






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Woordelys: U

WOORDELYS: U

Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)



A   B   C   D   E   F   G   H   I   J   K   L   M   N   O   P   Q   R   S   T   U   V   W   X   Y   Z  



Uitdiensstelling - Beindiging van werknemers se dienskontrakte om die bedryfskoste van 'n sakeonderneming of 'n organisasie te verminder. Die werknemers word gewoonlik finansieel daarvoor vergoed.

Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) - 'n Onderrigstelsel waar alles met 'n spesifieke doel geleer word. Die kurrikulum en alle assessering word met inagneming van hierdie verlangde uitkomste ontwikkel.

Uitsluiting - Wanneer 'n werkgewer werknemers die werkplek belet om hulle te dwing om tot 'n ooreenkoms te geraak.

Uitspraak - Regsbesluit wat deur 'n regter of 'n landdros geneem word.

Uitvoeraansporings - Lokmiddels wat die regering dikwels in die vorm van belastingvoordele aanbied om uitvoerondernemings aan te moedig.

Uitvoerbaarheidstudie - Navorsing oor die lewensvatbaarheid van 'n voorgestelde projek of sakeonderneming.

Uitvoerende gesag - Ook die administratiewe tak van die regering genoem. Die uitvoerende gesag is verantwoordelik vir die toepassing van wette en beleid. Byvoorbeeld, die Minister van Gesondheid is 'n lid van die Uitvoerende Raad en sy en haar departement is deel van die uitvoerende gesag van die regering.

Ultra vires - Buite jou bevoegdheid. Byvoorbeeld, as 'n staatsamptenaar ultra vires opgetree het, beteken dit dat hulle die perke van hul gesag oorskry het. Hulle het nie die mag of die reg om te doen wat hulle gedoen het nie.

Universele toegang - Internettoegang vir almal, met inbegrip van mense wat voorheen benadeel is en mense met gestremdhede.

Universele voorsorgmaatrels - Voorkomende maatrels wat deur almal getref behoort te word om te keer dat MIV/vigs versprei.

Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) - Horonderwys-inrigting wat in Kaapstad gele is.



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Julie 2004 hersien



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





