in verbinding tree:
de Verdieping Doeanegebou, Strandgebied, Kaapstad
Tel: 021 409 5300
Faks: 021 425 6410
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Onafhanklike Verkiesingskommissie
VERWANTE INLIGTING
Registrering op die Kieserslys (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
