TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Sake en Ekonomie
Dranklisensies
Dranklisensie-aansoeke
Dranklisensie-aansoeke
BESKRYWING:
Daar word van enigiemand wat drank wil verkoop, vervaardig of versprei, verwag om oor 'n dranklisensie te beskik.
As jy sonder 'n lisensie handel dryf, oortree jy die wet en die polisie mag stappe teen jou doen, jou onderneming sluit en beslag op jou bates lê.
Die Provinsiale Drankraad behartig dranklisensies.
Dranklisensies moet jaarliks hernieu word.
OPENBARE BESWARE
Die publiek mag besware teen die toekenning van 'n lisensie aanteken. Die Drankraad sal die aansoek en alle besware wat ontvang is, oorweeg en die aansoek goedkeur of verwerp.
VOORWAARDES
Die Drankraad kan 'n voorwaardelike dranklisensie toeken. Voorbeelde van algemene voorwaardes is:
Goedkeuring van die lisensie onderworpe aan bewys van hersonering of toestemming vir gebruik deur die plaaslike munisipaliteit.
Geen harde musiek of luidrugtige vermaak in 'n restaurant nie.
Beperkings op handelsure.
Beperkings om te verseker dat die lisensie slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit uitgereik is, bv. dat 'n restaurant nie 'n nagklub word nie.
OPENBARE ERGENIS
As jou gelisensieerde perseel 'n openbare ergernis word, kan jou bure 'n klag indien. Die polisie sal stappe teen die handelaar doen. As die probleem aanhou, kan die Drankraad 'n verhoor hou en die lisensie aan voorwaardes onderwerp, of die lisensie terugtrek of opskort.
VOORSKRIFTE:
WIE MAG VIR 'N DRANKLISENSIE AANSOEK DOEN?
U mag om 'n dranklisensie aansoek doen tensy u:
Gedurende die afgelope tien jaar tronkstraf sonder die opsie van 'n boete uitgedien het (die Raad mag in sekere gevalle 'n uitsondering maak).
Bankrot is.
Minderjarig is.
n Eggenoot/eggenote van enigeen van die bogenoemde is.
HOE OM VIR 'N DRANKLISENSIE AANSOEK TE DOEN?
U kan deur 'n prokureur of 'n drankkonsultant vir 'n dranklisensie aansoek doen, of u kan in u persoonlike hoedanigheid aansoek doen.
Aansoekvorms (VORM 1) is by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad beskikbaar. Andersins kan u die regulasies koop wat kragtens die Drankwet uitgevaardig is en wat VORM 1 insluit. Hierdie aansoekvorm is in triplikaat en bestaan uit die oorspronklike, 'n afskrif vir die Aangewese Polisiebeampte (APB), en 'n afskrif vir die Drankraad.
Sluit besonderhede ter ondersteuning van u aansoek in, soos bewys van beroep. Sluit ook besonderhede van die perseel in, soos kleurfoto's of 'n gedetailleerde beskrywing, 'n afskrif van die spyskaart (indien kos bedien word), en 'n vloerplan waarop die plasing en afmeting van deure, vensters en toonbanke en die ligging van strate en uitgange aangedui word.
Die aansoek moet getik en nie handgeskrewe wees nie.
Die voorgeskrewe aansoekgeld moet by die plaaslike kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) inbetaal word en bewys van betaling moet by die aansoek aangeheg wees.
Die voltooide vorm moet op die eerste Vrydag van die maand deurgestuur word aan die landdros in die distrik waar die persele wat gelisensieer moet word, geleë is.
Twee weke voordat die aansoek aan die landdros deurgestuur word, moet kennis van voorneme aan die Staatsdrukker in Pretoria deurgegee word vir publikasie in die Staatskoerant op die eerste Vrydag van die maand. Die kennisgewing in die Staatskoerant is die enigste kennis van die aansoek wat aan die publiek gegee word.
Die APB vir die distrik sal binne 35 dae 'n verslag by die landdros indien. Die APB sal die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum of plaaslike belastingbetalersvereniging van die aansoek in kennis stel.
U het 42 dae om skriftelik op die polisieverslag of enige besware te antwoord.
Indien daar geen besware ontvang word nie en die polisieverslag is ingedien, kan die aansoek na die sekretaris van die Drankraad deurgestuur word.
Die Drankraad sal elke aansoek ten opsigte van die aansoeker, die perseel en openbare belang oorweeg.
Nota:
Nakoming van die riglyne wat hier uiteengesit is, waarborg nie die sukses van 'n aansoek nie. Die Drankwet en sy regulasies is ingewikkeld en aansoekers word aangeraai om professionele advies rakende die werking daarvan in te win.
Om nadere besonderhede te bekom, kontak die Wes-Kaapse Drankraad.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Aansoekgelde van R200 is betaalbaar.
Wanneer 'n lisensie uitgereik word, sal u die volgende bedrag aan die Ontvanger van Inkomste moet betaal:
tavernelisensie - R100
groothandellisensie - R2000
restaurantlisensie - R250
drankwinkellisensie - R1000
spesiale (ander) lisensie - R1000
spesiale lisensie (akkommodasie) - R1000
Indien u van 'n prokureur of konsultant gebruik maak, sal hulle ook 'n bykomende fooi vir hierdie dienste hef. Hierdie fooi verskil na gelang van die prokureur/konsultant.
Die jaarlikse gelde is elke jaar teen nie later nie as 31 Desember betaalbaar. Gebreke om die jaarlikse gelde betyds te betaal, sal daartoe aanleiding gee dat die lisensie verval en u sal weer om 'n lisensie moet aansoek doen.
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Aansoekgelde van R200 is betaalbaar.
Wanneer 'n lisensie uitgereik word, sal u die volgende bedrag aan die Ontvanger van Inkomste moet betaal:
tavernelisensie - R100
groothandellisensie - R2000
restaurantlisensie - R250
drankwinkellisensie - R1000
spesiale (ander) lisensie - R1000
spesiale lisensie (akkommodasie) - R1000
Indien u van 'n prokureur of konsultant gebruik maak, sal hulle ook 'n bykomende fooi vir hierdie dienste hef. Hierdie fooi verskil na gelang van die prokureur/konsultant.
Die jaarlikse gelde is elke jaar teen nie later nie as 31 Desember betaalbaar. Gebreke om die jaarlikse gelde betyds te betaal, sal daartoe aanleiding gee dat die lisensie verval en u sal weer om 'n lisensie moet aansoek doen.
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
