TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: W
WOORDELYS: W
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) - Hierdie kommissie is aangestel om die oorsake, aard en omvang van menseregteskendings vas te stel wat tussen 1 Maart 1960 en 6 Desember 1994 plaasgevind het, om amnestie te verleen aan mense wat geweldsdade met 'n politieke oogmerk gepleeg het, om slagoffers van menseregteskendings die geleentheid te gee om te getuig, en om 'n verslag oor die kommissie se bevindings en voorstelle saam te stel en te publiseer.
Wanvoeding - 'n Swak dieet wat tekort skiet aan van die voedselsoorte wat goeie gesondheid verseker.
Weeskind - 'n Kind wie se ouers albei oorlede is.
Welsynsagentskap - 'n Nieregeringsorganisasie aan wie sekere verantwoordelikhede en magte opgedra is om na die welsyn van mense om te sien.
Wêreldbank - Die naam vir vier internasionale instellings wat lenings en ander finansiële bystand aan lande verleen. Die Wêreldbank se instellings word besit deur die lande wat tot die Internasionale Monetêre Fonds bydra.
Wêrelderfenisterreine - Natuur- of kultuurplekke wat van historiese belang is. Daar is 'n internasionale lys van hierdie plekke wat deur die Interregeringskomitee oor Wêrelderfenis bestuur word. Byvoorbeeld, Robbeneiland is 'n wêrelderfenisterrein.
Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) - Die Verenigde Nasies se agentskap wat verantwoordelik is vir die koördinering van internasionale gesondheidswerk om die hoogs moontlike vlak van gesondheid vir alle mense te verseker.
Wêreldwye aardverhitting - 'n Styging in die gemiddelde temperature oral in die wêreld as gevolg van die kweekhuiseffek.
Werkloosheidskoers - Die persentasie van die mense wat kan en wil werk, maar wat nie werk kan kry nie. Volgens die 2001-sensus is die werkloosheidskoers in Suid-Afrika 41,6 persent.
Werkloosheidsversekering - Finansiële beveiliging wat jou teen werkloosheid beskerm. As jy werkloos word, kan jy vergoeding van die Werkloosheidsversekeringsfonds eis.
Werkloosheidsversekeringsfonds - Dit is 'n staatsfonds. Almal wat 'n werk het, betaal 'n bedrag geld by hierdie fonds in. As iemand werkloos raak, kan hulle geld terugeis van die fonds.
Werkpermit - 'n Amptelike dokument wat aan Binnelandse Sake uitgereik word aan buitelanders wat in Suid-Afrika wil werk. Dit is onwettig as nie-burgers sonder so 'n permit hier werk.
Wes-Kaap - Een van die nege provinsies in Suid-Afrika. Dit sluit die suide en weste van die land in.
Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) - Die provinsiale departement wat vir onderwys in die Wes-Kaap verantwoordelik is.
Wet - 'n Wet wat deur die nasionale of provinsiale parlement aangeneem is. Lede van die parlement stem oor 'n konsepwet, wat as wetgewing bekend staan.
Wetgewer - Ook parlement genoem. Hierdie tak van die regering bestaan uit verkose verteenwoordigers (parlementslede of LP's) en is verantwoordelik vir die maak van nuwe wette en die wysiging of skrapping van uitgediende wette.
Wetgewing - Wette wat deur die parlement aanvaar is.
Wetsontwerp - 'n Voorgestelde wet wat nog nie deur die nasionale of provinsiale parlement aanvaar is nie.
Wigte en teenwigte - Voorsorgmaatreëls wat getref word om korrupsie te voorkom en 'n magsewewig tussen die administratiewe, wetgewende en regterlike takke van die regering te handhaaf.
Wingerdbou
VERWANTE INLIGTING
Wisselkoers - Die verskil tussen die waarde van geldeenhede. Dit sê vir jou hoeveel dit sal kos om geld van 'n ander land te koop. Byvoorbeeld, dit sal jou sowat R7 kos om $1 te koop.
Witskrif - 'n Beleidsdokument wat deur een van die staatsdepartemente opgestel is.
Woonwerkers - Mense wat op 'n plaas werk en toegelaat word om ook daar te woon.
Wyk - 'n Gebied of kiesdistrik waarvan die inwoners vir 'n bepaalde raadslid stem om hulle in die munisipaliteit te verteenwoordig.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Julie 2004 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
