






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Misdaad, Regte en Justisie > Gemeenskapspolisiring > Word 'n Vredemaker

Word 'n Vredemaker




BESKRYWING:

Vredemakers patrolleer in die gemeenskap en is beskikbaar om in enige ongewapende botsing te help. Ander dienste wat hulle lewer sluit die bywoon van massa-byeenkomste, soos begrafnisse, waar geweld kan uitbreek, in. Vredemakers dien hulle gemeenskappe 'n jaar lank. Enige persoon wat tussen 18- en 35-jaar oud is, werkloos is en 'n Graad 10 of hor kwalifikasie het, en wat nie 'n misdaadgeskiedenis het nie, kan aansoek doen om 'n vredemaker te word. Vredemakers word opgelei deur die Vrede- en Ontwikkelingsprojek van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, wat deur die regering befonds word. Vredemakers word NIE betaal nie. As 'n vredemaker sal jy egter geregtig wees op:
* kospakkies per skof wanneer jy aan diens is
* vervoer van en na optelpunte vir skofte
* 'n gevorderde lewensvaardighede kursus
* 'n gevorderde gemeenskap vredemaker-kursus
* 'n noodhulpkursus
* oorbruggingkursusse in Sake-Engels, Rekenaars, Wiskunde en Loopbaanvoorligting.



VOORSKRIFTE:

Voordat jy aansoek doen om 'n vredemaker te word, moet jy eers seker maak dat jy aan die volgende vereistes voldoen:
* Jy moet tussen 18- en 35-jaar oud wees.
* Mans en vrouens word aanvaar.
* Jy moet in die gemeenskap woon wat jy wil dien.
* Jy moet werkloos wees.
* Jy moet nie 'n misdaadgeskiedenis h nie, behalwe as dit te doen gehad het met politieke optrede voor 1994.
* Jy moet 'n geldige identiteitsdokument h.
* Jy moet aan vredemaak en ontwikkeling in jou gemeenskap toegewy wees.
* Jy moet 'n goeie naam in die gemeenskap h.

As jy aan hierdie vereistes voldoen, beteken dit nie dat jy outomaties as vredemaker kwalifiseer nie. 'n Onderhoud sal eers met jou gevoer word, waarin jy sal moet wys dat jy wil help om misdaad deur aktiewe gemeenskap vrywilligerwerk te bestry. Jy moet toon dat jy die dryfkrag en motivering het om jou eie toekoms te verbeter. As jy die onderhoud "slaag" kan jy 'n vredemaker word.

Skakel die Vrede en Ontwikkelingsprojek as jy 'n onderhoud wil rel:
Mnr LM Ngwatyu
Projek-kordineerder
Vrede en Ontwikkelingsprojek
Tel: 021 386 3896/80
Faks: 021 386 3981
pdpwc@yahoo.com


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Gemeenskapsveiligheidsforum


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Ukufumanela Amaphulo Okhuseleko Loluntu Inkxaso-mali (Diens) (net in Xhosa of Engels beskikbaar)
* Die Stig van 'n Stadsverbeteringsdistrik (SVD) (Diens)
* Final Draft City of Cape Town City Improvement District By-Law 2003 (Verordening) (File type: pdf; size: 262 KB) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Mei 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





