TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Woordelys: O
WOORDELYS: O
Definisies vir regeringsterme, alfabeties gelys. (Tans nie beskikbaar in Afrikaans; beskikbaar in Engels)
Obstetrie - Verloskunde; die vertakking van die geneeskunde wat met voorgeboortesorg, kindergeboorte en nageboortesorg te make het.
Omgewingsgesondheid - Gesondheidskwessies in verband met die omgewing, onder meer besoedeling en die gehalte van voedsel en water.
Omgewingsimpak-assessering (OIA) - 'n Verslag oor die uitwerking wat 'n voorgestelde ontwikkeling op die omringende omgewing sal hê.
Omsendbrief - 'n Kennisgewing of riglyn wat onder 'n groot aantal mense versprei word. Byvoorbeeld, 'n onderwysomsendbrief word gestuur aan almal wat in diens van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is. Ook 'n rondskrywe genoem.
Onafhanklike Uitsaai-owerheid (OUO) - Statutêre instelling met die verantwoordelikheid om toe te sien dat die inhoud van televisie- en radioprogramme in die behoeftes van alle taal- en kultuurgroepe in Suid-Afrika voorsien en vermaak, opvoeding en inligting verskaf. Vir nog inligting, besoek die OUO se webwerf.
Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) - Die instelling wat ingevolge die Grondwet gestig is en daarvoor verantwoordelik is om verkiesings te reël en te verseker dat die verkiesings vry en regverdig is.
Onbillike arbeidsprakryk - Werktoestande, optredes en besluite rakende indiensneming wat in stryd met die arbeidswetgewing is.
Onbillike ontslag - Onregmatige beëindiging van indiensneming. Die werkgewer het die werknemer afgedank sonder 'n geldige rede of sonder om die wetlik voorgeskrewe prosedure te volg.
Onderhandeling - 'n Proses om kompromisse aan te gaan wat daarop gemik is om 'n geskil te besleg of 'n ooreenkoms te bereik.
Onderhoud - Geld wat maandeliks deur een persoon aan ander betaal word om hulle te versorg. Byvoorbeeld, 'n vader gee geld aan die moeder van sy kinders indien sy hulle versorg.
Onderhoudshof - Hierdie spesiale hof behartig sake rakende onderhoud, soos om 'n onderhoudsbevel uit te reik en 'n persoon te straf wat versuim om onderhoud te betaal.
Onderwysbestuur-en-ontwikelingsentrum (Obos) - Distriksbestuursinstellings wat ondersteuning en hulp verleen aan skole en ander onderriginstansies onder hul jurisdiksie.
Ongeskiktheidstoelae - Hierdie toelae is tot die beskikking van Suid-Afrikaanse vroue tussen die ouderdomme van 18 en 60 en Suid-Afrikaanse mans tussen die ouderdomme van 18 tot 65 wat medies ongeskik verklaar is. Dit is aan 'n middeletoets onderworpe.
Ontbossing - Die afkap van bosse en ander plantegroei.
Ontgifting - Behandelingsprogram onder mediese toesig om verslawende stowwe (soos dwelms of alkohol) uit die liggaam te verwyder
Ontwikkelde land - 'n Nywerheidsland met 'n sterk en goed georganiseerde ekonomie en hoogs ontwikkelde infrastruktuur. So 'n land word ook 'n Eerstewêreldland genoem.
Ontwikkelingsondersoek - Mediese ondersoek van jong kinders om vas te stel of hulle normaalweg ontwikkel.
Onvrugbaarheid - Die onvermoë om kinders te hê.
Onwettige immigrante - 'n Persoon wat na 'n ander land verhuis het sonder om die nodige toestemming van die regering van daardie land te verkry.
Oorlogsveterane-toelae - 'n Toelae vir bejaarde of gestremde Suid-Afrikaners wat in die Tweede Wêreldoorlog of in die Koreaanse Oorlog geveg het.
Oos-Kaap - Die Oos-Kaap, een van Suid-Afrika se nege provinsies, lê aan die ooskus van die land.
Openbaar-private vennootskap - 'n Ooreenkoms waarvolgens 'n private party 'n regeringsdiens lewer of 'n administratiewe funksie vervul. Die regeringsliggaam speel in 'n aktiewe rol in die vennootskap.
Openbare Beskermer - Die grondwetlike instelling belas met ondersoeke na klagtes van korrupsie en onwettige optrede deur regerings- of staatsamptenare.
Openbare deelname - Proses wat lede van die publiek die geleentheid gee om hul mening te lug en by besluitneming betrokke te raak.
Openbare eiendom - Grond, geboue, voertuie of ander eiendom wat deur die staat besit word.
Openbare entiteit - 'n Instelling wat onafhanklik van die nasionale, provinsiale en plaaslike regering optree en waarin die staat 'n wesenlike finansiële belang het.
Openbare sektor - Die deel van die ekonomie in staatsbesit of gemeenskaplike besit, soos die nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede en openbare entiteite.
Openbare steurnis - Gedrag wat inbreuk maak op die regte van die gemeenskap deurdat dit skade aanrig of ergernis of ongerief op 'n openbare plek veroorsaak.
Opkomende uitvoerders - Nuwe uitvoerondernemings, gewoonlik uit 'n voorheen benadeelde agtergrond.
Oppergesag van die reg - 'n Regsbeginsel wat bepaal dat almal aan dieselfde wette onderworpe is. Dit vereis dat wette duidelik moet wees en bepaal dat wette regverdig, billik en konsekwent toegepas moet word.
Opportunistiese infeksies - Siektes wat MIV-positiewe mense makliker opdoen omdat hul immuniteitstelsel verswak word deur die MI-virus. Voorbeelde van opportunistiese infeksies is TB en longontsteking.
Opvanggebied - Toeloopgebied of waterskeiding; reënwater versamel in hierdie gebied en loop dam in 'n rivier of dam.
Organiese boerdery - Gewasverbouing of veeboerdery waarin slegs natuurlike messtowwe, plaagdoders en voedingsaanvullers gebruik word. Geen hormone en kunsmatige chemikalieë word gebruik nie.
Ortotiek - Die mediese wetenskap wat handel oor spesiale toestelle waarmee verswakte of abnormale gewrigte of ledemate ondersteun of gestut word.
Ouderdomstoelae - Finansiële bystand wat deur die staat verleen word aan behoeftige bejaardes. Dit is tot die beskikking van mans bo 65 jaar en vroue bo 60 jaar, en is aan 'n middeletoets onderworpe.
Oudit - 'n Inspeksie waarin op die akkuraatheid en volledigheid van verslae gelet word. Byvoorbeeld, in 'n finansiële oudit van 'n departement word verseker dat inkomste en uitgawe aangeteken en alle belasting betaal is.
Ouerregte - Die wetlike regte wat 'n ouer ten opsigte van 'n kind het, soos die reg op toesig oor daardie kind en die reg om mediese besluite namens die kind te neem.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Julie 2004 hersien
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
