TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Rekreasie en Sport
Ontspanning
100-dae Depositos: 'n Harmoniese Tuiste vir Almal
-dae Depositos: 'n Harmoniese Tuiste vir Almal
EINDE:
Afgehandel
BESKRYWING:
Sport is in die eerste 100 dae aangemoedig en ontwikkel deur:
geldelike steun vir nuwe sportgeriewe in plattelandse gebiede die skep en verskaffing van toerusting vir sportligas van skoolgroepe die ontwikkeling van sportterreine by benadeelde skole herstrukturering en vermoë-ontwikkeling in Sportrade
SPORTGERIEWE IN PLATTELANDSE GEBIEDE
Op die platteland het mense oor die algemeen toegang tot minder sportgeriewe as stedelinge - maar miskien nie meer lank in die Wes-Kaap nie.
n Program van R11 miljoen vir die opgradering of bou van sportgeriewe in tien hoofsaaklik plattelandse plaaslike owerhede van die Wes-Kaap is in Augustus 2004 deur die Premier en die Minister van Kultuursake, Sport en Ontspanning, Mnr Chris Stali, van stapel gestuur.
Vierings by die sooispitplegtigheid in Kayamandi
Die "sooispitplegtigheid" is gehou in Kayamandi ('n township buite Stellenbosch) wat een van die uitgesoekte gemeenskappe is. Die verkose gemeenskappe het hoegenaamd geen sportgeriewe nie of het swak geriewe wat werk nodig het, en die meerderheid is op die platteland.
Die Bou vir Sport-en Ontspanningsprogram (BSOP) het R9.3 miljoen aan die projek afgestaan, en nog R1.7 miljoen kom uit die provinsiale begrotingtoekenning. Die BSOP is 'n armoedeverligtingsprogram van Sport en Ontspanning Suid-Afrika wat gemik is op die skep van geriewe vir benadeelde gemeenskappe. Terselfdertyd skep dit oor die korttermyn ook konstruksie werksgeleenthede en oor die langtermyn werksgeleenthede wat met die nuwe sportgeriewe verband hou.
Oordragbetalings aan die uitgesoekte munisipaliteite is afgehandel en bouwerk behoort aan die einde van September 2004 te begin. Tot 28 geriewe in tien munisipaliteite sal geskep of opgeknap word. Die munisipaliteite wat die geld gekry het is:
Beaufort-Wes Munisipaliteit (Rustedene en Nelspoort) R1.6 miljoen vir 'n netbalbaan, kleedkamers en 'n nuwe sportkompleks en rugbyveld
Kannaland Munisipaliteit (Van Wyksdorp, Calitzdorp en Ladismith) R1.25 miljoen vir die ontwikkeling van 'n rugbyveld, die voltooiing van 'n veeldoelige sportterrein en die herstel van swembaddens
Laingsburg Munisipaliteit (Vleiland en Matjiesfontein) R1 miljoen
Sentrale Karoo (Murrayburg) R0.35 miljoen vir die voltooiing van die sportkompleks
Knysna Munisipaliteit R0.5 miljoen vir die voltooiing van 'n veeldoelige sportkompleks
Mosselbaai Munisipaliteit (Brandwatch) R0.65 miljoen vir 'n nuwe sportkompleks
Prins Albert-Klaarstroom R0.3 miljoen vir beligting en beveiliging van geriewe
Swartland-Kalbaskraal R0.6 miljoen vir 'n nuwe veeldoelige sportgerief en veldbesproeiing.
SKOOLGROEP-SPORTLIGAS IN VIER GEBIEDE
Wanneer sporttoernooie gereel word tussen benadeelde skole wat ver van mekaar af geleë is, besluit baie skole om weens vervoerprobleme eenvoudig nie mee te ding nie. Dit beteken dat jong sportmense weens 'n gebrek aan mededinging nie vorder nie.
Groepsportligas" is dus in vier benadeelde gebiede gestig om skole in dieselfde gebied byeen te bring, sodat paslike toernooie tussen skoolgroepe gereël kan word en interskool-mededinging kan herleef. Geriewe, toerusting, opleiding en afrigting word ook deur die skole in die groepstelsel gedeel.
Die groepligastelsel word getoets in Hanover Park, Bonteheuwel, Guguletu, Nyanga and Phillippi, waar rugby, netbal, sokker en skaak suksesvol in die ligastelsel gespeel word. Die huidige wintergroepsportliga-toernooie eindig teen die einde van September sodat dit nie eksamens ontwrig nie.
Sporttoerusting ter waarde van meer as R500 000 is ook in Julie 2004 deur Minister Stali aan groepskole oorhandig. Die toerusting is oorhandig aan groepkomitees, eerder as aan indiwiduele skole, om seker te maak dat meer kinders dit kan gebruik. Die sporttoerusting sluit korfballe, krieketkolwe en -balle, vlugballe, hokkietoerusting, sokker- en rugbyballe, oefenklere, skaakstelle en tafeltennistoerusting in. 'n Bykomende tender vir nog toerusting ter waarde van R360 000 sal in September 2004 gevra word.
SPORTTERREINE BY SKOLE
Sonder speelvelde kan skole nie baie buitelugsportsoorte aanbied nie. Sewe benadeelde skole is dus in Augustus 2004 elk R184 000 gegee vir die opgradering van speelvelde, wat die koste van terreinuitleg, die plant van gras en boorgatbesproeiing insluit. Die skole is op grond van behoefte gekies - party van hulle het tans hoegenaamd geen sportterreine nie.
Die projek is 'n vennootskap tussen die Departement van Kultuursake, Sport en Ontspanning, die Veiliger Skoleprojek, die Departement van Gemeenskapsveiligheid en die Multi-Agentskap Diens-aksiemeganisme (MADAM), wat verskillende agentskappe vir misdaadbestryding byeenbring. Die skole wat die geld op 'n plegtigheid in Mitchells Plain ontvang het is:
Primêre Skool P.W. De Bruin, Weskus, Wynland
Sewe skole, in plaas van die beplande tien skole, is weens 'n tekort aan geld gekies.
Wat Sportrade betref is daar in die eerste 100 dae op twee maniere ingegryp - 'n "Geskilbeslegtingsindaba" en 'n "Sokkerspitsberaad".
Die Geskilbeslegtingsindaba is in Julie 2004 gehou. Tot 170 afgevaardigdes van 40 Wes-Kaapse sportfederasies het deelgeneem.
Die Indaba is saamgeroep om maniere te vind om die administratiewe las op howe vir sportgeskille te verlig en die vermoë van sportfederasies te verbeter.
Die Pad na 2010", Sokkerspitsberaad
Die Indaba het gelei tot die stigting van Die Wes-Kaapse Geskilbeslegtingsforum. Die Forum behoort in April 2005 op die been te wees, nadat die toepaslike wetgewing deurgevoer is. Die Departement van Kultuursake, Sport en Ontspanning oorweeg tans benoemings vir lede van die Forum. 'n Transformasie- en geskileenheid in die Departement sal administratiewe steun vir die Geskilbeslegtingsforum verskaf.
Die Indaba is vinnig opgevolg deur die "Sokkerspitsberaad", met die subtitel "Die Pad na 2010", wat in Augustus 2004 gehou is. Die doel met die spitsberaad was om die proses aan die gang te sit om die struikelblokke uit die weg te ruim wat die groei en ontwikkeling van sokker in die Wes-Kaap belemmer.
Die spitsberaad is bygewoon deur sokker-administrateurs van verskeie liggame, wat lede van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) se Provinsiale en Nasionale Uitvoerende Bestuur insluit. Afgevaardigdes het 'n strategie aanvaar om die struikelblokke te verwyder wat keer dat sokker ontwikkel en groei. Dié strategie sluit planne in om:
Programme te ontwikkel wat bekwame leierskap verseker.
Verhoudingsprobleme met plaaslike owerhede en klubs by te lê.
Op eenheid toegespits te wees.
n Provinsiale organiseringskomitee te stig wat sal konsentreer op kwessies soos ontwikkeling, groei en bestuur.
Strategies te werk te gaan om 'n plan wat op 2010 gemik is uit te werk.
Beloftes oor dié vier depositos is deur die Premier gemaak, en is binne die eerste 100 dae gestand gedoen. Die vyfde belofte, oor nuwe massa-gerigte sport- en ontspanningsprogramme in vier nodale gebiede, is 'n langtermyn projek wat nog deur die Departement ontwikkel word.
Terug na 100 Dae Depositos: Rapport
GEBORG DEUR:
Departement van Kultuursake en Sport (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 7 September 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
