TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Reis en Toerisme
Toerismeprojekte van die Provinsiale Regering 2002-2003
Toerismeprojekte van die Provinsiale Regering 2002-2003
EINDE:
Afgehandel
BESKRYWING:
Die Direktoraat Toerismeontwikkeling befonds en ondersteun elke jaar talle projekte. In 2002-2003 is ongeveer R3 miljoen vir die volgende projekte voorsien:
Besigheidshoekies by Biblioteke: Inligting in verband met toerisme word by deelnemende biblioteke verskaf. Die vermoë van bibliotekarisse is ontwikkel om hulle in staat te stel om navrae te hanteer, en biblioteke is met die nodige hulpmiddele toegerus.
Bestuurders van Metertaxi's: Opleiding in besigheidsvaardig-hede is onderneem om inisiatiewe vir selfindiensneming te steun. Twintig afgevaardigdes is in besigheidsvaardighede en die uitvoer van mentorskapstake opgelei.
Die Hawston Perlemoendorpie: Vir hierdie projek is befondsing voorsien vir die aanbring van infrastruktuur.
Skolekompetisie: 'n Veldtog vir toerismebewustheid, wat op hoërskole gemik is en die vorm van 'n kompetisie aangeneem het, is onderneem.
Instituut vir die Dowes: Opleiding vir dowe toergidse is aangebied.
Die Hermanus Walvisfees: Vir hierdie fees is daar infrastruktuur ontwikkel en vermoë gebou.
Die San Projek: Daar word gevorder met die ontwikkeling van 'n San kulturele en opvoedkundige sentrum.
Die Paternoster Erfenissentrum: 'n Besigheidsmodel wat volhoubaarheid in die hand sal werk, is vir hierdie sentrum ontwikkel.
Die Beaufort-Wes Handewerkdorpie: Entrepreneurs het aan programme deelgeneem om vermoë te bou en opleiding te voorsien.
Ondersteuningsprogram vir KMMO-toerisme: Slypskole vir die bou van vermoë en die voorsien van opleiding aan KMMO-toerisme is in alle munisipale distrikte gehou.
Die Kaapse Instituut vir Handwerk en Ontwerp: Die Instituut voorsien ondernemerskapsteun aan opkomende en gevestigde plaaslike kunshandwerkers.
Die Sir Lowryspas Toerisme-inisiatief: Vir hierdie inisiatief is daar infrastruktuur ontwikkel en vermoë gebou.
Die Noordsee Jazzfees: Daar is steun aan kunshandwerkers verleen om aan die fees deel te neem.
Die Swellendam Alive -fees: Vir hierdie fees is infrastruktuur ontwikkel en bemarkingsteun voorsien.
Die Eden Country en Outeniqua Hop-roetes: Daar word met die ontwikkeling van toerismeroetes in hierdie areas gevorder.
Beursfonds van die Kaapse Technikon: Volle en gedeeltelike beurse is aan studente toegeken wat in spyseniering en hotelbestuur studeer.
Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad: Befondsing is aan kunshandwerkers voorsien om hulle in staat te stel om hul projekte in besigheidsgeleenthede te omskep.
Toerismeontwikkeling by Arniston: Vermoë is gebou, en vordering word gemaak met inisiatiewe vir opleiding, bemarking, en die ontwikkeling van infrastruktuur.
Inligtingsentrum by Kaap Agulhas: Infrastruktuur is ontwikkel en toerusting is aan die sentrum voorsien.
Suider-Afrikaanse Vereniging vir Toerismedienste: 'n Mentorskapprogram is ontwikkel om bystand te verleen aan toerisme-entrepreneurs.
Navosing oor Kulturele en Erfenisaangeleenthede: 'n Oudit van kulturele en erfenisterreine in die Wes-Kaap is onderneem.
Die Vismark by Paternoster: Die bemarking van die vismark is onderneem, en padaanwysers is aangebring.
Paspoortprogram.
Skakel asseblief die Direktoraat Toerismeontwikkeling vir verdere inligting oor die bogenoemde projekte.
BEGROTING:
R3 miljoen
GEBORG DEUR:
VERWANTE INLIGTING
Toerismeprojekte van die Provinsiale Regering 2003-2004 (Projek)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
