TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: P
WOORDELYS: P
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Pad-na-gesondheid-kaart
VERWANTE INLIGTING
Padongelukkefonds (POF) - 'n Staatsfonds wat vergoeding uitbetaal nadat mense in 'n motorvoertuigongeluk beseer is of gesterf het.
Padwaardigheidsertifikaat - Bewys dat 'n voertuig 'n padwaardigheidsinspeksie geslaag het. In die ondersoek word nagegaan of die voertuig in 'n goeie toestand is en geskik is om op die pad te wees.
Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad - 'n Regeringsinstelling wat verantwoordelik is vir die beskerming, bevordering en ontwikkeling van die elf amptelike tale van Suid-Afrika.
Pap-smeer
VERWANTE INLIGTING
Paramediese beampte - Iemand wat opgelei is om noodhulp toe te pas, maar wat nie 'n ten volle gekwalifiseerde dokter is nie.
Pararegsbeampte - 'n Regsadviseur of -assistent wat 'n bietjie regsopleiding ontvang het, maar nie 'n regsgraad het nie.
Parasitologie - Die studie van parasiete.
Parlement - Die wetgewende tak van die regering, ook die Nasionale Vergadering genoem. Dit bestaan uit verkose verteenwoordigers (lede van die parlement, of LP's) en is verantwoordelik vir die maak van nuwe wette en die wysiging of herroeping van uitgediende wette.
Parlementêre stelsel - 'n Regeringsvorm waar die verkose verteenwoordigers in die parlement die belangrikste besluite neem, soos om nuwe wette te maak.
Paroolbeampte
VERWANTE INLIGTING
Paspoort - 'n Amptelike dokument van die staat wat jou identiteit en burgerskap bekragtig en jou in staat stel om na die buiteland te reis.
VERWANTE INLIGTING
Patologiemonsters - Biologiese monsters wat vir ontleding gestuur word na 'n patologielaboratorium om vas te stel of dit siektes bevat, wat die siekte is, wat dit veroorsaak het en hoe ver dit ontwikkel het.
Per capita-verbruik - Die hoeveelheid van iets wat in 'n bepaalde tydperk gemiddeld deur een persoon verbruik word.
Perlemoen - 'n Eetbare seedier met 'n oorvormige skulp wat aan die binnekant met 'n glinsterende stof, perlemoen, bedek is. Perlemoen is 'n bedreigde spesie
Permanente inwoner - 'n Persoon wat nie 'n burger van die land is nie en nie 'n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument het nie, maar aan wie toestemming gegee is om vir altyd in die land te bly.
PERSAL - Die Departement van die Staatsdiens en Administrasie se databank vir die personeel- en bedryfstelsel .
Plaaslike Regering - Distriks- en plaaslike munisipaliteite wat ingevolge die Grondwet tot stand gekom het. Die magte en funksies van plaaslike regerings word in die Grondwet uiteengesit.
Plaaslike verdowing
VERWANTE INLIGTING
Pleegkindtoelae - Hierdie toelae is beskikbaar aan enigiemand wat 'n pleegkind versorg. Dit is veronderstel om te help betaal vir die kind se voeding, klere en onderrig.
Pleegsorg - Versorging van kinders wat nie 'n gesin of familie het nie of wat nie by hulle familie kan inwoon nie. Dit is gewoonlik nie 'n vaste reëling nie.
Portaal - Webwerf wat toegang verleen tot talle ander verwante webwerwe.
Prenataal - Voor geboorte.
Presidensiële stelsel - 'n Regeringstelsel waarvolgens die magtigste politieke amp dié van die president is.
Primêre gesondheidsorg - Basiese gesondheidsorg om swak gesondheid en siektes te voorkom deur mense te leer om gesond te lewe (byvoorbeeld gesonde eetgewoontes en basiese higiëne).
Primêre versorger - Die persoon wat meestal vir die versorging van 'n kind verantwoordelik is
Private sektor - Die deel van die ekonomie wat deur private individue besit word en nie onder owerheidsbeheer val nie.
Privatisering - Stelsel waarvolgens die staat se dienste, soos elektrisiteitsverskaffing, verkoop word aan private maatskappye.
Professionele gesondheidswerkers - Mense met amptelike kwalifikasies wat na siekes omsien, soos verpleegkundiges, dokters, psigiaters en ander spesialiste.
Prokureursorde - 'n Beheerliggaam wat toesig hou oor die werk van prokureurs.
Proporsionele verteenwoordiging - 'n Stelsel van regering waarvolgens die getal setels van een party in die parlement in verhouding is tot die getal stemme wat daardie party in die verkiesing ontvang het. Dit verskil van 'n kiesafdelingstelsel waarvolgens die wenners in elke gebied 'n setel in die parlement kry.
Provinsiale regering - Elke provinsie het 'n provinsiale parlement en 'n provinsiale regering. Die funksies en magte van die provinsiale regerings word in die Grondwet uiteengesit.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Julie 2004 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
