TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Sake en Ekonomie
Nywerheidsektore
Regeringsteun vir Vroue in Konstruksie (VIK)
Regeringsteun vir Vroue in Konstruksie (VIK)
BESKRYWING:
HULPKANTOOR
NUUS
PUBLIKASIES
Die Vroue in Konstruksie-inisiatief beoog om vroue in die Wes-Kaap in staat te stel om die konstruksiebedryf te betree. Die inisiatief het vroue as teiken vir sekere projekte in padbou en -instandhouding en in openbare werke. Dit bied ook beurse en kontrakteurontwikkeling-leerlingskappe aan.
As deel van die inisiatief sal die Departement van Vervoer en Openbare Werke 25% van alle padinstandhoudingskontrakte en 10% van alle padboukontrakte aan vrouekontrakteurs toeken.
Daarby sal 60% van alle Uitgebreide Openbare Werkeprogramme (UOWP) gemeenskapsbaseerde padonderhoudsprojekte toegeken word aan vroue. Openbare Werke sal ook 30 Mama Spesiale Projekte (spesiale projekte gemik op vroue-besitte maatskappye) toeken aan ondernemings wat besit word deur vroue.
Alle vroue in die Wes-Kaap word genooi om aansoek te doen vir dié konstruksiekontrakte. Om aansoek te doen:
Moet jy 'n geregistreerde maatskappy hê
Jou onderneming moet geregistreer wees by die Konstruksiebedryf Ontwikkelingsraad (KBOR)
Jy moet geregistreer wees by Tradeworld (om op die databasis van maatskappye te verskyn)
Beurse en Kontrakteurontwikkelings-leerlingskappe
Die Padinfrastruktuurtak van die Departement van Vervoer en Openbare Werke sal 5 kontrakteursontwikkelings-leerlingskappe vir vroue toeken. 'n Bykomende 250 beurse sal toegeken word aan studente vir tersiêre studies op die gebied van ingenieurswese, argitektuur en verwante konstruksiedissiplines.
Wes-Kaapse Konstruksievroue van die Jaar-toekenning
Dié jaarlikse toekenning bring hulde aan uitstaande prestasies deur vroue op die konstruksiegebied. Daar is 3 kompetisiekategorië: intreevlak, middelvlak en ervare vlak. Munisipaliteite, regeringsdepartemente en nie-regeringsorganisasies word genooi om elke jaar teen die einde van Julie nominasies in te dien.
VOORSKRIFTE:
Skakel vir meer inligting die:
Vroue in Konstruksie Hulpkantoor
Tel: 0800 778 226
Tel: 021 387 4878
Vir inligting oor kontrakteurontwikkelings-leerlingskappe, skakel:
Tel: 021 483 8301
Vir inligting oor beurse, skakel:
Tel: 021 483 5851
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Vervoer en Openbare Werke (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Augustus 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
