TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Los Ons Kinders Uit (HOOC)
Los Ons Kinders Uit (HOOC)
BESKRYWING:
Die Los Ons Kinders Uit-veldtog (HOOC) is in Maart 2002 van stapel gestuur om kindermolestering in die Wes-Kaap te help hanteer. Die Veldtog werk met gemeenskappe om mense meer bewus te maak van kindermolestering, voorkomingstrategië te ontwerp en slagoffers by te staan. HOOC beskou kindermolestering as 'n ingewikkelde probleem wat uit verskillende hoeke deur almal in die gemeenskap benader moet word. Daarom word met voorkoming- en opvoedingsprogramme begin in skole, plekke van aanbidding en ander gemeenskapsforums. Hier is vir hoofstrategië:
Daar word beraam dat 500,000 kinders in Suid-Afrika elke jaar gemolesteer word.
Net 15 uit elke 100 voorvalle van kindermolestering in die Wes-Kaap word ooit aangemeld.
Dié program leer onderwysers en leerders oor hulle regte en verantwoordelikhede wat molestering betref. Leerders word aangemoeding om molestering aan te meld en HOOC-kontakinligting word verskaf.
Ouerleidingsprogram
Die Ouerleidingsprogram leer ouers hoe om hulle eie stres en woede te hanteer en hoe om met hulle kinders oor seksualiteit en molestering te praat.
Slagoffersteunprogram
Dié program staan slagoffers van kindermolestering by deur emosionele steun te verskaf en hulle te help praat oor wat gebeur het.
Dié inisiatief werk met onderwysers, maatskaplike werkers, die polisie en aanklaers om beter kommunikasie tussen hulle te bevorder en burokratiese vertragings met die hantering van kindermolesteringsake te voorkom.
VOORSKRIFTE:
Kontak vir meer inligting oor HOOC of om aansoek te doen vir opleiding, Theresha Hanekom
Tel: 021 483 5717
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 16 Mei 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
