TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Polisie
BESKRYWING:
Die Departement van Gemeenskapsveiligheid se Polisiëringsklagtesentrum hanteer diensleweringsklagtes wat lede van die publiek indien teen polisiëringsagentskappe soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Munisipale Polisiebeamptes. Die Sentrum hanteer net klagtes oor dienslewering as daar byvoorbeeld geen terugvoer was oor 'n saak nie of as polisiebeamptes hulleself onwelvoeglik gedra het. Ernstige gevalle soos sterftes in polisieaanhouding word hanteer deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat.
Nadat klagtes ingedien is by die Polisiëringsklagtesentrum sal dit beoordeel word en/of 'n aanvanklike ondersoek sal gedoen word na die feite. Pogings word aangewend om die kwessies by te lê deur netwerkgebruik en ingrypings by die betrokke rolspelers en owerhede.
As 'n lid van 'n polisiëringsagentskap skuldig bevind word aan beweerde wanoptrede, word die bevinding voorgelê aan die Provinsiale Kommissaris en/of betrokke gesag vir hulle verdere aandag.
VOORSKRIFTE:
KLAGTES
As jy 'n klagte wil indien teen 'n polisiëringsagentskap, moet jy 'n klagtevorm invul wat jy hier kan aflaai in excel- of pdf- formaat. Dan kan jy:
Bel na die klagtelyn by 021 483 4332.
Persoonlik 'n klagte indien by die Toringblok, 12de Verdieping, Dorpstraat 4, Kaapstad.
Faks die ingevulde vorm aan 021 483 6026.
KOMPLIMENTE
VERDERE INLIGTING
As jy nog inligting nodig het, skakel asseblief:
Tel: 021 483 4136 of
Sel: 082 823 8164
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Monitering en Evaluering (Departement van Gemeenskapsveiligheid, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Junie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
