TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Sake en Ekonomie
Uitvoer
Steun vir Opkomende Uitvoerders - Uitvoerontwikkelingsprogram
Steun vir Opkomende Uitvoerders - Uitvoerontwikkelingsprogram
BESKRYWING:
Ondernemings wat wil leer hoe om produkte uit te voer na internasionale markte, of hulle prestasie te verbeter, kan inligting en opleidingsgeleenthede by die volgende organisasies kry:
Wesgro het 'n Uitvoerderontwikkelingsprogram wat uitvoerkursusse bied vir uitgesoekte klein ondernemings in die Wes-Kaap om hulle vermoë te verbeter om internasionaal mee te ding. Drie vlakke van opleiding word aangebied:
Vlak 2 Uitvoeroriëntasiekursus: Dié kursus, vir mense wat reeds Vlak 1 voltooi het, dek die voordele van uitvoer, die uitken van uitvoerrisiko's, beplanning vir uitvoer, bemarkingsaspekte en elemente van uitvoerlogistiek. Dit word deeltyds aangebied met een volle dagsessie elke 10 dae, altesaam agt dae oor drie maande.
Vlak 3 Gespesialiseerde Eendagkursusse: Dit is vir ervare uitvoerders wat meer gespesialiseerde opleiding nodig het. Onderwerpe wat gedek word is onder meer Incoterms 2000 en uitvoerkostebepaling, metodes van betaling in internasionale handel, uitvoerdokumentasie en die rol van buitelandse valuta in internasionale handel.
Wesgro bied ook 'n reeks van eenmalige seminare en slypskole gesubsidieerde mentorskap aan, veral vir maatskappye wat ingeskryf het vir die Vlak 2-kursus. Mentorskap loop parallel met die opleidingsprogramme, met mentors wat toegewys word aan maatskappye na 'n uitvoergereedheidstoets.
Besoek vir meer besonderhede Wesgro se webwerf.
Kaapse Streekskamer van Handel en Nywerheid
Die Kamer van Koophandel bied af en toe slypskole aan oor onderwerpe wat insluit:
Uitvoerdokumentasie
Betaalmetodes
Internasionale bemarking
VOORSKRIFTE:
Skakel vir meer inligting oor datums en koste: Edith Jacobs
Tel: 021 402 4300
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Die enigste koste is die registrasiegeld van R400. Daar word egter van n kursusganger verwag om n deposito van R1 000 te betaal wat terugbetaalbaar is na voltooiing van die kursus.
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 31 Oktober 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
