TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Projekte
Risiko- en Kwesbaarheidsanalise van die Wes-Kaap
Risiko- en Kwesbaarheidsanalise van die Wes-Kaap
DOEL:
Die belangrikste doel van hierdie studie is om gepaste gebruikersvriendelike werktuie vir die bestuur van besluitondersteuning vir die Wes-Kaap te ontwikkel om die Provinsiale Bestuur te help met die uitvoering van risiko- en kwesbaarheidsanalise en om toepaslike strategieë vir rampvoorkoming en -verligting vir die Provinsie te formuleer.
EINDE:
Afgehandel
BESKRYWING:
Rampbestuur is verantwoordelik vir die identifisering van potensiële gevare, terwyl die lyndepartemente en munisipaliteite verantwoordelik is vir die voorkoming en vermindering van die risiko van toepaslike gevare. Gedurende die 2002-2003-boekjaar is die Universiteite van Kaapstad en die Vrystaat aangestel om die eerste fase van die Risiko- en Kwesbaarheidsanaliseprojek te onderneem, naamlik om potensiële gevare in die Wes-Kaap te identifiseer.
Hierdie projek het die volgende resultate:
Die opstel van gestandaardiseerde gebruikervriendelike kaarte van natuurlike en ander gevare.
Die voorstelling van sulke gevare in GIS-formaat (GIS = geografiese inligtingstelsel) wat gekoppel kan word aan ander provinsiale kaarte en inligting om beplanning en rampbestuurpogings te verbeter.
Die gebruik van rekenaars en kommunikasietegnologie by die tydige en doeltreffende manipulering en verskuiwing van data word deur die Wes-Kaapse Provinsiale Regering erken. Die RBIBS sal 'n baie belangrike instrument bied vir beplanning, waarskuwing en reaksie in die geval van rampe
GEBORG DEUR:
Munisipale Infrastruktuurverbetering (Departement van Plaaslike Regering en Behuising, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Rampbestuur (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
